Pa moor glo stiefseun oor vuil pot

Argieffoto (Foto: Pixabay)

’n 34-jarige man van Philipstown in die Noord-Kaap is Vrydag in hegtenis geneem nadat hy glo sy stiefseun met ’n mes doodgesteek het. Die seun het glo geweier om ’n vuil pot te was.

Lt.kol. Dimakatso Mooi, woordvoerder van die polisie, sê die man het glo sy stiefseun in die bors met die mes gesteek nadat die stiefseun aangedui het dat hy nie die pot gaan was nie.

Die seun, wie se ouderdom nie bekendgemaak is nie, is op die toneel dood verklaar en die man is net daarna in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Philipstown verskyn.

Genl.maj. Henriette de Waal, die waarnemende provinsiale polisiekommissaris in die Noord-Kaap, het die voorval ten sterkste veroordeel.

“Die Noord-Kaapse polisie moedig gemeenskapslede aan om nie geweld as ’n oplossing te gebruik nie,” sê Mooi. “Mense moet eerder vreedsaam oplossings vir hul probleme soek, soos om advies van hul leraars, maatskaplike werkers en selfs gemeenskapsleiers te vra.”

Die polisie se ondersoek gaan intussen voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

JM ·

Moord die “oplossing”, omdat ‘n totale gebrek aan selfbeheersing bestaan.

Kaptein67 ·

Gaan soek die probleem by die Pa se Pa. As daar enigsins ‘n vader figuur bestaan het.

FM ·

Net sodra daar ‘n paar voorbeelde van reg
’rond hang’

sal die selfbeheersing inskop

Debbie ·

Goeie genade wat nou nog. As ons kan moor oor sulke stupid goed dan was my man al jare gelede dood

Korrelkop ·

Nee wag, laat ek gou eers die skottelgoed gaan was! Net-nou weer terug…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.