Pa oorweeg regstappe ná seun (10) by oord sterf

Aiden du Toit. Foto: Verskaf.

Die pa van Aiden du Toit, die 10-jarige seun wat 29 November 2017 by die gewilde Zambibush-oord in die noorde van Pretoria dood is, het aan Maroela Media gesê hulle oorweeg regstappe teen dié oord en die Tshwane-metroraad.

Deon du Toit het Woensdag aan Maroela Media gesê hy doen dit om ʼn verskil in ander kinders se lewe te maak en te verseker dat dit nooit weer met enigiemand gebeur nie. “Ek doen dit nie vir die geld nie, dis nie waaroor dit gaan nie.”

Maroela Media het vroeër berig Aiden was vir die dag saam met sy ma, twee maats en hulle ma’s by die oord. Adrie Smit, Aiden se tannie, het destyds aan Maroela vertel Aiden het sy kop gestamp op ʼn waterglybaan en gehuil en gesê sy kop is seer.

“Hy het toe begin beter voel en hy en die maatjies wou weer gaan, want dit was vir hulle lekker,” het Smit vertel.

“Aiden het weer sy kop gestamp, dié keer na sy ma gehardloop en op haar skoot gaan lê en histeries gegil: ‘My kop! My kop!’”

Du Toit het vertel een van die personeellede van Zambibush het Aiden aan sy arms en bene opgetel, hom op ʼn draagbaar probeer laai en op ʼn piekniektafel neergesit. “Sy ogies het onmiddellik begin rol. Sy nek het so skeef gehang en hy het sy bewussyn verloor toe hulle hom optel.”

Dries Nel, bestuurder van Zambibush, het aan Maroela Media gesê die swembadassistent wat Aiden gehelp het, het ʼn vlak 3-noodhulpkwalifikasie. “Volgens regulasie moet ons een persoon met ʼn vlak 1-noodhulpkwalifikasie op die perseel hê.”

Die glybaan waarop Aiden sy kop gestamp het. Foto: Verskaf.

Hy verduidelik dat daar verantwoordelike mense by die swembaddens moet wees en dat “twee of drie van die ouens” wat daardie dag daar was mediese ondervinding het.

Du Toit beweer verder dat die grond waarop Zambibush gebou is volgens stadsraadsdokumente nooit vir ʼn ontspanningsoord gesoneer is nie. “Daardie grond is vir landbou- en plaasgrond opsygesit. Daar staan uitdruklik op die dokumente dat dit nie mag dien as ontspanningsoord, parkeerterrein, piekniekplek, en so meer nie.”

Nel het by navraag bevestig dat hul aansoek om sonering nog nie goedgekeur is nie en dat hulle nog besig is met die soneringsproses. “Al die verslae en ingenieursverslae is ingedien, ons wag net vir die goedkeuring van die stadsraad,” het hy gesê.

Du Toit het hierop gesê dit is soos om “aansoek te doen om ʼn motorlisensie, dit nie te hê nie, maar al met ʼn motor rond te ry”.

Nel het aan Maroela Media gesê die voorval was destyds baie traumaties vir die personeel, veral dié wat met Aiden gewerk het.

Latham Dixon, Du Toit se prokureur, het aan Maroela Media bevestig hulle oorweeg dit om die oord en die Tshwane-metroraad strafregtelik te vervolg. “Dit sluit nie die moontlikheid van ʼn siviele eis uit nie. Ons meen daar is duidelik ʼn element van nalatigheid aan hulle kant en ons wil dit ondersoek.”

Die glybaan. Foto: Verskaf.

AO Johan van Dyk, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat die nadoodse ondersoek en die algemene ondersoek na Aiden se dood afgehandel is. “Al wat uitstaande is, is die verslag van die nadoodse ondersoek. Dit vat baie lank omdat die mense [personeel by staatslykshuise] mos gestaak het.”

Van Dyk kon nie ʼn datum bevestig waarop die verslag beskikbaar sal wees nie.

