Pa praat ná seuntjie met tuinslang afgespuit word

Die foto is digitaal gemanipuleer om die seuntjie, skool en werker se identiteite te beskerm. Foto: Facebook

Die ouers van die driejarige seuntjie wat Maandag glo met ʼn tuinslang afgespuit is in die snerpende winterkoue nadat hy sy broek bevuil het, wil graag met die rolspelers by die Rustenburgse kleuterskool vergader waar die voorval plaasgevind het.

Maroela Media en die ouers van die seuntjie het egter verneem die skoolhoof is Dinsdag in die hospitaal opgeneem weens ʼn toestand wat glo nie verband hou met die herrie wat oor die kleuterskool se kop losgebars het nie.

“Ek wil met almal praat wat Maandag daar was en presies uitvind wat gebeur het en gaan dan besluit watter stappe om verder te doen. Maar ek waarborg jou stappe sal gedoen word,” het die seun se 38-jarige pa Woensdag aan Maroela Media gesê.

Die ouers se name word weerhou om die kind se identiteit te beskerm. Volgens die pa, wat al 20 jaar in dié Noordwes-dorp woon en in die konstruksiebedryf werk, verskil die weergawe van die voorval wat sy 36-jarige vrou Maandag by die kleuterskool gehoor het, met die weergawe wat Annelie Nel (52) verskaf het. Nel,  ʼn weduwee van Rustenburg, het die foto van die seuntjie en ‘n inskrywing op sosiale media gedeel in ‘n poging om die seuntjie se ouers op te spoor.

“Die skoolhoof het my vrou Maandag, op die koudste dag van dié jaar, presies om 12:49 gebel en gesê ons seun het ʼn glipsie gehad en sy sien daar is nie ekstra kleertjies in sy sak nie. My vrou het geantwoord dit is nie ʼn probleem nie; sy sal klere skool toe bring, want ons bly skaars vyf minute se ry van daar af.”

Toe die ma daar aankom, hoor sy haar seun in die agtergrond huil. “Toe sy daar kom, sit hy buite in die koue net met ʼn oranje handdoekie om hom. My vrou het hom aangetrek en huis toe gevat, maar het toe nog nie presies geweet wat gebeur het nie. Die skoolhoof het wel gesê hulle het hom skoongemaak met warmwater wat met ʼn tuinslang uit die kombuis gekom het. Hulle het hom glo om die hoek afgespuit omdat hulle hom die vernedering wou spaar om hom voor die ander maatjies in die badkamer skoon te maak.”

Die seuntjie het daarna aan sy ma gesê hy was badkamer toe om te “piepie”, maar sy maag het gespoel en hy kon dit nie keer nie en dat hulle hom daarna buite skoongemaak het.

Die skoolhoof het die ma Maandagaand gebel om te hoor of die seuntjie, een van ‘n tweeling, beter voel en die ouers vermoed dit is nadat die bom op sosiale media ontplof het – hulle was toe nog nie eens bewus daarvan nie.

“Snaaks genoeg, Maandagaand voel ons ons seun is koorsig. Ons het in daai stadium nog nie geweet dat hy glo met koue water buite in die koue afgespuit is nie. Ons het besluit as hy die volgende dag nog koors het, dat ons hom dokter toe sal vat, maar hy het darem verbeter.”

Die ma het die volgende oggend [Dinsdag] die foto en Nel se plasing op Facebook raakgesien nadat dit soos ʼn veldbrand versprei en sosialemediaverbruikers warm onder die kraag gehad het. “Toe sy dit sien, het sy dadelik skool toe gery en ons kinders gaan haal. Die skoolhoof was nie daar nie. ʼn Ander juffrou wou nog verduidelik, maar my vrou het net die seuns gevat en gery. Sy het my seuntjie weer uitgevra en hy het in sy eie woorde gesê hy is met ʼn tuinslang met koue water gespuit.”

Die ouers het Dinsdagmiddag met Nel vergader om presies te hoor wat sy en haar kollega gesien het.

Maroela Media het vroeër berig Nel en ʼn kollega wat ʼn onderwyseres is, het by die kleuterskool stilgehou om aanwysings te vra toe hulle die voorval gesien het. Nel se kollega het ʼn foto daarvan geneem en Nel het die toesighouer wat vir haar aanwysings gegee het gesê sy gaan die voorval nie daar los nie. Nel-hulle kon nie dadelik die seun bereik nie, aangesien daar elektriese heinings tussen hulle was. Sy het wel die eienaar van die perseel, by wie die skoolhoof die gebou huur, gebel en daarvan ingelig voor sy later die plasing op Facebook gemaak het.

Volgens die pa soek hulle antwoorde oor wat gebeur het. “Ons wou daarna met die skoolhoof, die onderwyseres wat toesig gehou het of enigiemand wat verantwoordelikheid kan vat praat, maar al ons oproepe is geïgnoreer. Ons het later gehoor die skoolhoof is in die hospitaal. Ons is steeds bereid om met hulle te praat. Ek wil uit hulle monde hoor wie het vir wie opdrag gegee om dit doen, waarna ons sal besluit op die volgende stappe,” het die pa gesê.

“Ek dink die werker het bloot ʼn opdrag uitgevoer van iemand wat gesê het om my kind buite te gaan afspuit. Die hoof en toesighouers was daar en hulle moes my seun hoor huil het en geweet het iets is nie reg nie. Ek twyfel sterk dat die werker dit uit haar eie sou doen.”

Die pa is van mening die skoolhoof het slegs opgetree nadat Nel die toesighouer met verdere stappe gedreig het. “Ons kon gister, toe ons met Annelie [Nel] vergader het, sien die foto is om 12:46 geneem. My vrou het eers 12:49 die oproep van die skoolhoof gekry. Ek glo nie hulle sou iets gesê het as Annelie nie uitgekom het met die foto waar my seun naak in die koue staan, ná hy huilend afgespuit is nie.”

Volgens die pa het hy albei sy seuns uit die skool uitgehaal. Sedert Maandagaand het hulle nog geen terugvoer van enigiemand by die skool gehad nie en hy het onderneem om ʼn klagte by die departement van onderwys aanhangig te maak sodat die voorval verder behoorlik ondersoek kan word.

Die ouers het hul dank aan Nel betuig. “Ons is baie dankbaar vir wat sy gedoen het. Mense dreig haar oor naamskending en om die foto af te haal aangesien dit ‘kinderpornografie’ is, maar ek het my toestemming gegee dat sy die foto daar kan hou. My seun is onherkenbaar en ʼn mens kan glad nie sy geslagsdele sien nie. Ons wil nou net die skool se weergawe hoor.”

Die pa het gesê sy seuns, wat in November vier jaar oud word, was in die skool sedert hulle een jaar oud was en hulle het nog nooit onraad vermoed nie. Die egpaar het ook ʼn negejarige dogter.

