Pa, seun (14) in aanhouding ná dood van inbreker

Argieffoto: Kent Williamson

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Pa en sy 14-jarige seun van KwaMhlanga in Mpumalanga is in aanhouding nadat hulle glo ʼn inbreker Vrydagaand met messe doodgesteek het.

Volgens ʼn polisieverklaring het die 14-jarige seun wakker geword van ʼn geraas wat geklink het soos iemand wat ʼn deur probeer oopdwing.

Die seun het dadelik opgestaan en sy pa gaan wakker maak, maar toe sy pa in die voorhuis kom om ondersoek in te stel, het hy hom trompop in die inbreker vasgeloop.

Volgens die polisie het die inbreker ʼn wapen op die man gerig voordat hy op geld en ander goedere aangedring het. Die inbreker het glo verskeie skote afgevuur, maar dit is nie seker of die man gewond is nie.

Die seun se pa het vermoedelik aan die rower gesê die geld word in die kluis in die slaapkamer gehou, en het hy die pistool by hom probeer afneem op pad na die slaapkamer. ʼn Struweling het ontstaan.

Die pa het om hulp geskree en die seun het sy pa met messe te hulp gesnel.

Die pa sowel as die seun het die rower glo met messe bygedam. Die rower is op die toneel dood.

Die polisie het beslag gelê op ʼn pistool met patrone, asook die messe waarmee die rower doodgemaak is.

ʼn Saak van moord en huisroof word ondersoek. Die seun se pa het ook ʼn saak van besit van ʼn ongelisensieerde wapen teen hom.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die Valke, was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie. Dit is nie duidelik of iemand anders in die huis was ten tye van die voorval nie.

Dit is ook nog nie duidelik of enigiemand aangekla is nie. Die pa en seun sal na verwagting binnekort vrygelaat word ná volledige ondervraging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

79 Kommentare

Jaco ·

Kom ons almal word kriminele dan is ons ten minste imuun teen die reg en weet ons, ons kan nie vervolg word nie.

JoeV ·

Klink mos net so. Moes die mense nou wag dat die inbreker hulle dood skiet voor hulle iets doen?

Cecilia Steyn ·

Só tipies! Die inbreker kom onwettig, ongenooid en boonop gewapen in die mense se huis in en nou’s húlle die varke in die verhaal!

Asjas ·

Wat van die Pa wat onglisensieerde wapen klag teen hom het? Dis dalk nie inbreker gewees nie maar onderonsie tussen “vriende”?

Andreas Meyer ·

Asjas, jyy is moedswillig en versin somer iets wat nie so in die die artikel staan nie.

Wat ongelisenseerde vuurwapens aanbetref. Dit is juis moeilik gemaak vir wetsgehoorsame mense om ‘n vuurwapen vir selfverdediging te bekom. Dus dalk verstaanbaar soos wat hierdie geval eintlik uitwys.

suzettw ·

Op die ou end van die dag gaan die pa en seum sit vir moord. Want die skurk is mos nou dood. Dit maak mos nie meer saak of jy vir jou eie veiligheid opstaan nie.

Paul ·

Ai, mense. Daar word altyd, as die polisie hul werk doen, ‘n ondersoek gedoen, selfs al lyk die “feite” met die eerste oogopslag klinkklaar.
Die polisie ondervra die mense behoorlik, en as daar niks uitkom wat verdag is nie, dan word niemand van moord aangekla nie. Let op dat om ‘n saak van moord oop te maak, beteken nie dat die pa en seun aangekla is daarvan nie.
Selfs in die artikel staan daar (vir diegene wat die moeite doen om tot die einde te lees!) dat die pa en seun waarskynlik binnekort vrygelaat word.

Die polisie moet elke geval behoorlik ondersoek – dis hul proseduriële plig. Vir die een uit ‘n miljoen geval waar dit met die eerste oogopslag soos selfverdediging lyk, maar waar daar werklik ‘n slang in die gras is. Gestel byvoorbeeld jou kind is in die geheim ‘n misdadiger, en hy laat een van sy misdaad-makkers in die huis in en jy raak so kwaad dat jy die vriend doodskiet. Nou kap jy gou ‘n venster stukkend om dit te laat lyk of iemand ingebreek het, en jy sê vir jou kind om sy storie agtermekaar te hê, en dan bel jy die polisie en sê daar was ‘n inbraak. As die polisie almal net eenvoudig geglo het, sal so saak se ware feite nooit na vore kom nie.