Volgens hom vergader die rolspelers, naamlik die staatsaanklaer, die slagoffer se familie, die ondersoekbeampte en die polisie, op 14 Mei om oor die ondersoek te gesels.

Dié tragedie het gevolg kort nadat die sewejarige Bohlale Mokoena op 24 September 2017 by dieselfde oord vermis geraak het. Personeellede van die oord en lede van die publiek het ure lank na Bohlale gesoek, maar sonder welslae. Die oord se bestuur het destyds gesê daar was ʼn paar skole wat die betrokke naweek die oord besoek het en hulle is genader om vas te stel of Bohlale nie dalk op ʼn manier saam met een van die groepe in ’n bus beland het nie.

Sy liggaam is die volgende dag deur ʼn bestuurder in een van die swembaddens gevind. Hy het vermoedelik verdrink.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

leser ·

ek glo nie dis die regte protokol om iemand aan sy bene en arms op te tel as die persoon kop trauma ondervind het nie.
so ‘n persoon se kop moet ten alle tye ondersteun word met die oordra na ‘n draagbaar of soortgelyks
vlak 3 medies het beter geleer, tensy ?????

GM ·

As hul goed laat oorsien soos goedkeuring van die stadsraad, wat sal die oord nie nog alles oorsien nie? En hoekom is die oord nie toegemaak toe die ander seuntjie daar verdrink het nie? Kon daar nie toe al agtergekom gewees het dat die oord onwettiglik ‘operate’ nie? Sterkte aan die betrokke families!

wonder ·

Sy ma was tog daar en ek glo sy was meer as genoeg bekwaamd om na haar eie seun om te sien. Hoekom altyd iemand anders blameer. My hart bloei vir die ouers….. MAAR ongelukke gebeur somtyds buite almal se hande. Wie sou hulle blameer het as hy by sy huis gespeel het, en dit het daar gebeur………..

Kowa ·

Dit is belaglik om die sonering aan te haal. Dit is baie sleg dat die kind seergekry het in die eerste plek en nog erger dat die kind gesterf het.

Die ouers en kinders het die plek vrywillig besoek en die ongeluk het gebeur. Dit kon op enig plek gebeur het, selfs in hulle eie agterplaas. Om die plek te vervolg is onnodig. Hoeveel kinders het daar afgegly sonder om seer te kry, omdat een kind dood is moet die plek nou betaal daarvoor.

Voor julle my stenig, ek het ‘n kleinkind aan die dood afgestaan. Geen vervolging of skuld voor iemand se deur lê gaan hom terugbring nie. Dit was sy tyd om te sterf en moeilik genoeg om dit te verwerk.

En nee ek ken nie die eienaars van die plek nie, om die waarheid te sê ek het nie die vaagste benul waar dit is nie.

Marius Viviers ·

Ek stem saam. Niks met sonering te maak nie. Daar is altyd risiko vir ongelukke. Solank die oord veiligheids maatrëels volgens artikels nakom. Ek wil nie ongevoelig voorkom nie, maar indien daar nie nalatigheid aan die kant van die oord was nie….. wat sal ‘n regsaak dan eintlik help?

Lizet Norton ·

Ek stem 100% met jou saam. Dit is regtig baie sleg dat 2 kinders daar gesterf het maar hoevee het al daar gespeel en dit geniet.
Dit is nou so goed jy wil die stadsraad dagvaar as jy by n robot deur n niksdoenverkoper beledig en of aangerand word. ….. ek meen jy mag nie by n robot staan en bedel en/of iets verkoop nie.
Verwerk jou hartseer en aanvaar dat die Vader hom nodig het vir n ander doel.

Elmeri ·

Hou liewers kommentaar vir jouself as jy nog nie n kind verloor het as gevolg van nalatigheid nie. Jy het geen idee waardeer hierdie mense gaan nie. Baie sterkte aan die familie!