“My seun is darem heeltemal gesond en speel met sy boetie. Hy lyk darem nie te erg getraumatiseerd nie, maar ons praat nie oor die voorval voor hom nie,” het die pa bygevoeg.

Die skoolhoof kon Woensdag steeds nie vir kommentaar bereik word nie en haar telefoon was afgeskakel. Die eienaar van die perseel waarop die kleuterskool geleë is, het aan Maroela Media gesê net die skoolhoof is in die posisie om kommentaar te lewer en sal dit glo doen as sy gesond genoeg is.

Anéll Engelbrecht, die hoof van die Koeitjies en Kalfies-kleuterskool in Centurion wat die afgelope nege jaar ʼn kleuterskool met ʼn plaasatmosfeer bedryf, het Woensdag aan Maroela Media gesê sy het simpatie vir die skoolhoof.

“Ek het jare se ervaring daarin. Die skoolhoof kan nie elke sekonde oral wees nie en is afhanklik van hul personeel. Wie ook al opdrag gegee het dat die kind so afgespuit word, moet streng aangespreek word.”

Sy het gesê voor sy haar eie kleuterskool begin het, het sy by verskeie ander kleuterskole gewerk, maar nog nooit het sy gesien dat kleuters met tuinslange, al is daar glo warm water in, gespuit word om hulle skoon te kry ná ʼn glipsie nie.

“By ons vat ons die kinders badkamer toe, haal die doek of broekie af en maak met ʼn warm lappie of wet wipes skoon voor skoon klere aangetrek word. Dit is glad nie standaard praktyk om ʼn tuinslang te gebruik nie,” het Engelbrecht gesê.

Sy het gesê sy sien geen rede hoekom die seun nie in die badkamer skoongemaak kon word nie, veral in die winter wanneer dit so koud is.

  • Die kleuterskool se naam word vir eers weerhou om al die partye kans te gee om te reageer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

128 Kommentare

Uvonka ·

GEEN, MAAR GEEN VERSKONING KAN AANGEVOER / AANVAAR WORD VIR DIE GEDRAG VAN DIE KLEUTERSKOOL PERSONEEL!!! Siestog ek kan in my geestesoog sien hoe bibber die arme ou seuntjie van die koue. kindermishandeling op sy ergste!

Mypaseseun ·

Ek is as kind afgespuit as ek vuil was. Dit was deel van grootword op die plaas. Vandag se kinders word opgepiep. As jou kind nie alergies is vir water nie behoort hy niks oor te kom nie.

Cherokee ·

Joupaseseun, jy gaan dalk deur menige van diè wat soos porseleinpoppies grootgemaak is, befrons word, maar jou kommentaar verdien ‘n handeklap. Ek het ook op ‘n plaas groot geword waar ryp dik op die gras gelê het in die wintermaande en moes bushalte toe en terug stap maar het my eerste skoene en langbroek begin dra toe ek hoërskool toe is. Het jong perde getem sonder ‘n saal en het koeie gemelk voordat ek huiswerk gedoen het.

Soesie ·

Cherokee en Mypaseseun, dit klink vir my asof julle Nazi-voorsate het, met jul wreedaardige en onsimpatieke sentimente… Geen ordentlike mens sal ‘n klein kindjie so in die ysige koue met koue water afspuit nie. Dit kan glad nie geregverdig word nie, maak nie saak hoe ‘tough’ julle kinderjare was nie.

Mads ·

Mypaseseun en Chrome ek hoop nie jul het kinders nie!!! En as jul kinders het wonder ek wat hul dink van hul ouers wat kinder mishandeling goed keur. Jul comments is skokkend, dis ‘n 3 jarige kind en dis niks minder as kindermishandeling!!!

Thinette ·

Ja nee kyk ek stem saam dis mishandling en dit was nogal buite gedoen in die publiek vir almal on te sien gebeur. As die hoof so baie om gegee het sou sy meer gedoen het as om te bel. Die jufvrou moes die kind in die badkamer skool gaan maak het al was daar kinders. Ek is boos our ek self n ouer is van n baie jong kind. Ek maak nie eers my eie dierie so skoon nie. Mypaseseun het seker nie kinders nie. Deur n kind soos n mens te behandel is nie op piep nie.

Mypaseseun ·

@Soesie .. My voorsate was boere . Hulle het met kouewater oor die Drakensberge getrek, In die weermag het ek in kouewater gewas sodat jy in veiligheid jou warmwater kon geniet. So ook jou warm kos en jou warm bed. Ek is ‘n volbloed boer seun en trots op wat ek is. Die land bestaan nie net uit een kind nie. Daar is kinders wat nie eers ‘n dak oor hulle koppe het nie .. Nie eers behoorlike kos het nie . Wat nog van warm water om hul self te was Niemand hier sien dit ook as mishandeling nie. Maar ek verstaan .. Dit gaan oor omstandighede ook. Sy omstandighede het niks met jou te doen nie want jy kan ‘n uitsondering maak. Hy hoef nie deel te wees van jou gemaklike lewe nie.

CB ·

Dit gaan ni oor toe jy as kind afgespuit is ni.. die scenario was seker anders. Hierdie is defnitief nie as grap gedoen ni.. dit is absoluut as ‘straf’ gedoen en DIT MAAK DIT VERKEERD! Presies dieselfde soos gaan ni oor wat jy sê ni maar oor hoe jy dit sê…
Gaan nie oor wat jy doen nie maar HOE JY DIT DOEN!

Cheers ·

Daar is net mooi niks gesonder as normale koue kraan water nie. Weet julle mammas hoe ONGESOND warm geyser water vir jou is?

Mira ·

Dank die Vader ek is nie jou kind nie, Mypaseseun. En dan wonder ou mensies soos jy hoekom sit jul alleen op die oudetehuis se stoep?

Kan jy nou meer... ·

Ek wat self ‘n ouer is sal dit total en al verloor. Die skool verdien dit wat hulle kant toe kom. Dit is onder geen omstandighede menslik om so iets aan te vang nie. Hoeveel ander kinders moes by die skool deur dieselfde gegaan het?? SKAAM JULLE DOOD!!!!

LB S ·

MyPaseSeun, ‘n driejarige kind kaal, buite met ‘n tuinslang is MISHANDELING!
En die warmwater is ‘n liegstorie, want die water sou te warm geraak het, dan DIT ook nog!

LB S ·

Ek wou byvoeg, kaal, buite IN DIE WINTER, met ‘n tuinslang, is MISHANDELING.

Gawie de Beer ·

mypaseseun jy is net ‘n groot bek kom dan staan jy op ‘n koue winters more dat ek jou afspuit buite en sien of jy nog so braaf gaan wees dan gee ek vir jou ‘n geel handoekie om jou warm te hou!

