Pa maak eie dogter swanger

Argieffoto

ʼn 47-jarige man is swaar gestraf nadat hy sy eie minderjarige dogter verkrag en swanger gemaak het.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het in ʼn verklaring gesê die man is in die Johannesburg-streekhof skuldig bevind en gevonnis.

Die man se naam mag nie bekend gemaak word nie om die identiteit van sy 16-jarige dogter te beskerm. Hy het tereggestaan op aanklagte van verkragting, bloedskande, die vertoon van kinderpornografie en seksuele gereedmaking van ʼn kind.

“Hy is aangekla vir die dade wat hy in 2013 gepleeg het. Sy dogter het weens die dade swanger geraak, maar haar pa het dit aanhou ontken ten spyte van DNS wat hom daarmee verbind het,” het Mjonondwane gesê.

“Dit is die ergste soort van kindermishandeling. Die pa, wat veronderstel was om sy kind te beskerm, het haar verkrag, swanger gemaak en toe ook probeer om haar as ʼn leuenaar in die hof af te maak,” het Patrick Morris, staatsaanklaer, tydens hofverrigtinge aangevoer.

Die man is skuldig bevind en tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Die NVG het die swaar vonnis verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Lorieka ·

Dit is siek maar hoe kom n moordenaar weg met paar jaar en die een lewens lank???????

Spook ·

Want dit is siek, – haar siel is vermoor. Ek is inderdaad geskok oor hoe ver mensdom geval het.

john samuel ·

‘Geskok’ Spook..?? Ons het nog lank nie die bodem van verval bereik nie….

Piet ·

Maklik….. die moordenaars word gelos sodat hulle die wittes kan uitroei, en dit word kamma dan huisbraak genoem…..

Jakes Jacobs ·

Hierdie tipe van misdaad gaan al hoe meer gebeur. Tronkstraf is lankal nie meer ń afskrikmiddel nie. Bring die doodstraf terug!!!!!!!!!!!!!!

Marelize Neethling ·

Ek stem!! Lyk my in elk geval vandag is die tronke 5-ster hotelle…….. waar hulle dan tot vermaak word deur strippers!! Dis skandelik…… eet Kentucky op die belastingbetalers se geld!
Doodstraf is al wat gaan werk.

Nou wat nog? ·

Tronke is deesdae ‘n better tuise as wat hul het. Ek stem saam, tronk help nie. Nét een uitweg, vat hul uit die samelewing uit….

john samuel ·

Ja Jakes…. Kom ons gee hierdie korrupte regering – wat reeds telkemale bewys het hulle is korrup en onbevoegd – die [meer] mag oor lewe en dood… Want dit maak sin.

Lorieka ·

Hoe werk die straf dit is wreed en siek maar n moordenaar kry paar jaar en die pa lewenslank??????

Estelle ·

Dit is so siek maar verstaan ook nie. Die stelsel is nie reg..ek wil nie oordeel nie. Maar klink nie vir my reg. Moordenaar kry 15 jaar ?????????

Skande!! ·

Dis siek en walglik verby!! Nou is daai arme kind vir die res van haar lewe geskend deur trauma en vernederring. Hy moes sommer honderd keer lewenslange tronkstraf gekry het! Ek wonder wat het hy vir homself te se!?? Skande! Skande! Skande! Walglik! Sies man!!!?

CK ·

Ja jy kan eerder iemand vermoor en martel maar moet net nie jou kind verkrag nie dan gaan jy vir altyd tronk toe

Kosie ·

Dis erg maar hierdie straf is te swaar na my mening. Ek hoop daar word geappeleer.

Ekke ·

Kosie se asb vir my jy maak ‘n grap want my voeltjie brein kan nie jou stelling verstaan nie…

Anne ·

Ek verstaan nie Kosie,straf te swaar ? Die pa verdien doodstraf , daar is seker min dinge erger as so iets.

Dani ·

lewenslank is reg want hoe verkrag jy jou eie dogtertjie en dan maak jy haar nog swanger ook?! moord en verkragtig is ewe erg jy kry nie erg, erger en ergste nie, jy vermoor die kind se siel, selfbeeld en alles binne hul.

L ·

So hy het nou n kind by sy kind, dit maak hom weer n pa, maar hy is ook oupa. Sieklik!!

Sarel Strydom ·

Is die ouerhuis nie veronderstel om die plek van veiligheid te wees nie.

A. Z. ·

Wat van die Ma van die dogter het sy dan glad nie voor dit al onraad gemerk met die man nie . Ponigrafiese foto’s ens. Ja ons sal seker nooit weet hoe dit werk nie. Ek kry die dogter bitter jammer haar lewe is verwoes. In die gevangenis sal hy sy mosses tee kom hy gaan nog baie jammer wees maar dan is dit te laat.

Kay ·

Hy moet sit vir altyd … Doodstraf in die land is nie ‘n opsie nie want dink net wat gaan met al die blankes gebeur … hulle gaan ons links en regs doodmaak (al is ons onskuldig)Dink net aan die Coliney Ouens / Doodskis ouens / al daar die boermag ouens Scary

Domvraag ·

Het regter Jansen nie na sulke sake verwys en omdat sy dit durf waag het, is sy as alles wat sleg is uitgemaak? Wou sy nie vir ons iets sê sodat iets hieromtrent gedoen kan word nie en waar het dit haar gebring????

Peet J ·

Bloedskande behoort die hoof aanklag te wees verkragting, kindermishandeling, pornografie maak deel uit van die bloedskande gaan lewenslange tronkstraf enigsins die situasie verbeter en waarom word die kind se ma oor die hoof gesien, die verwagtende moeder was dalk tevrede want sy kon seker van vrugafdrywing gebruik maak. Sou dit nie beter gewees het as die pa na ‘n rehabilitasiesentrum verwys geword het nie.

lisaan ·

Daar is geen genesing vir n siek brein nie. Wat dalk sal help, is n ewige tyd in die tronk.

Jacques ·

Ek het nie woorde nie maar wel een vraag waar was haar ma tydens die gebeure? Mag hy kry wat hom toe kom in die tronk en ek stem heeltemal saam bring die DOODSTRAF terug.

Peet J ·

Om ‘n oortreder summier lewenslank tronkstraf op te lê met die afwesigheid van sielkundige ondersoeke bv. of enige karakterafwykings by so ‘n persoon geidentifiseer is, is onaanvaarbaar. Geslagsoortredings sowel as misdadigheid kom dikwels voor by subnormale persone en kan na gestigte verwys word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.