Anoniem ·

RULES & WAIVER EXTRACTED FROM ZAMBI BUSH LODGE’S WEBSITE:

All persons entering these premises do so at own risk.

The use of these facilities are at own risk. The Landlord, Owners and Staff Members shall not be responsible or liable for any claim, loss or damage arising or suffered by any person making use of these facilities, including, but not limited to, personal injury or death, or any harm caused to any person, or damage, loss or destruction of any property of any person, arising from negligence by the Owners or Staff Members (other than gross negligence on the part of the Owners) or theft or any other reason whatsoever. The Owners or Manager on Duty reserve the right to remove any person from the premises when such a person is a risk to him/herself or any other person or is causing a nuisance. The terms of this notice are severable. Should any legislation or other law restrict or prohibit the effect of this Notice, such restriction or prohibition shall not invalidate the remainder of this Notice.

Children must be accompanied and supervised by an adult at all times.

Slides may only be used when Zambibush staff are present!

Swimming pools may only be used from 10:00 to 17:00. No Diving or running is allowed and Zambibush Management takes no responsibility for any persons or children that can not swim.

Visitors are requested to leave the premises by 17:00

RIGHT OF ADMISSION RESERVED BY THE OWNERS

wilma ·

Dit gaan my verstand te bowe hoe so ‘n oord bedryf kan word alvorens die nodige goedkeuring verkry is. Indien die aansoek deur die Stadsraad afgekeur word, sal die oord tot niet gemaak word aangesien dit skynbaar onwettig bedryf word? Maak die oord toe totdat die nodige goedkeuring al dan nie verkry is!

Susanna ·

Is dit nie presies dieselfde tipe glybaan as wat USHAKA Marine World het nie? Is daardie “design” van die glybaan nie dalk die probleem nie? Want daai ding skiet jou so vinnig daar uit, ek het in April gestaan en kyk by USHAKA hoe een na die ander ook hulle koppe op daai ding stamp.

patat ·

my kids ook koppe gestamp in daarie 1 by ushaka…..ek dink ook d design is ni reg

Ilse ·

Met vlak 2 noodhulp word jy geleer om nie die persoon beweeg of op te tel want jy weet nie waar hy seer gekry het nie. Daarop moet die nek gestud word en vat meer as een en op die regte manier om daai persoon op ‘n draagbaar te sit. Dalk is die persoon wat gehelp het opgelei maar het nie die praktiese ondervinding nie.

regtig ·

Ek dink dit is belaglik
Die kind kon sy kop gestamp het by die huis en dan wie se skuld was dit dan? As jou kind op jou paving val en sy kopstamp gaan jy eweskielik jou pavement uithaal en spons plant en die stadsraad verantwoordelik hou of die vorige eienaar van die erf?
Dit is ‘n vrats en tragies. Sulke ongelukke vindplaas orals in die wereld. As dit by ATKV plaas gevind met die selfde slide ens sou jy dit dan ‘n vrats genoem het? 100de kinders het al die plek gebruik en hulle het niks oorgekom nie. Soms moet mens dit net laat vaar. Let it go en maak vrede. Dis nie asof die kind vir ‘n duik-kursus gegaan het waar geen persoon ‘n lisensie het nie en 30m gaan duik het nie.

Mel ·

@ regtig ek wens Maroela Media het n Like knoppie gehaad want jy so beslis n thumbs up gekry het van my. Ek stem hulle gaan net armder uit die stryd tree, geestelik en finansieel, wat gebeur het is hartseer, maar dit het gebeur. Dis belaglik om die oord te wil toemaak, en logika vertel my dat al sou die ma geweet het voor die ongeluk dat die oord op landbougrond gebou is sy steeds die dag die kinders soontoe sou vat, want wat maak dit saak? Is slides nou onveilig as dit op landbougrond gebou word…nee man komaan dis belaglik!

bgj van der westhuizen ·

wel as dit n oord is moet hy bestuur word soos die wet bepaal en daar moet n onder soek wees na elke dood by die park en as daar nie volgens die wet gehandel word nie moet hy gesluit word en beboet die eienaar as hy verkeerd is maar wag tot die ondersoek klaar is