JS ·

Gawie, ek het al baie op stagtogte in die winter in koue water gewas. Ongemaklik ja, maar ons smelt nie as koue water ons tref nie. En hoe dink jy was arm mense sonder geysers of stowe hulle kinders? Boonop is hierdie Suid Afrika se winter, nie Antarktika se koue nie, en boonop as die tuinslang in die son gelê het was die water heel waarskynlik louwarm gewees. Hierdie is ‘n bohaai oor niks, die personeel het met goeie bedoelings opgetree en daai laaitjie het al laaaankal vergeet daarvan.

Mypaseseun ·

Okay .. As jy so sê .. Ek gaan maar saam met jou stem want jy sal nooit saam met my stem ..

Cherokee ·

Julle herinner my nou aan my weermagopleiding. Was deur die winter in Walvisbaai en het elke dag in koue water gestort. Ek as wel nie 3 jaar oud tydens opleiding nie maar dit was elke dag van my weermagopleiding en ek wonder hoeveel van julle weet hoe koud nagte word in ‘n woestyn.

Marisa ·

Korrek. As dit warm water was, sou daar stoom ontstaan het in die bittere koue lug. Dit is duidelik ‘n lieg.

Helene ·

Marisa ek stem saam. Ek is n baie praktiese mens en sou beslis nie al die sogenaamde moeite gedoen het om die buite waterpyp aan die warmwater van die kombuis te Koppel nie. Huh? Hier word nie die waarheid gepraat nie en wat meer is n geregistreerde skooltjie doen dit nie aan hul kindertjies nie. Maak kapsie en laat hulle bietjie les opse vir hierdie barbaarse daad. Wonder of die seuntjie nie uit bangheid vir die personeel sy broekie bevuil het nie. Dit is nie n straf vir so n klein kindjie nie. Wonder wat gaan nog aan by die sogenaamde versorgings plekke? Mag eenmalig wees maar wat my betref moet dit die laaste wees. Jammer vir die skoolhoof wat in die hospitaal is- ek dink nie sy was bewus van wat daar gebeur het nie. Neem die saak verder

OOK-TWEE-KIDS-in-SKOOL ·

Ek het self twee kleingoed in ‘n kleuterskool (2jr en 3jr oud) en ek SIDDER om te sien dat hierdie tipe dinge gebeur terwyl jy jou VOLLE vertroue in die personeel van so instansie plaas om vir jou kinders NA DIE BESTE van hulle vermoe te sorg. Dit is uiters swak en maak dat ander ouers van jong kinders ook nou anders na hul kinders se skole begin kyk. Noem my maar paranoies, maar ek is liewer bang jan as dooie jan in hierdie opsigte.

pamela woest ·

My hart breek vir daai seuntjie. Hulle wil hom nie “verneder voor die ander kinders nie”. WAT IS MEER VERNEDEREND AS DIT? Om met ‘n tuinslang afgespuit te word soos ‘n hond? So jammer vir die klein mannetjie. Ek is self ‘n ma, kinders is meer sensitief as wat mense hulle krediet gee. Stem saam met Uvonka, dis kindermishandeling.

Louise Venter ·

Mens doen dit nie eens met n dier nie – sjoe dis ysingwekkend dat sulke goed by kleuterskole kan gebeur. Sterkte!

Cherokee ·

Waarom dink jy daar is dinge wat jy met diere kan doen maar nie met mense nie? Diere voel ook.

Koos ·

Ongelooflike geval van totale afwesigheid van beheer by die kleurterskool, en ‘n “prinsipaal” wat nou skuil agter siekte. Waarom word die kleuterskool se naam nie bekend gemaak nie? Deur dit te verswyg word die skandaal toegesmeer.

Rerig ·

Ja, kinders van 3 kan nog n glips hê. Hulle is nie volwasse nie, en raak besig met speel of konsentreer baie hard op n taak waarmee hulle besig is. Soveel so dat n kleintjie soms op die nippertjie eers wil badkamer toe hardloop. OF jy het nie kinders nie OF jy is net baie oningelig en is jou mening eintlik nie van waarde nie.
Sterkte vir die seuntjie, my hart gaan uit na hom

Briesend! ·

Soos ek hier sit, sien ek in my geestesoog hiedie afspeel, dan dink ek aan my 6 jarige wat ook nou in Graad R is. Ek sou buite myself gewees het! Ek haal my hoed af vir die ouers dat hulle so kalm gebly het! My hart breek vir die seuntjie! Hoe vernederend is dit nie! Woorde kan nie die hartseer beskryf wat ek vir die seuntjie voel nie. Gewoontlik is dit mense wat ‘n passie het vir kinders wat by ‘n kleuterskool werk en wat NOOIT so ‘n onmenslike ding sal doen nie, laat my wonder of dit gekwalifiseerde personeel is…… Ek is jammer, daar is geen verskoning vir hierdie optrede van personeel / skool nie. Hierdie skool moet hulle deure sluit!!!

Vlooi ·

Ek het ook n kleuterskool en ek sal my mense iets aandoen as hulle waag om soiets met een van my kids te doen. Daarom is ek as eienaar hands on en het oral kameras. Behalwe in die badkamers. Ek sorg dat ek gereeld draaie oral maak. En ja ongelukkig is dit vir party mense net n werk en nie meer n roeping nie. Dis so hartseer

Michelle ·

Bravo aan die vrou wat die foto geneem het en dit onder almal se aandag gebring het. Bravo vir die ouers wat antwoorde soek. Ek beskou dit as aanranding! Enige iets wat jy liggaamlik aan iemand doen sonder toestemming, selfs net ‘n hoed van die kop af haal, IS aanranding. As ek die ouers is sal ek ‘n saak maak. Baie baie beslis! Ek hoop hierdie skool word onder hande geneem!

Lea ·

ENIGE mens,maak nie saak hoe oud hy/sy is nie, kan n glips kry veral as die maag bietjie omgekrap is. So, potty training het NIKS met hierdie geval te doen nie. Dit was n onmenslike daad,veral met DIE week se uitsonderlike koue.

sies! ·

Koue water, warm water – feit is die kind is soos ‘n wilde dier buite afgespuit. Daar is mos badkamers dan nie? Vernedering bespaar om voor maatjies skoongemaak te word? Asseblief! Het badkamers nie deure? Is daar nie enigsins afskortings of selfs ‘n ander kamer om hom skoon te gemaak het nie? En ja, stem saam, warm water sou hengse stoom afgee in die koue lug buite, selfs net lou water.

Jeannette ·

En partykeer is dit nodig dat die tong vure aansteek, want anders sal dinge soos hierdie nooit uitkom nie.

Ek dink die ouers wat kindertjies het in hierdie skool, moet hul kinders so gou as moontlik uit die skool haal. Hierdie mense is duidelik nie opgewasse om ‘n jong kinders te kyk nie. Hulle moet hulle “Spur” – slaan hulle aan die sak, en jy slaan op ‘n gevoelige plek.

En skielik is die skoolhoof in die hospitaal vir ‘n rede wat niks met dié saak te doen het nie, Hoe gerieflik …. Maar gewoonlik mag pasiënte wat by hulself is hul selfone by hul hou – so …. ek dink die ‘skoolhoof’ ontglip die ouers van die kind en Jan Publiek daar buite wat op antwoorde aandring.

