Pa neem glo eie lewe ná skoknuus

Paramedici en reddingswerkers op die toneel. Foto: Verskaf

Die liggaam van ʼn 50-jarige man is Woensdagoggend in die see noord van Umhlanga in KwaZulu-Natal gevind nadat hy Dinsdagaand verdwyn het.

Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, het gesê die vermoede bestaan dat die man dieselfde aand sy eie lewe geneem het.

“Die man het verdwyn nadat hy ʼn oproep van familielede uit Johannesburg gekry dat sy 22-jarige seun glo sy eie lewe geneem het,” het Herbst gesê.

Die man is omstreeks 22:00 as vermis by die polisie aangemeld. Sy motor is later verlate naby Casuarina-strand in Westbrook, noord van Umhlanga, gevind.

“Die soektog na die man is Woensdagoggend voortgesit deur personeel van IPSS, lewensredders van Durban, die polisie se soek-en-reddingseenheid en lede van die gemeenskap van Tongaat.”

Herbst het gesê mense wat met hul honde op die strand in Westbrook gaan stap het, het iets wat na ʼn liggaam gelyk het sowat 100 meter die see in sien dryf en die owerhede ontbied.

Die man se liggaam is deur lewensredders uit die water gehaal en na die strand gebring waar paramedici hom dood verklaar het.

IPSS het sy innige meegevoel met die familie van die oorledene betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Gesiggie ·

Soveel seer om te verwerk,,,, so jammer dat hierdie familie 2 geliefdes moes verloor… sterkte

Fielies ·

Is dit IPSS of IPPS?

Baie jammer vir die familie wat eensklaps twee verloor. Dis erg.

TLC ·

Sooooo vreeslike seer. Mag God se hand jul styf vashou. Ek voel hoe my hart krimp vir n baie seer pappa en nou familie met dubbel seer sterkte

Carien ·

Dit is so hartseer, sterkte aan die familie met die traumatiese gebeure.
Mag julle berusting en troos vind.

Francois Greeff ·

So hartseer. Die pyn on kind te verloor is al klaar erg genoeg en dan nou dit ook. Mag God die res van gesin vetroos.

Daan ·

Hoekom is almal jammer of is dit die skaap effek waaraan meeste afrikaners lei die man is op n baie beter plek as die plek waar ons ons self bevind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.