Almal lewer altyd kommentaar dat die polisie nie behoorlik ondersoek doen nie, maar as hulle hul werk volgens die vaste prosedure doen, dan kerm almal ook.

Asjas ·

Paul is reg, die Pa het ‘n kriminele rekord. Ek sou ook die saak beter bekyk as ek Polisie was. Ons lees die laaste tyd baie in die nuus van mislukte kapings wat op moord uitloop ens. dan sit die man of kerel agter dit. KZN Ma se baba wat nou in die nuus is, en so kan ek aangaan.

Brie- brie ·

Hoe moet jy jouself verdedig en jou familie. Die persoon was reeds in die huis. Daar is iets agter hierdie storie.

Ludwig Churr ·

Stem saam. Daar is baie vrae wat beantwoord moet word. Soos bv onwettig wapen besit. Die rower en sy wapen? Die pa wat die rower se wapen het? Die pa wat ‘n ander wapen gehad het?

Te veel vrae om verder komentaar te lewer.

Sw ·

Is dit n prioriteitsmisdaad dat die Valke dit moet ondersoek? Regtig belaglik!
Dis omdat die krimineel meer regte het, dat die land in sy maai is.

Susan ·

Dis belaglik mens moet nou maar net toekyk hoe jou besitting gevat word of jou gesin vir selfoon dood gemaak word. Hy was in hul huis so hy het privaat eiendom betree dan moet hy vat wat hom toekom hyt moontlik gekom om ook te moor

Karen ·

Gee nie om wat wie sê nie, jy het die volle reg om jouself te verdedig, as die regstelsel nie met daai stelling saamstem nie, is daar groot fout met die regstelsel en moet ons dit verander! Die regstelsel is juis daar om wetsgehoorsames te beskerm teen geweldadige kriminele en as hy nie daarin slaag nie, wel wat is die punt dan om een te hê?! Ons moet saam met hierdie slagoffers staan en hulle ondersteun soos een man!

Karel ·

Sê ek ook! Indien die inbreker, boef, met ‘n gelaaide vuurwapen jou huis (privaat eiendom) betree, en jy jou familie met ‘n mes verdedig dan is die asnklag mood en die boef se aanklag is huisbraak, dan is daar “serious” probleme met la la land se regstelsel.

dewald ·

Mense kriminele het meer regte as ons. As jy iemand in jou huis betrap los hom wsnt jy gaan togesluit word

anton ·

dewald…….Regtig??? en dan??? Sal jou ander familie jou begrafnis hou!!!

Natasha ·

Hier in Louisiana het ‘n man ‘n inbreker dood geskiet en hy het geen klag teen hom daarvoor nie. Volgens wet het hy homself beskerm. SA se wet en menseregte suck!!!

Theresa ·

Louisiana pas die wet korrek toe. En daarom sal swakkelinge 2x dink voordat hul inbreek. Dis bloot logies dat mens jouself en jou eiendom mag beskerm. Daar is ‘n sieklike verdraaiing van logika in hierdie land en maak dit vir wettige landsburgers bitter moeilik om ‘n ordentlike, rustige bestaan te voer.

Harambe ·

Die wet seg jy mag jouself verdedig, maar jy mag nie “wraak” neem nie. Die polisie vermoed seker hulle het hom doodgesteek nadat hulle sy vuurwapen afgevat het. Die howe is heel regverdig as dit kom by selfverdediging.

Waaaaat ·

Selfs al was die inbreker gewapen, selfs al het die inbreker die wapen gebruik, geskiet???? selfs dan moet ons Suid Afrikaners net stilsit???? NEEEEEE Ons moet nou begin opstaan!!!!!

Strussbob ·

Harambe en wanneer in hierdie paar sekondes verander di selfverdediging na wraak??

w ·

Ai man dai ongelensieerde vuurwapen gaan dinge vi jou warm maak. Jammer dat die slagoffer moet les opse. Indien hy en seun dood was was dit mos aanvaarbaar vi die wet. Nou dat skoen aan ander voet nou beskerm di wet di krimineel soos ons elke dag sien

Marius ·

As jy ‘n onwettige wapen besit, oortree jy die wet. Is jy ‘n krimineel of het jy kriminele neigings wat jou saak beslis negatief sal affekteer.