Anan ·

Ek het gewonder hoe lank dit gaan vat vir die “Spur” geval om genoem te word. Weet jy dat Spur een van die Springbokke se groot borge is. Beteken dit nou almal wat Spur boikot ook nie meer Springbokke gaan ondersteun nie. Vra maar net

Juanita ·

Ek ken n paar grootmense wat al n glips in hul broeke gehad het agv n spoelmaag, dan weet ek ook van n paar kinders wat glipsies gehad het, sulke dinge gebeur en dis ni agv slegte of lui ouers nie, dit gebeur. Punt bly staan, jy doen dit nie aan n kind nie!

Iets tussen die ore ·

Word nou weer vinnig gepraat tot dit jou eie kind is, ongeag of die water warm of koud was, en ongeag of die kind 3 jaar of 5 jaar oud was, om n kind wat n glups gehaad het op n koue wintersdag kaal buite met enige water af te spuit is onanvaarbaar, jy laat nie n kind op n koue winterdag kaal buite staan en dan maak jy hom nog nat ook, en dan laat jy hom nog kaal buite staan waar lede van die publiek hom kaal kan sien en fotos neem, hulle kan dankie se dis nie my kind nie want ek sou nie nog gewag het vir verduidliking nie, so onmiddelik die ergste moontlike stappe geneem het.

michaela de kock ·

Daar is GEEN rede/verskooning wat die kleuterskool kan gebruik nie! Eerlik as dit my dogter was sou daar verseker nag gewees het by daardie skool ! My hart breuk vir daai klein ou lyfie en hulle los hom nog in die koue todat sy mamma kom ! Hoe SIEK is dit ! En hy huil ook nog ! Enige kindjie het maar n glipsie nou en dan en hy het n spoel maagie gehad ! Ooh NEE ek sou huise se dakke om tiep ! Kindertjies van 3 jaar gaan hom nou regtig nie spot of terg omdat hy n glipsie gehad het nie hulle sou al darvan vergeet het ook nog die volgende dag! !
Nee wat die ma en pa vn die 3 jarige seuntjie moet DEFINITIEF n stap verder vat ! Want more gebeur dit weer met n ander kind . Geen kind moet deur so iets gaan nie !

Inge ·

Ok, wat daarvan as ons julle kaal uittrek en dan met ‘n tuinslang afspuit in die koue! Dit is onaanvaarbaar. Mens doen dit nie eens in somer nie. Jy trek nie ‘n kind naak uit en spuit hom buite af omdat hy sy broek vuil gemaak het nie, veral nie ten aanskoue van die tuinier nie! Dan sit hy nog buite in die koue met ‘n nat lyfie/handdoek en dit in winter!? Hoe voel dit vir jou wanneer jy in die oggend uit die stort uit klim met ‘n nat lyf? Hoe kan jy dit as oorreageer sien? Het jy kinders? Seker nie.

Chatlene beukes ·

Het julle gesien hoeveel kindertjies le in die hospitaal van brongitus en longonsteking koue ater koue dag poedelnaakend buite magtig dis n wenresep nie eers te prt van hoe die kind se selfbeeld afgebreek word nie nee wat daai kleuterskool kan baie bly wees eks nie die ma nie

Jeannette ·

Aarde, Chatlene beukes, en hier dink ek nog na al die jare verkoues, griep, brongitis, pneumonie en long-komplikasies wat hospitalisasie verg, word deur kieme veroorsaak. Nou sê jy my dit word deur koue veroorsaak? Vrek weet, dan is ek maar seker nie ‘n mens nie, want ek gaan stort saans en gaan dan weer uit in die koue en ek leef nog na al die jare ….

Mypaseseun ·

Regtig nou Jeannette. Al ooit gehoor van ” ‘n Volle begrip en net ‘n halwe woord nodig.” In regte omstandighede sal jy siek word. Die viruse is daar 24/7. As die omstandighede reg is sal jy siek word. Jy stort nie en gaan kaal uit buite toe nie. Dank die Vader daarvoor. Jy kan siek word . Dit is wat sy bedoel. Voorspoed en ek hoop jy leef nog vir jare ..

Helene ·

Gaan vra bietjie rond en vind uit wat veroorsaak griep verkoue ens. Nie koue water en ysige koue nie. Die ou mense het net soos jy geglo soos byvoorbeeld moenie op die koue vloer sit nie en trek aan jou skoene ens. Almal weet nie dat kieme die oorsaak is nie.

Mypaseseun ·

Laat ek jou kennis gou opknap. Jou het ‘n netwerk van are wat jou jou liggaam warm hou . Die are bevat rooi bloedligame, plasma, witbloedligame en dit wat nodig is vir ‘n immuunstelsel om te werk. Jou immuunstelse is al daai beskerming wat jy met al jou siektes opgebou het, Elke jaar is daar ‘n nuwe virus en dit is waarom jy elke jaar siek word. Waneer jy warm is is jou hele ligaam beskerm want dit wat die virus aanval is dadelik daar. In jou warm neus reg om jou te beskerm. Waneer jou iewers koud kry gaan al jou hitte na die belangrikste deel van jou ligaam soos jou hart om dit te beskerm teen koue. Dis hoekom jou voete, hande en neus kous word. Dit beteken waneer jy ‘n virus inasem is daar nie die voldoene beskerming nie en die virus wat aan jou sluimvlies vassit vermeerder en versprei. Jy word siek en jou neus loop. Wat beteken jy asem nie meer viruse in nie en jou ligaam kry kans op die virus te beveg. Dis nie ou vrou stories nie. Daar was ‘n rede waarom jy warm moet aantrek, As die omgewing koud is is die vloer heel moontlik ook . Party mense kry heel moontlik brein-vries.

Marieta Reyneke ·

Warm water my dinges! As die tuinslang dan aan die warmwaterkraan in die kombuis gekoppel was, soos beweer word, dan is dit eintlik nog erger! Dan het hulle mos uit en uit bedoel om daardie seuntjie te martel. Wie spoel dan nou n baba af met warm water? Dit sal mos ongenadiglik brand op so koue kaal lyfie, buite in die ysige koue!

Katryn ·

En die hoof is in die hospitaal? Mmmmmm…I wonder why? Ek as ouer sou seker gemaak het die hoof lê van saal 6 tot 15 in die hospitaal. Onmenslik!!

cor ·

Ja en dan n groep foto van haar geneem het in saal 6 tot 15 ha ha

Anan ·

Mev Nel, ek sou jou aangevat het omdat jy ‘n foto van my kind op sosiale media plaas sonder my toestemming. Jy wou daardeur die ouers probeer opspoor maar die kind se pa sê self die kind kan nie herken word op die foto nie so wat is die doel dan. Nee wat jy kon op ‘n ander manier dit onder die skool en ouers se aandag gebring het. Nou veroorsaak dit weer net ‘n sensasie-aandagsoek storie.

