Pa se gesondheidstryd het gesin raadop

Selma Visagé se ouers in die hospitaal. (Foto: Verskaf)

ʼn Gesin van Wonderboom in Pretoria is raadop nadat ʼn bakteriële infeksie reeds een van hul pa se bene geëis het en die gevaar nou bestaan dat sy ander been ook geamputeer moet word.

Paul Visagé (74) se linkerbeen is vroeër tot by sy knie geamputeer aangesien hy nie aan ʼn mediese fonds behoort nie en dié been nie in ʼn staatshospitaal gered kon word nie. Dié infeksie versprei egter vinnig en dié been is vandeesweek tot op die heup geamputeer.

Nou is Paul se dogter, Selma Visagé, rasend van bekommernis aangesien die moontlikheid bestaan dat sy regterbeen ook op ʼn latere stadium geamputeer sal moet word indien hy nie die regte mediese sorg ontvang nie.

“Hy het soveel pyn. Hy huil soos ʼn baba en daar is niks wat ons vir hom kan doen nie,” het Selma aan Maroela Media gesê.

Selma vertel die nagmerrie het begin toe haar pa, ʼn diabeet, ʼn doodgewone ingroei-toonnael gekry het.

Paul het aanvanklik niks daarvan gedink nie maar het uiteindelik in Augustus verlede jaar in Steve Biko-hospitaal beland nadat hy ʼn bakteriële infeksie opgedoen het. Die infeksie was aanvanklik net in sy voet maar het vinnig tot by sy knie versprei. “Dit het oornag gebeur,” verduidelik Selma.

Dié been is gevolglik tot by die knie geamputeer waarna dit maande lank goed gegaan het. Dié infeksie het egter drie weke gelede weer kop uitgesteek, maar dokters by Steve Biko kon aanvanklik niks fout vind nie.

Paul Visagé in die hospitaal.

Paul moes weereens wag en is ook selfs ’n paar keer huis toe gestuur sonder om mediese behandeling te ontvang.

Selma het noodgedwonge die geld bymekaargeskraap om haar pa by ʼn spesialis in Rustenburg te kry waar die been vandeesweek tot op die heup geamputeer is.

Paul het verlede jaar 98 kg geweeg voor die eerste amputasie en weeg nou ʼn skrale 73 kg.

“Dit is moeilik om te sê of die amputasies verhoed kon word. Daar is baie faktore wat ’n rol kon speel. Dit is nie ʼn ongewone ding om te gebeur as die nasorg nie gedoen word nie,” het Selma verduidelik.

Een ding is wel seker en dit is dat Paul se familie spartel om die regte mediese sorg vir hom te kry sonder ʼn mediese fonds. “My ma kry baie swaar. Hulle is al 45 jaar getroud en sy is 70 jaar oud. Sy kyk na hom en sy is self nie gesond nie.”

Selma vertel dat die verantwoordelikheid op haar skouers rus om alles moontlik te doen om haar bejaarde ouers te help.

“Dit is maar moeilik. Ons weet nie op die stadium wat gaan gebeur met die ander been nie. Ons hoop dat hy die regte mediese sorg kan kry sodat dit nie na sy ander been versprei nie – dat ons hom net kan help om weer ʼn bietjie onafhanklik te wees.”

Besoek Selma se Facebookblad om ʼn bydrae tot Paul se mediese koste te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Elna ·

Al wat ek kan se is baie baie baie sterkte Selma ek weet waardeur jy gaan my man het soort gelyke deur gegaan en albei sy bene is bokant die kniee geamputeer dis HEL! Vra my . Ons het alles verloor my man het tot sy werk verloor. Baie baie sterkte aan albei jou ouers en ons bid jou pa n spoedige herstel toe. Mag julle spoedig tot finansiële hulp kom want dit kos BAIE geld. Sterkte vir almal van julle en vir almal wat deur so iets gaan.

Anon ·

Ek weet wie die dame is na wie se pa hier verwys word en het fotos gesien. Ek wens die foto kon aan die publiek beskikbaar gestel word sodat hulle die omvang van Steve Biko se UITERS nalatige hantering van die amputasie kan begryp. Dit sou gaaf wees as ondersoek ingestel kon word want in my lewe het ek nooit gedink ek sal ‘n been sien waarvan die murg sigbaar is nie. Hoe dit toegelaat word sal geen mens verstaan nie. Hierdie afskuwelike onmenslike behandeling van pasiënte moet blootgestel word!

Iemand ·

Diabete is baie vatbaar vir infeksies, veral aan hulle voete. Dis nie die hospitaal se skuld nie. Dit is die sameloop van baie slegte onstandighede. Diabetes, ingroei toonnael, tyd in hospitaal. Hositale (wereldwyd) het antibiotika resostente bakteriee binne. Dis byna onmoontlio om hul te verwyder, hul is immuun teen skoonmaakmiddels. Diabete, pas julself mooi op. Daarbis nie iets soos n “doodgewone” ingroei toonael as jy n diabeet is nie.

Elsabie ·

Ai my omie, ek hoop jy word gou gesond en dat die drs jou kan help. Ek dra jou op in gebed! Sterkte aan almal.

Andrea ·

Daar is n antibiotika wat in Frankryk vervaardig word wat blykbaar uitstekend op daardie hardnekkige bakteriële infeksies werk. Nog nie geredelik in SA beskikbaar nie. Probeer by n dokter uitvind daaroor? Dit het n vriend se been gered nadat hy vir 18 maande in hospitaal was.