Annon ·

Extracted from Zambi Bush Lodge’s Website:
All persons entering these premises do so at own risk.
The use of these facilities are at own risk. The Landlord, Owners and Staff Members shall not be responsible or liable for any claim, loss or damage arising or suffered by any person making use of these facilities, including, but not limited to, personal injury or death, or any harm caused to any person, or damage, loss or destruction of any property of any person, arising from negligence by the Owners or Staff Members (other than gross negligence on the part of the Owners) or theft or any other reason whatsoever. The Owners or Manager on Duty reserve the right to remove any person from the premises when such a person is a risk to him/herself or any other person or is causing a nuisance. The terms of this notice are severable. Should any legislation or other law restrict or prohibit the effect of this Notice, such restriction or prohibition shall not invalidate the remainder of this Notice.
Children must be accompanied and supervised by an adult at all times.
Slides may only be used when Zambibush staff are present!
Swimming pools may only be used from 10:00 to 17:00. No Diving or running is allowed and Zambibush Management takes no responsibility for any persons or children that can not swim.
Visitors are requested to leave the premises by 17:00
RIGHT OF ADMISSION RESERVED BY THE OWNERS

Harry ·

By so ‘n oord is dit heel waarskynlik dat ‘n kind sy kop gaan stamp en die onus en risiko bly by die ouers wat toelaat dat hul kind by die oord speel. Sulke oorde waarsku vooraf dat hul nie verantwoordelikheid aanvaar vir beserings wat self veroorsaak word nie. Miskien moet hul maar wetgewing maak dat alle minderjariges valhelms moet dra, soos vir fietsryers – let wel dat gewone fietsryers in Japan nie valhelms hoef te dra nie, want hul is baie verantwoordelik en almal respekteer mede-padgebruikers en die padreels.

Perspektief ·

Vraag: wat het die sonering te doen met die feit dat ‘n kind sy kop gestamp het. Kan net nie die kloutjie by die oor bring nie.

Spook ·

Ek dink dat jy verkeerd is, al gaan dit oor geld, die park moet duidelik toe gemaak word of minstens moet ouers bewus gemaak word van dit. Ek voel bitterlik jammer vir die ouers, my seun is 11, ek sou dit nie kon aanvaar nie. die plek moes nodige mediese dienste daar gehaad het, dit wat hier verduidelik word klink dit of die staff lid nie juis geweet het wat hy doen nie

se maar net ·

Ek stem saam met Kowa. Dit is ‘n ongeluk wat by enige oord kon gebeur het met alle dokumentasie ens in plek. Niemand kan daardie pragtige seun terug bring. Dit is bitter moeilik om te verwerk en dit gaan ook nog lank vat. Ek weet. Is deur dit. Glo net nie wat ouers nou wil doen is reg.

Frikkie ·

Deon, ek kan nie en sal jou nie verkwalik sou jy voort gaan met regstappe te neem nie. Jy sal hopenlik weet as dit deur nalatigheid was dat jy jou seun deur die dood moes afstaan. . My enigste probleem is niemand kan se dat dit nooit weer sal gebeur nie. Daar kan wel voorsorg getref word om die moontlikheid te verseker dat dit verhoed kan word. Ek en vele ander bid vir jou en jou gesin om berusting en vrede te ervaar en sterkte met die moonlikheid van regstappe wat julle wil neem

Linda van Mosselbaai ·

Baie sterkte aan almal wat die seuntjie liefgehad het. Sy dood is nie tevergeefs nie 1 As enige persoon ‘n stamp aan sy kop het – moet daar dadelik gekyk word of die pupille dieselfde grote is. 2 As dit nie is nie moet pasiënt by die hospitaal uitkom. 3. As ‘n persoon seergekry het – sit jy eerste ‘n nekstut aan voor jy hom beweeg. 4. Na enige stamp aan die kop moet ‘n kind/grootmens vir 24 uur geobserveer word of daar nie enige harsingskudding plaasgevind het nie.