Jeannette ·

@Anan …. noudat jy dit so noem …………… Nogal waar. nè? Mev. Nel kon seker ingegaan het in die skool in en gaan vra het wat aangaan en wie die kindjie is wat so natgespuit staan en word? Maar ek dink tog nie sy het sensasie daarmee bedoel nie; ek dink sy wou net dit wat nou daar gebeur dadelik onder die ouers – of iemand wat iets daaromtrent kon doen – se aandag gebring het.

pamela Woest ·

JS, dis duidelik dat jy nie kinders het nie. Onthou net, hierdie is nie duisende jare terug nie, hierdie is 2017 waar ons die gemak het van warm water. Die punt is, die ouers het die seuntjie in die sorg van die kleuterskool gelos, hulle het geen reg gehad om hom so te behandel nie. Dink mooi voor jy komentaar lewer waar j nie regtig kan praat nie.

CWS ·

Hierdie ouma se ….Gee Hul Gas..!!!!! Sal dit ook totaal verloor as dit met my 2 en 4 jarige kleinkinders gebeur…..!!!!! Verseker!!!! Voor God sal jul verantwoording moet doen …jul word betaal om met liefde en deernis in te staan terwyl ouers werk..!!! En ouers vertrou julle.!!!!

Ada ·

Die ouers van die betrokke seuntjie is ouers duisend!!!Ek respekteer julle!

Susan ·

Wat my erger bekommer en wit van woede laat is die vraag hoeveel keer dit al voorheen gebeur het, want die kinders word seker aangesê om niks te sê nie. Hierdie kleuterskool moet eerder toemaak. En ja, daar is mos badkamers met warm water, so hulle het nie ‘n verskoning nie. Ek stem, die persoon wat dink dit is reg dat ‘n kleuterskool jou kind afspuit, moet wakker skrik, as jy dit by jou huis doen is dit seker jou saak as jy te lui is om jou kind wat ‘n glipsie gekry het skoon in die winter wil afspuit. Dit is wreed, in die somer sal ‘n kind dit dalk geniet, maar ek was nog nooit so lui om my kids te help nie.

Jaques ·

Ai tog, en daar is my kommentaar al weer verwyder….
Kom ek se weer, dis tjol dat daar warm water gebruik is, jy kan duidelik in die voorgrond sien die tuinslang kom van die buite kraan af, en verder verseg ek om se se dat indien die rolle anders was, ‘n menskleur dame ‘n ander seuntjie, afgespuit het, was al die regerings sfere al klaar op hil gewees, en die hoof uit die hospitaal in hegtenis geneem en toegesluit.
Ons sal maar sien hoe ver die storie gevoer sal word, die rol verdeling is verkeerd om enigsins iets werklik van te kom.

cor ·

Ek glo nie dit gaan om rassime nie eerder die onaanvaarbare manier waarop die kind skoon gemaak is , terwyl daar binne huis was geriewe is, as ook swak toesighouding.

Ouma ·

Ek voel ook jammer vir die hoof as sy nie daarvan geweet het nie. Ek hoop nie kinders word op hierdie manier gepotty-train nie…… Ek verkies kleuterskole waar jy elke oomblik op ‘n kamera kan sien wat jou kind doen en hoe dit met hom /haar gaan. Daar behoort in elke kleuterskool sulke fasaliteite te wees. Ek het self jare gelede vir ‘n tyd in ‘n kleuterskool gewerk, maar het geweier om my kinders daar te los as ek moes slaap nadat ek nagskof gewerk het. Ek het gesien hoe ‘n vrou voor die ouers maak of die kind
té pragtig is, en agteraf ruk en pluk sy die kind. Die betrokke vrou het selfs kleintjies in ‘n kas gedruk as hulle “stout” was. Ek het haar eers vertel hoe skeinheilig sy is, haar by die Matrone gaan klik, en toe bedank. Sy is kombuis toe geskuif.

Maar daar was ook ‘n wonderlike vrou wat ‘n seuntjie gepotty train het wat al amper 5 was. Hy was stokstyf van vrees as hy by die potjie of toilet kom. Sy het hom met liefde en deernis en baie prys, geleer om die toilet te gebruik.. Dankie vir daardie soort vrouens wat ook daar is om kinders te versorg.

Marlene ·

Dis so hartseer dat kinders ni eens meer veilig is in kleuterskole nie. Di pa noem wel dat hul seuntjie slegs daai aand koors gehad het, maar hul moet hom asb dophou. Iemand wat koue vat, is gewoonlik 7-8 dae daarna eers werklik siek. Baie sterkte aan die ouers. Ek is bly julle sal die saak ni daar laat ni.

Marlene Stroebel ·

Dis so hartseer dat kinders ni eens meer veilig is in kleuterskole nie. Di pa noem wel dat hul seuntjie slegs daai aand koors gehad het, maar hul moet hom asb dophou. Iemand wat koue vat, is gewoonlik 7-8 dae daarna eers werklik siek. Baie sterkte aan die ouers. Ek is bly julle sal die saak ni daar laat ni.

Jeannette ·

Dit is ‘n mite dat ‘koue’ mens verkoue of griep kan gee. Dit is dieselfde in die lyn van oumense wat geglo het as jy met nat hare gaan slaap, gaan jy vrot-neus kry. Blootstelling aan koue maak jou wel ‘n bietjie meer vatbaar daarvoor, veral as jou ‘gestel af’ is – m.a.w. as jy nie goeie verdediging teen infeksies het nie of reeds blootgestel was aan die KIEM wat verkoue of griep veroorsaak. En verkoue-kieme is nie dieselfde as griep-kieme nie, al is die simptome baie dieselfde. Net so ‘n bietjie nuttelose inligting op ‘n Woensdagmiddag …..

Mads ·

Jeanette wat is jou punt eintlik? Siektes word deur kies veroorsaak. Maar dit wat die kleuterskool gedoen het is verkeerd of keer jy dit goed omdat dit volgens jou nie verkoue of griep kan veroorsaak. Ek neem aan jy is ‘n mediese dokter?? Soos jy sê “nutters inligting”

Wynand ·

as ek in daai dorp was , sou ek ALMAL wat daar werk vasbind en kaal uittrek en laat die kinders hulle afspiut !!!! dis laer as siek !!!!!

maryann ·

Anan jy weet nie waarvan jy praat nie, as dit met my kleinkinders gebeur en iemand plaas dit om ons te help dankie want hoelank gaan dit nie al aan by hierdie skool nie – nee man jy kort sielkundige hulp. Jammer vir die hoof maar sy moet weet watse tipe mense sy in haar diens het want glo my as ek daar aangekom het sou hulle almal in verskillende sale gele het in die hospitaal sonder ledemate. Ouers moet dit nie daar los nie gaan mal want jul kind moet met daardie letsel loop en dan staan en lag die werker nog vir hom ek sal sommer die ding se tande uitslaan.

