Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, sê Kobus Skeen, sy vrou en drie kinders het Sondagaand van die kerk af teruggekeer toe die ongeluk gebeur het. Die gesin woon op die plaas Lekkerhoek buite die dorp.
Otto sê Skeen het glo goed uit die motor gelaai en nie gesien dat sy dogtertjie Anzel, ‘n jaar en sewe maande oud, intussen ook uit die motor geklim het nie. Volgens Otto het Skeen toe terug in die motor geklim en agteruit gery om dit te parkeer toe hy oor Anzel gery het.
Otto sê paramedici van ER24 is ontbied en het Anzel na die Lydenburg-hospitaal geneem. Sy is met haar aankoms dood verklaar. Otto sê die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.
Die familie het versoek om nie met die media in die moeilike tyd te praat nie.
Ai tog, die Seerste-seer wat enige mens kan oorkom. Sterkte vir julle in hierdie moeilike tyd.
Ek dink dis die grootste ergste eina wat jou as ourer kan oorkom!!!! Baie baie baie sterkte!!!
Dra asseblief die gesin op in gebed, hulle gaan dit so nodig kry. ‘n Ouer verwerk nooit die verlies van ‘n kind nie. Baie sterkte.
Al wat ons kan doen is om vir die gesin te bid. Hulle gaan ons gebede BAIE NODIG hê.
Kan nie myself in dink nie. Sterkte aan die gesin dis n groot verlies
Wat ‘n geweldige skok om te lees van klein Anzel. Ken die mense baie goed. Was ‘n laatlammetjie. Baie diep Christene. My hart bloei absoluut vir hulle!
My hart nou so seer ek is so jammer………………….
Ek hoop mense “vergeet” nie met tyd van hierdie mense nie. Mense gaan aan met hul lewens en ja, ongelukkig vergeet mens bietjie en met tyd het hierdie arme mense meer en meer bystand nodig. ASB mense, moenie van hulle vergeet nie. Die lewe gaan aan en hulle moet elke dag aangaan met die seer in hulle. Tyd genees NIE, dit raak effens sagter maar dit genees NOOIT die verlies van ‘n kind nie. Staan hulle by!
Hemelse Vader U alleen ken die stukkende harte. Ek bid vir kalmte, vrede en rustigheid v die gesin. Droog U asb hulle trane af Here en gee in Jesus Naam dat ons as mens nie sal oordeel nie, maar dat ons deur gebed ook hande sal vat en hulle omvou met liefde en ondersteuning. In Jesus Naam.
Bid vir julle!! Dit het al gebeur – kom in aanraking met daai ouers dit sal julle hopelik biekie help! Mag Die Genade van God julle omvou!!!
sterkte en jammer vir dit wat gebeur het met u.
die here sal u wel vergewe al vergewe die mens nooit regtig nie.
wees sterk en vol moed.
Ai man sterkte vir die gesin- pappa wat sy kind dood ry…..Ek kan net vir jul bid en Jesus vra om jul vas te hou. Mamma en Pappa dis nou die tyd om aan God te GLO en HOM te vertrou…..HY weet hoekom HY haar kom haal het. Sy is by Liewe Jesus. GOD sal elke traan vir jul opdroog….