Pa, seun (11) in maag geskiet

(Argieffoto: Unsplash)

’n Oos-Kaapse pa en sy 11-jarige seun is vroeër die naweek by hul huis in Kirkwood albei in die maag geskiet en beroof.

Hul aanvallers was glo in polisie-uniform geklee.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê voorlopige inligting dui daarop dat die pa en seun gelê en slaap het toe hulle Saterdag omstreeks 02:45 ’n klop aan hul deur in die Madikeni-nedersetting in Dunbrody gehoor het.

Die 71-jarige pa het opgestaan om ondersoek in te stel en is glo deur ’n persoon van buite aangesê om die deur oop te maak omdat dit kwansuis die polisie is.

Die man het die deur oopgemaak en is deur vier mans oorval en ’n vrou wat ʼn vuurwapen op hom gerig het. Die man se hande is vasgebind en hy is in die maag geskiet voordat die aanvallers items uit die huis gesteel het.

Die man se seun is ook gedurende die voorval in die maag geskiet. Naidu sê die polisie ondersoek nog die omstandighede van dié skietery.

Die pa en seun is albei ná die voorval hospitaal toe geneem vir mediese behandeling terwyl die verdagtes in ’n wit Volkswagen Polo op die vlug geslaan het.

Die motor is later by ’n huis in Kwadwesi gevind. Niemand is al in hegtenis geneem in verband met die aanval op die pa en seun nie.

Die polisie ondersoek tans twee aanklagte van poging tot moord en huisroof.

Enigiemand met inligting rakende die voorval word versoek om kapt. Freddie Moss van die polisiestasie in Kirkwood by 082 319 9227 óf die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Darts girl ·

Saak net vir moord en huisroof?? Wat van die dat hul aantrek soos die polisie dit is mos ook n oortreding, en dit is mos nou nog n rede vir ons as lede van die land om nie die polisie te vertrpu nie agv die

Christine ·

Dit voel vir my daar is al hoe meer gevalle met misdadigers met polisieuniforms! Waar kry hulle dit? Ek lees gister iewers dat slegs 5% van ons bevolking vrot appels is, maar nee, hulle is ORAL, om elke hoek en draai, tot onder polisielede!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.