Sies man ·

Maryann Jammer vir die hoof???? Dink jy rerig die werker sal so iets uit haar eie uit doen??? Sal te bang wees sy word gefire. Nee wat die hoof is bewus, gn wonder sy is siek, haar gewete ry haar en sy weet haar skooltjie se deure gaan sluit.

Charlene ·

Kan ek ook net se dat die tuinslang wat daar le aan die buitekraan gekonnekteer is, dit sal ‘n nuwe een wees as buitekrane warm water spuit!?!?!

Minki ·

Ek is nie ‘n ma nie, maar ek het wel diere en ek sal nie eers dat iemand so iets met my diere doen nie ek sal dit veloor!!! Ek bid vir die ouers deur die tyd en moet dit nie daar los nie ek en almal hier staan saam julle!!!

christa ·

Mense kan darem ‘n vuur aanblaas. Die seuntjie het niks oorgekom van bietjie water nie. Ek dink nie rassisme speel enige rol nie. Dalk was dit net ‘n persoon wat nog nie self kinders het nie en dus nie van beter geweet het nie. Los die saak in die ouers se hande, dit is hulle kind en hulle is sekerlik selfstandig genoeg om hul eie besluite te neem. Dit is presies wat gebeur met rasistiese aanmerkings. Buitestaanders blaas die meeste vlamme aan wat dan versprei.

Theresa Eduardo ·

No, no just NO! Then we wonder why people are heartless & angry!!! Shaming and torturing a child this way will just result emotional issues! Just because it’s extra work…well children are work! People are work! What is wrong with society that so much harm is befalling children instead of them being loved & protected?! I should know…often called in as a psychologist to fix things after the damage has been done! Makes me so very angry!!!!!!

Dovaz ·

Ek is baie trots op daai pa wat so vaste standpunt inneem en om vir sy kind te veg!! . Mooi so pappa!! God het jou/julle daai kind/s geleen!!! Veg vir hulle!!! Sterkte! NS: HOU ONS ASB OP HOOGTE!!

Jone ·

Geen genade vir die hoof of personeel van daai skool nie. Al was dit opdrag van iemand om kind af te spuit, kon die betrokke vrou vir haarself dink. Die pa moet ‘n saak van kindermishabdeling en aanranding teen die betrokke vrou maak.

Marinda Bakkes ·

Ek is so bly dit het op sosiale media verskyn, ons is ver van Rustenburg. Maar almal moet weet van hier tot in Kairo, mens steek nie so iets weg nie. Dankie Mev. Nel en ek’s bly die ouers gaan stappe neem ek sou ook heeltemal kop verloor het as dit met my vierjarige gebeur het. En ek gaan aanhou share… Baie bly die seuntjie is okay en op daardie ouderdom sal hy nie jok oor die koue water nie.

Johan Fourie ·

Die OUERS NEEM die regte stappe kan sien die pa is n groot mens.Dis die stilte voor die storem.Sterkte aan julle.

Chris ·

Ag is dit nou so erg. Die land brand maar almal het die stuipe oor ‘n kind wat homself bevuil het en met ‘n tuinslang afgespoel word. Rêrig mense. Ek sal dit ook gedoen het. Ek sal nie naby die outjie gewaag het nie, ek sou hom ook afgespuit het. Dit is ongelukkig ons probleem in die land. Daar is te veel goed waaroor gekerm word wat beuselagtig is. Vandag se kinders word opgepiep.

Dovaz ·

Chris Wat Kan jy of iemand van ons teen a brandende land doen? Stupid genoeg wees om elk a tuinslang daarvoor te gebruik. Niemand!! Jy is beslis nie a ouer nie of miskien en los jou kinders in ander se genade. M.a.w. Jy worry oor a land i.p.v. a kind wat se lewe voor hom le in a verbrande land of nie. Siestog arme jy!

LB S ·

Warm water in die tuinslang? Hoe weet hulle hoe warm word daardie water??? Dit hitte sal mos nie dieselfde bly nie! So, dit was i.e.g. ‘n liegstorie.

DG ·

Ek stem saam Chris, so what as die kind afgespuit is??? Moet dit werklik koerant maak. As die ouers nie daarvan hou nie vat die kind uit die skool, moenie die res van ons vermoei met sulke snert nie asb.

Petrus ·

Jy lees darem lekker aan die snert, en lees
tot die komentare.

Henk ·

Dankie JS, Chris, DG, bly om te sien ek’s nie die enigste ou wat dink ‘n afwas met ‘n tuinslag is nie so erg nie. As hulle die mannetjie met ‘n pressure washer afgespuit het was dit ‘n ander saak, maar ek dink hy was net te bly om van die vuil ontslae te wees.

Chris ·

Amanda ek stem saam met jou. Wie maak die kindertjies vandag groot.? Ander mense. Dit is hoekom daar ook nie dissipline en respek onder die kinders is nie. Dit is ‘n skande en ‘ tragedie.

Julia Tilleard ·

Hoekom moes hulle al sy klere uittrek as dit net sy broek was wat bevuil is maak nie sin nie

Vra maar net ·

soos ek verstaan het die kind maag spoelings gehad so dan kan sy hempie dalk ook vol gewees het as die hempie ins sy broekie gesteek was

Ant ·

Is dit net ek of lyk daai tuinslang in die foto gekoppel aan die kraan daar buite? Dit kan tog seer sekerlik nie warm water wees en/of gekoppel aan die kombuis wees van daar af nie!?! In iedergeval doen mens dit nie met ‘n kind nie. Wat leer dit van menseverhoudinge vir die kind? Skandelik! Sterkte aan die familie…

Vra maar net ·

Ant jy is reg dat hy gekoppel is aan die kraan maar volg daai tuinslang dan sal jy sien daai tuinslang is nie naby die vrou of die kind hy loop langs die muur ver verby die vrou en die kind.

Sies man ·

Ek spuit nie eens my honde met die tuinslang as ek hulle skoon maak nie. En ek twyfel dat die helper uit haar eie opgetree het. Daai hoof was moerrig omdat die kind sy broek vuil gemaak het. Nou is sy kamstig in hosp vir iets anders. My gesondheid sal ook n dip vang as my skandes moet uitkom….

Dina ·

Dieselfde het met my kind gebeur by n kleuterskool op Ontdekkersweg. Die eienaar het 3 kleuterskole wat sy aan onbekwame “hoofde” toevertrou (een is vroeg in die twintigs… geen ervaring). Toe ek dit onder haar aandag bring, word daar net gesê “bring die bewyse”. Sy maak duisende rande, klasse is oooooorvol. Ek het my kind verwyder, maar voel sleg oor al die ander wat agterbly.

Vanessa ·

Moet hierdie saak nie ipv om die Hoof in die hande te kry (wat tyd mors)nie eerder by die Polisie as kinder mishandeling aangemeld word en dit deeglik ondersoek word nie?

