PA rig waarskuwing aan ANC; kap na Malema

Marlon Daniels en Gayton McKenzie by die perskonferensie (Foto: Raahil Sain)

Die Patriotic Alliance (PA) het die ANC gewaarsku dat hy hom aan die koalisie-regering in Ekurhuleni sal onttrek indien die party nié Marlon Daniels as dié party se keuse vir adjunk-burgemeester gaan steun nie.

Gayton McKenzie, die PA se leier, het dié dreigement Woensdag by ʼn perskonferensie aan die ANC gerig waar Daniels as die nuwe burgemeesterskomiteelid vir paaie en vervoer aan die media voorgestel is.

McKenzie het gesê as Daniels nié die adjunk-burgemeesterposisie kry nie, sal die PA ook getrou bly aan die Nelson Mandelabaai-koalisie wat deur die DA gelei word. Volgens hom gaan dit nie soseer oor posisies nie, maar oor dienslewering.

“Binne vyf minute [nadat ʼn adjunk-burgemeester anders as Daniels aangewys is] sal ons ons onttrek aan die Ekurhuleni-koalisie. As jy ons vriend wil wees, wees dan ons vriend, maar moenie saam met ons politieke vyande werk om ons kanse te verpletter dat ʼn PA-leier die adjunk-burgemeester kan word nie,” het hy gesê.

“As dit gebeur [dat Daniels nié die posisie kry nie] sal ons ook ophou om vir hulle [die ANC] te stem in Gauteng, Kaapstad en die Vrystaat.”

Athol Trollip, DA-burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro, was nie teenwoordig by die perskonferensie nie. McKenzie het egter sy afwesigheid verdedig deur te sê die perskonferensie is deur die PA gereël, hoewel amptelike kentekens van die Nelson Mandelabaai-metro gebruik is.

“Ons het nie die burgemeester hier [by die konferensie] nodig nie,” het McKenzie gesê. “Daar is dringender kwessies waaraan hy aandag moet gee.”

McKenzie het hom daartoe verbind om die Nelson Mandelabaai-koalisie tot en met 2021 te steun. Hy het gesê hy respekteer Trollip.

Hy het verskeie kere na Julius Malema, EFF-leier, gekap: “Wie dink Malema is hy? Hy is ʼn klein seuntjie. Net omdat hy ou mense soos Zuma jaag, dink hy dat hy ons ook kan jaag. Nié hier nie – dit eindig hier. Malema sê hy regeer die land. Watter land? Hy kan nie Trollip uit sy amp verwyder nie, hoe reageer jy dan die land?”

Die PA-leier het gesê hy wil dit duidelik stel dat dié party nié keuses sal maak op grond van ras nie en dat hy ook nié versoeke sal steun om Trollip uit sy amp te verwyder “bloot omdat hy wit is nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

spyker ·

dankie grayton mc kenzie. so n bek moet jêm kry. nes die khoisan mense wat sê malema moet (voetsek) terug ethiopia toe waar hy hoort! goed so aan die manne.

wdp ·

So die Eff het gedink hy is die stert wat die ANC hond swaai maar nou is dit die PA wat die stert se spiere is Hoe kleiner die Party hoe meer sê het hy, ha ha

Rondslaap ·

Maar hoe kan enige party met n gewete nog sy mense aanmoedig om vir die korrupte ANC in enige deel van die land te stem? Dit is maar net n los politieke rondgeslapery lyk dit my, hulle val sommer saam enigiemand in waar hulle n politieke werk kan kry en gee zero om vir hulle ondersteuners.

Oom Kalahari ·

Mnr Grayton Mckenzie, ons het meer mense nodig van jou kaliber wat opstaan vir geregtigheid en regverdigheid en jou sienininge ondersteun. Te veel word aan die neus rond geleideur Julius Malame wat net verwoes en opstook en pleks van opbou. Grayton vir jou kan mens respek he wat nie terugstaan en daai kapokhaantjie aanvat . Hy gaan nog met die Zulu koning en sy mense ook krap wat groot ongemak gaan bring. As jy se Marlon Daniels is geskik, stel hom aan sodat hy kan bewys wat in hom steek. Jy is korrek met jou ondersteuning in Trollip wat alreeds baie vir NMB beteken het sedert hy oorgeneem het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.