JSG ·

Goed gestel. Indien die ouers kan bewys dat die personeel nalatig was met die hantering van die kind, dan het hulle gronde vir ‘n siviele eis. Soos gelees in die berig, blyk daar genoeg rede vir ‘n eis te wees. Die nadoodse ondersoek sal weergee waaraan die seun dood is. Stem saam dat sonering niks met die saak te doen. Uit die reëls van die park is dit reg om aan te neem dat die park hulle self vrywaar van die besering, maar hulle sal moet antwoord indien hulle aksie met die hantering van die beseerde kind tot sy dood gelei het. Simpatie aan die ouers.

Theresa ·

Dankie Annon. Dit gee ook ‘n ander perspektief. Steeds baie hartseer en tragies wat gebeur het.

ig ·

Hierdie gebeure is baie hartseer en kan by enige oord of speelpark gebeur .Laat dit nou n les wees vir die hordes nie- geregistreerde oorde en vakansie plekke wat staat maak om vrywaring vir vervolging te probeer systap deur slegs n kennisgewing aan te bring op die perseel.

kas ·

Net ‘n dom vraag.Besoek jy nie so ‘n plek uit jou eie uit nie?Is jy nie self verantwoordelik vir jou kind se veiligheid nie en die personeel staan by om te help tydens nood nie.Is daar nie vrywaringskennisgewings op nie?Dit bekommer my wel dat daar ‘n kind verdrink het en niemand dit agtergekom het nie.Waar was die opsigters dan gewees/

kas ·

Na Annon se berig sal geen regs of siviele aksie suksesvol wees nie.Die bestuur was nie nalatig nie en nie verantwoordelik vir die kind se dood nie.Dit bly egter baie hartseer.

Anoniem 2 ·

Liewe Anoniem

Dis goed en wel om die oord se reëls en regulasies te plaas maar nêrens word daar aan die publiek gesê hoeveel mense kan die oord huisves nie. Daai plek was al talle kere “oorlaai” en dit gaan alles oor ingangsgeld, glad nie meer oor lekker ontspanning en veiligheid nie!

Arno Brand ·

Dieselfde persone en eienaars van Zambibush is tans besig om dieselfde operasie op te rig in Hennopsrivier Gauteng. Die koop is redelik onlangs aangegaan (2 tot 3 maande) en hul is alreeds besig met die bou van die glybane en waterpark. Dit is sekerlik te gou om toesteming ye bekom het van die owerhede?
Dit wil voorkom od die eienaars geen respek of enigsins omgee vir lewens van hul besoekers nie!
Pateties!

Mom2Mom ·

As dit cedar junction is waarna verwys word…ek het oord al paar kere besoek voor opraderings en toe weer na opgraderings. Dink daar moet definitief streng veiligheids inspeksies uitgevoer word. Veral by klein kinders se swembad en afglybane en die “railings” is baie mooi hout latte, maar kinders stamp mekaar uit pad en gaan van daarbo afval. Daar geen lifeguard bo om kinders aanduiding te gee wanneer volende kind kan afgly. Hierdie kan n slegte besering veroorsaak.

Leonie ·

Na die insident het Ek nooit weer terug gegaan na die oord toe nie. Ek bly minder as 3km van die oord. Ek sal nie my kinders se lewens op die spel plaas nie. Sterkte vir die familie.

Ben ·

En hoeveel kinders verdrink nie in hul eie swembad nie? Dit gebeur daagliks. Dan le die verantwoordelikheid tog by die ouers…..of hoe?

Eish ·

As planne nie goedgekeur was nie wat verhoed oord om met ander bedrywighede vooort te gaan wat ook nog nie goedgekur is nie. Bv het n proffesionele instansie werklik die swembaddens, glybane ens na oprigting ondersoek en goedgekeur vi verdere gebruik? Ek het al heelwat kinders sien seekry op daai glybane. 1x afgegaan en kom met ernstige snywonde op rue en bloed van die waterglybane af. Dink verseker nie die oprigting en toetsing v glybane is 100% volgens protokolle gedoen nie.