Elizabeth ·

Wil net se, wou nie kind voor ander kinders verneerder nie, maar doen dit tog so, dat dit sigbaar is van n pad waar talle mense met hulle motor verby ry. Is dit nie n groter vernedering nie? Wonder maar net, Sou eerder se dat binne in kleedkamers dit baie minder aandag en vernedering sou gewees het. Dus nie n verskoning nie

tas ·

Dit is onaanvaarbaar
As iemand in straat hoor hoe hy huil .Dan moes iemand binne dit ook gehoor het.Of is dit n normale taak wat toe gepas word as kind hulle broekies bevuil.Kids maak hulle broekies nat of vuil.Hoe kan gese word hulle wil kind nie verneder om in badkamer skoon te maak nie ??Regtig Ek werk al 26 jaar met En net soos ek my kind met my lewe sal beskerm en versorg so sal ek elke kindtjie versorg.Maar om n kind so te verneder is die laagste laag.Ja mense kan se hulle was op n plaas of waar ook al af gespuit dit maak dit nie reg nie dit was n kind en n klein seuntjie wat naak uit getrek was vir die wereld om te aan skou en kyk mooi op foto daai pyp is gekoppel op buite kraan en nie binne kraan nie wat n pyp kan net op n koue of warm kraan gekoppel wees.Maar mens kan lieg en jou self vas lieg.En hoe meer skool ontduik om antwoorde te gee hoe meer maak hulle hulle skuld .WIE GEE OP DRAGTE OM N KIND KAAL UIT TE TREK EN BUITE IN KOU AF TE SPUIT JY KAN NIE N KINDERLIEFHEPPER WEES EN DIT DOEN NIE EN DAN NOG IN AAN SKOU VAN MENSE WAT KIND STAAN EN BEKYK HOU HY AF GESPUIT WORD NIE .HOOP JOU GEWETE KRY NOU IN DROOM LAND

tas ·

Nee is nie dramatjie nie ouera betaal dat hulle kinders versorg word en nie mishandel word nie

Shant ·

I dont care if its seen as op gepiep or whatever, no one will ever humilate my child by hosing him down like an animal…at a school nogal?! The school has the facilities to clean up properly if, heaven forbid, a child has an accident. But to strip that child of his humanity by hosing him down? No ways…

Hannes ·

Dit is swak!!! En dan is daar nog ń man wat staan en lag .Gee nie om wat die ysbere se verslag is nie .Hierdie soort mense hoort nie in ń kindersorgsentrum nie ons betaal baie geld vir opgeleide mense om ons kinders te versorg DIT IS RASISTIES As dit ń blanke dame en ñ kind was sou die dame opgesluit gewees het vir kindermishandeling Hello ons lewe in 2017 en nie meer in 1900 nie

Mari ·

Baie bly dat die saak nie daar gelos word nie. Mammas en pappas skrik wakker want dit gebeur daagliks dat kindertjies sleg behandel word. Daar moet n wet gemaak raak dat daar kamaras orals opgesit moet wees by sulke skooltjies. Kindertjies kannie vir hulself opstaan nie, hul hulpeloos teen die oppassers.

Kaalvoetkind * ·

wens ek kon weet waar is die skool wand my 3jarige is ok in rtb in ‘n kleuterskool???

Alet ·

Wat Ek graag wil weet, hoekom is dit nie TV nuus waardig nie, maar as dit nou andersom was, was dit al halfpad hof toe vir rasissme en diskremenasie!!!!!! Hierdie maak my siek!!!!!!! Die ouers moet sommer vir carte blanche inbring. Die pa klink darem nie asof hy maklik gaan opgee nie.

vra maar net ·

ek sien die vrou daarstaan dit lyk of sy n deur oopmaak ek sien nie water loop of ek sien nie dat sy die kind afspuit nie ek sien die kind daar staan. so hoe sien julle almal dat sy die kind afspuit?

Annelize ·

Want die vrou wat die foto geneem het het dit GESIEN gebeur.

Vra maar net ·

ok nou hoekom het sy nie n foto gevat toe dit gebeur het nie dan kon ons almal dit mos gesien hoekom gewag tot die vrou klaar was en toe n foto gevat

Vra maar net ·

En nog n ding 12.45 nm in Rustenburg is dit nogal warm winter of somer daai plek bak. En as jy mooi na die tuinslang kyk van waar die kraan is loop daai tuinslang verby die die muur dit ek sien nie dat die vrou die tuinslang in haar hand het nie.

Annelize ·

Was jy Maandag 12:45nm hier in Rustenburg? Ja, die plek bak gewoonlik uit, maar glo my, Maandag was flippen koud. Ek bly al 38 jaar hier. En waar daardie skool gelee is, is dit flippen koud!

Audrey Bierman ·

Jy hoef nie Gerrie Nel te wees om te sien die kleuterskool lieg nie. Selfs ek (wat blond is) kan duidelik op die foto sien by watter kraan die tuinslang gekoppel is, dis tog deel van die foto. Duh.

BRIESEND ·

Glo my – ek ken die skool en hulle kamstige bekwame personeel. Die wiel draai – en nou het hy gedraai vir hulle

A. Z. ·

@mypaseseun, jammer maar ek kan nie saam met jou stem nie. Ek hoor wat jy se maar daar is ‘n hemelse verskil tussen die kleuterskool geval en die persone wat nie warm water, kos of ‘n dakoor hul koppe het nie (my hart gaan uit na hulle) maar ek voel die ouers betaal ten duurste en die skool het die vasilieteite en om dit buite in die openbaar te doen is onaanvaarbaar. kry jou proriteite reg as jy wil oordeel ek sou lankal my self verloor het as dit een van my kinders was. DIT IS ONAANVAARBAAR.

Mypaseseun ·

My prioriteite is 100% reg. Wat jy sê is dat as jy geld het het jy meer regte as die wat nie geld het nie. Nice. Waar kry jy daai hart wat uitgaan na ander. Jy moet ook gaan naslaan wat oordeel beteken. Jy sal sien dit wat jy nou gedoen het was oordeel. Dit net omdat my sonde anders is as jou sonde .. Dit sal ek sê is onvaarbaar.

Teresa ·

Ek gee nie om of dit warm of koud was nie, die skool het VERKEERD opgetree en hulle moet verantwoordlik gehou word daarvoor.

Vra maar net ·

wat het hulle verkeerd gedoen ek sien niks verkeerd met die foto nie net m kind wat kaal staan by n vrou wat n deur oop maak

Teresa ·

Vra maar net, hou op net na die foto kyk en lees die berig!

Annelize ·

Ja, Vra maar net, dalk moet jy maar net lees, dan sal jy nie maar net sulke oningeligte opinies lewer nie.