DIABEET ·

As jy n diabeet is, bly uit n staatshospitaal. Want jy kom dood daaruit.
Weet nie of hul aspris is en of die wonderlike ANC nie opgeleide mense het en of hul nie die regte medikasie het nie. Ek vrees vir die dag wat ek op pensioen is. Hopelik bestaan mediese fondse nog en hopelik kan ek dit nog bekostig

Net ek ·

My pa ia n diabeet en n pasient by Steve Biko. Ek kan net met lof praat. Prof by diabetiese kliniek is n man met n hart. Hy het ons 100% bygestaan met my pa, se amputasie. Hom uit dood terug gebring. Hy het ons sy sel nommer gegee vir nood. Hom ewig dankbaar. Probleem le in swak sorg in sale ” because they are not in the mood” Jy sien hoe n persoon wegkwyn omdat hy volgens personeel aansit. Pasiente sterf omdat hulle lastig is want personeel met sosialiseer en kwetter. Dan kry jy n suster met n goue hart en trots wat min is. In Steve Biko se jy dankie asseblief en prys kla nooit. As jy kla vra liewer n vraag en se jy verstaan nie en het haar hulp nodig dan vorder jy. Sterkte aan die familie

humor ·

My hart gaan na julle uit. Om sonder finansie te wees is baie baie sleg. Die mens wat met die stigting van n fonds kan help doen dit groot asseblief

Dries ·

Sjoe wat n traumatiese ervaring!
Wat volg, het (eintlik) te doen met kankerlyers. Maar dit maak soveel (mediese sin) om suurstof by selle/weefsel/organe te kry. N eenvoudige ‘formule’ van 2% laevet maaskaas en Vlassaadolie (flax seed oil), doen di ding. Google ‘Budwig Centre’ vir detail. Baie sterkte vir julle almal. Groetnis

Iemand ·

Dries watse nonsens! Wat moet hy met die maaskaas konkosie doen? Dit eet? Of smeer op sy wond? Jy klink vir my na n kwaksalwer

Cindy ·

Baie sterkte vir julle almal. Dis nie lekker om ‘n geliefde so te sien nie. My pa is laas jaar op 73 jarige ouderdom oorlede 3 dae na sy 2de amputasie in Steve Biko. Hy het ‘n bloedklont deur sy longe gehad wat sy dood veroorsaak het. Ek hoop, bid en glo julle sal hulp kry, en nie deur dieselfde hartseer gaan nie

Besorgd ·

Ek beveel Colloidal Silver, 18ppm aan beskikbaar by apteke. Dis n natuurlik antibiotika en beveg als! Wonderlik met infeksies ens, soek gerus meer inligting op die internet. My skoonma het Guillaine Barre Sindroom en is al wat tot haar superbugs beveg het en dis al wat ek ook gebruik! Hospitale is volop van hul, tot privaat!! Goed vir plante, mens en diere. Baie sterkte vir jul

Wilma ·

Dit is wat die ANC belowe het met gratis medies. Maar hul het nagelaat om te se dat dai gratis beteken ons voel.nix vi siekes. Onnosel massas stem steeds vi dai gratis medies.

Viv ·

Ongelukkig die gevolge van korrupte staatsdiens en regering, en die vertrek van goed gekwalifiseerde dokters uit die staatsdiens. Diegene wat die spesialis laasweek so gekritiseer het, dink mooi. Hierdie is die voorland van almal vir mediese dienste, behalwe die paar baie gelukkige rykes wat oorsee sal kan reis vir ordentlike sorg.
Maar hou maar aan hardwerkende dokters kritiseer.

Sterkte aan die pasient en familie.

Anoniem ·

Dieetkundiges behoort ‘n baie groter rol in elkeen se lewe te speel van jongtyd af – hulle rol is belangriker as geneeshere s’n en as jy na die definisie van hierdie twee woorde gaan kyk sal jy verstaan. Meeste chroniese siektes is te wyte aan verkeerde dieet – verander jou dieet en jou gesondheid sal dramaties verbeter. Ek wil nie argumente hier begin nie maar navorsing het bewys dat die Omie goed sal doen deur vleis en melk en geprosesseerde kosse te verminder en meer plantaardige kosse in sy dieet in te bring – sterkte!

Viv ·

En met die kommentaar ignoreer jy ongelukkig die rol wat genetika speel in siektes soos diabetes. Weet jy of die pasient tipe I of II is? Nie? Maar jy raai sommer aan hy moet sy dieet aanpas? Die arme man het n lewensbedreigende infeksie – dieet gaan geen jota verskil maak daaraan op die oomblik nie. Maar miskien kan die baie belangrike dieetkundiges inspring, die pasient se chirurgie en infeksie beheer en sommer vir die dokters als leer wat hulle nie weet nie.

hercu ·

sterkte aan die oom en familie!

ek moes 17 ure in ‘n stoel sit en wag vir ‘n opname bed, terwyl buitelanders gehelp is, ek het gelukkig wit pigmente!

Steve Biko sien my nie weer nie, hulle voel vere, selfs die hoogs opgeleide proffesore!

Wysneus ·

Ek stem saam met Anoniem. Ek het 100% van ‘n auto-immuun siekte herstel deur ‘n ‘plant based’ dieet te volg. Dit het 2 jaar geneem, maar als die moeite werd.
So Viv moenie so gou vir Anoniem aanvat nie. Neem kosse wat bydra tot inflammasie binne die liggaam uit ‘n diabeet se dieet en ‘n kans om beter herstel kan volg.
Sterkte aan die oom en sy familie.

Susan Nel ·

Selma ek bestraf die pyn, bakteriële infeksie in die Naam van Jesus in jou pa se liggaam en spreek genesing van kop tot tone. Ek maak hom toe onder die bloed van Christus en gee God al die Lof en Eer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.