Anoniem ·

Die nuwe oord is die ou Hennopspride in Hennopsrivier vallei op die R511

Simoné ·

Ons was 1keer daar en ek kan vir julle sê hulle druk mense daar in soos wors ons kon glad nie swem nie alles was oorvol en vuil. Buiten dit alles is die personeel ongeskik en nie opgelei om met mense te werk nie. Hulle vra op hulle facebook blad vir skoliere wat vakansie werk soek as lewens redders dan wil ek weet hoe gaan n kind kan help as ek iets oorkom.

Anoniem ·

Hulle neem baie meer besoekers in as wat hulle kan akkommodeer, en baie mense het al seergekry op glybane met snyplekke, ens.

wilma ·

‘n Regsgeleerde het op ‘n stadium aan my genoem dat meeste van hierdie “vrywaringkennisgewings” nie eens die papier werd is waarop dit gedruk is nie!

Koos ·

Klink of hierdie oord moeikikheid het. Hulle het die aktiwiteite aangebied sonder dat die ingenieursverslae reeds afgehandel was? Geen ma sal toestem tot risiko van benadeling van haar 10-jarige kind nie. As daar nie voldoende toesig was deur werknemers nie, of as die oord reeds geweet het van die risiko’s van beserings (soos koppe wat gestamp word) en versuim het om dit aan te spreek, was hulle nalatig.

Hierdie ouers staan ‘n baie goeie kans op sukses.

Leeu ·

Dis nie die oord se verantwoordelikheid om na jou kind te kyk en op te pas nie. Daar staan duidelik alle kinders moet ten ALLE tye onder OUER toesig wees. As hulle iemand soek om te blameer, raai ek aan kyk na mekaar.

foxi ·

Ek het my voet gebreek by n welbekende ontspannings oord. Van die laaste trappie in n gat getrap wat toegegroei was met gras. Kan ek n eis instel vir pyn en lyding?

GM ·

@Wonder, jy verstaan verkeerd. Ek stem saam ‘n ongeluk kan op enige plek gebeur, en ek voel ‘n ouer is verantwoordelik vir sy eie kind ongeag watse tipe geriewe deur oorde aangebied word. Wat ek bedoel het met ‘wat sal die oord nog alles oorsien?’ (aangesien hul ‘operate’ sonder om goedkeuring van die stadsraad te hê, m.a.w. hul voldoen nie aan al die wettige vereistes nie), was gemik op veiligheids-aspekte. Hul wou nie wag vir goedkeuring om te begin geld maak nie, so wie sê dat als volgens die regte standaarde gebou is? Geld kan maklik onderdeur die tafel gegee word om goed vinniger/goedkoper afgehandel te kry, ten koste van kwaliteit. Niks gaan ongelukkig die kind terugbring nie, maar daar kan wel inspekteurs na die plekke toe gestuur word om te verseker dat die regte protokolle gevolg word tydens die bouprosesse van sulke oorde.

Emily ·

Ons was ‘n hele ruk terug daar en onsself belowe nie weer. Daar word hopeloos te veel mense toegelaat. Dis’ n absolute vertrapping van mense om maksimum geld te maak, dit was geen plesier, swembaddens was vuil ook. Moes in lang toue staan, badkamers te min en baie vuil.

Juis daai naweek was persoon in hospitaal opgeneem, met ernstige beserings agv een van die glybane. Wat het van daardie persoon geword?

Sterkte aan die ouers wat langs hul kind se graf moes staan. Ek hoop regtig as daar nalatigheid was, mense daarvoor verantwoordelik gehou word sodat so iets nie weer gebeur. Ongelukke gebeur maar soms kan sekere noodlottige ongelukke beslis verhoed word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.