Perspektief ·

Ek is seker die kind was maar siek, ek persoonlik sien nie fout om die kind eers af te spoel/spuit …al is dit met koue water (dis darm nou nie so erg nie), net om die ergste skoon te maak (en dit te doen met “compassion”). Dit moet sekerlik opgevolg word met n warmer lap of water etc…wat my wel bekommer is dat die ma die kind buite met net n handoek gekry het. Was daar nie eers n kombersie of so, meskien n siekeboeg…n klam 4 jarige, in die koue met n nat handoek…sjoe, dis selfs te erg vir n boerseun –

Amanda ·

Perspektief….jy hoort in die regering….enigste normale kommentaar met ‘common sense’ DANKIE

BRIESEND ·

Wil enige een van julle , julle kinders kaal sien staan in die publiek ? Jy spuit nie ‘n kind af met koue water in die winter nie – en buiten dit – die kind staan kaal vir die hele wereld om te sien! Dis vernederend en verkleinerend!Die area waar die skool is – daar stop busse, taxi’s daar. Daar is mense wat daar verbyloop, verby ry! Dis onaanvaarbaar veral in die tye waarin ons leef!

Vra maar net ·

Kinders op daai ouderdom wees nog nie eers wat dit is om verkleineer te word nie hulle sal kaal in die somer in die publiek hardloop en speel vir hulle is dit vryheid hulle is nog geworried oor mense en wat mense van hulle se nie. Dit is ons as ouers wat ons kinders leer dit is lelik anders sal hulle seker tot hulle groot is dit doen hulle geniet dit om kaal te speel in water ek weet my kind geniet hom gate uit as ek die spruier aansit en hy kan deur die water hardloop my kinders swem nog die tyd van die jaar

ongemaklik ·

Mypase seun . jy is n pyn !!! die artikel se dat die seun glo gespiut is. n foto lieg nie, en die kind het self aan sy pa gese dat die water koud was… iut die mond van die siugeling sal jy die waarheid hoor. wat gedoen is verkeerd en klaar. Hulle sal eendag rekenskap gee. die woord se laat die kinderjies na My toe kom. En as jy van die te nakom kom jy My te na.

Nel ·

ongemaklik dit gee my ‘n pyn wanneer iemand die ‘Woord’ so blatant buite konteks aanhaal/misbruik!! Gaan lees weer en die keer met meer insig.

Mypaseseun ·

Die is maar net nog ‘n onbenullige storie. Julle staar julle blind teen die werklike verwaarlosing van kinders. Die kind het niks oorgekom nie. Veel erger dinge gebeur daar buite met kinders soos verkragting en molisteering. Dit is kindermishandeling . Nie die afwas van ‘n kind tot hanteerbare vorm. Hou op om mekaar te herhaal. Dis nou al afgrsaag.

Anna bonthuys ·

Ek het my kinders ook afgespuit as hul n erge glips gehad het, maar defnitief nie in die winter nie…dis onmenslik

Karen van Zyl ·

Dit is kinder mishandeling op een maar vele van sy beste, tronk toe dankie.!

Neilia ·

Laat ek net gou van die mense reg help. DIT IS N 3 JARIGE 3 LET WEL! NIE N GROOT MAN IN DIE WEERMAG NIE ! EK PROBEER DIE 3 JARIGE NA EK HET IN DIE WEERMAG IN KOUE WATER GESTORT UITFIGURE. Is dit net ek of kan sommige nie die verskil agter kom ? En as jy dan op n plaas groot geword het waar jy onder n hose gebad het dan dit net jou ouers se eie skuld. Maar doen dit asb met julle kleintjies en stuur fotos ons wil graag sien. Julle monde groot maar ek waarborg as dit julle kinders was dan was daar lankal oorlog. Mos maklik om op n blad julle bravade te wys .Ons was mos in die army.

Annelize ·

Dis nes jy daar se Neilia. Maar ons was mos in die army, waar ons ‘n geelslang as belt gebruik het, en ons sterte met turksvy blare afgevee het. Daar is ‘n hengse verskil tussen ‘n harde baard in die army, en ‘n 3jarige, wat volgens my maar eintlik nog baba is. Mense kan darem maar simpel redeneer as hulle die dag lus het….

Lea ·

Ja stem Neilia. One kan bly wees dit was n kind van ligte gelaat, anders get Rustenburg al lankal gebrand, wonder net hoekom hoor mens nie op een enkele radio of TV nuus uitsending v d geval nie. Waar is RSG, klankkoerant,Jacanews en dan praat ek nie v d Engelse nuus nie. Ek luister na elke nuus uitsending en draai elke uur na n ander stasie,en het tot op hede niks gehoor nie, Afrikaans EN Engels.

Mypaseseun ·

As jy weer die moeite doen om te lees maak seker jy verstaan waar dinge begin voor jy jou opinie lewer. Maak ook seker jy verwerk dit tot op daai punt dat alles vir jou duidelik is want een ding volg op ‘n ander. Niemand maar niemad het gepraat van weermag tot die uitdaging geplaas was. Jy versaan dit nê. My voorsate is in die prentjie gebring en daarop het ek gereageer.. Jy verstaan dit ook nê . Jy sal ook sien ek sê die afspuit is nie so erg soos kindermolisteering en aanranding nie . Jy het dit ook hopelik.

Eulize ·

asb wou hom die verneerdering spaar om nie voor sy maatjies skoon gemaak te word nie?? regtig is sy so slim om so iets te sê. ek sal seker maak daai skool se deure word toe gemaak. die is nou maar net een voorval wat mense gesien het. wat anders gebeur nog daar!!!! wat anders doen hulle nog met die kinders. mens vertrou jou kinders in hul hande en kyk wat doen hulle. hulle het meer skade aan daai kind gedoen as wat dit sou doen om hom in ‘n badkamer skoon aan te trek toe sy mamma die klere gebring het. hulle kon net nog ‘n paar min gewag het. of ietsie van ‘n maatjie aangetrek het. dan ook by gesê hoekom het hy die oeps gehad? word die kinders dan nie gereeled gevat om badkamer toe te gaan nie? dis ‘n 3jarige is maar nog kind dis ‘n klein seuntjie.

Anika ·

Dit is duidelik wat hier gebeur het. Die oppasser was te vies om haar hande vuil te smeer om die ou kleintjie skoon te maak en het eerder verkies om hom in die bitter koue met ‘n tuinslang af te spuit. Sies vir jou …..

Cherokee ·

‘n 3 Jarige seuntjie is ernstig op pad om die Spur te opponeer met massa-pos. Soos julle aangaan is dit besig om die Spur-veldtog in te haal.

Gelukkige Gawie ·

Niks is meer gesond en vervrissende as ‘n heerlike koue stort of ‘n LEKKER swem in ‘n yskoue berg rivier. Weet julle mammies hoe ONGESOND warm (en onnatuurlike) Geyser water vir ‘n persoon is?

Nico ·

Die wat se hulle sien nie fout daarmee nie moet kom op n koue dag dan spuit ek jou met koue water af terwyl jy kaal is jy gaan nie eers iets kan doen nie want jy vries van die koue water

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.