Jakkals ·

Volgens my kennis het die man en sy seun die reg gehad om te doen wat hulle het. Die rede daarvoor was dat volgens die wet op vuurwapens was die gesin se lewe in gevaar en volgens my was dit selfverdediging. Ek verneem die saak van moord is net vir wetstoepassing waarvoor hulle igv onskuldig bevind sal word indien hulle aangekla word. Die berig lees egter in die laaste sin dat dit nie duidelik is of iemand al aangekla is nie. Wat die huidige aanklagte (indien enige) gaan belemmer is die huidige klagte wat teen die seun se pa aanhangig is. Persoonlik haal ek my hoed af vir die seun wat sy pa bygestaan het. Die pa en seun verdien ‘n medalje as julle my vra.

Jannie ·

Is da nie iemand wat vir ons in die parlament kan opstaan nie sjoe ons het verkeerde loobaan ons moet ook omswaai en diewe word dan word ons ook so beskerm ek dink die poelisie weet nie Meer hoe om hul werk te doen nie seker ma als vergeet ai tog

Kobie ·

Kyk met wie is die inbreker bevried of met wie het hy bade . Dan sal dit verstaan word Hoekom daar eerder nou (Wraak geneem word teen die Huis bewoner)

Rika ·

Dit was selfverdediging. Waardeer gaan mense nie deesdae met al die rowwe en plaasmoorde en snert nie, nou moet onskuldige mense in d tronk sit. Dis nie reg nie.

Kasha ·

Nou hoe nou? Is dit nou wettig om in ander se huise in te breek? Dis belaglik waarheen ons land beweeg as jy nie eens jou eie huis of kind mag beskerm nie, want wie anders gaan dit doen? Definitief nie ons polisie of regering nie.

Juan viviers ·

Trots op julle boere staan op vir julle families want die government gaan nie

Johan ·

As jy hom los en hy kom weg gaan hy weer trug kom op n ander dag net om jou n punt te beweis.Ons is in oorlog daar is nie meer doekies omdraai nie.Jy maak dood of jy en jou julle Famielie word dood gemaak,Wat n siek land ons in moet lewe wat n mens vorseer om so te lewe.

JT ·

Die “staat” beskerm kriminele….!!!! Of jou wapen nou gelisensieerd is of nie, dit maak nie saak nie. Jy, die slagoffer, is ALTYD in die moeilikheid in hierdie land. Soos die ou storie lui….dit sal ‘n wonderlike dag wees as die laaste politikus, verwurg word met die derms van die laaste regs”geleerde”.

Benito Odendal ·

Die meeste politikuste is regsgeleerdes …ha ha……MAW….lieg binne die die raamwerk van die wet !!!!Dissekteer skuiwergate (loop-holes)en tegniese veronderstellings (technicalities ,propabilities &possibilities )……….What an entangled web we weave when first we start to deceive !!!……

Juan viviers ·

Julle moet onthou wie moedig hulle aan om die boere dood te maak dit kom als van die rigering af ons kan net ons self en ons familes beskerm kill or be killed

toy ·

Eks gatvol vir hierdie kriminele van hierdie land wat dink hulle kan net in jou huis kom en kom steel en moor nes hul lekker kry. Moet die pa en seun nou wag tot hulle vermoor word, ek haal my hoed af vir hulle.

Juan viviers ·

Dalk moet ons ook voor die hof gaan toi toi en as ons nie ons sin kry nie vir plunder ons ook als nee man boere word soos diere geslag staan op boere vir wat ons in glo

gatiep ·

Daar is oorlog verklaar teen wetsgehoorsame burgers.
Sal maar moet n skelm raak as jy wil oorleef in die land.

marous ·

Die Polisie speel weereens regter! Hulle is klaar vernietig….

skim ·

eks jammer maar ek verstaan dit nie mense hulle ht hulself verdedig se nu da n ma of klein sussie moes die man en seun toekyk hoe hulle verkrag of vermoof word. Ek haal m hoed af vir daai seun wt sy lewe opi spel geplaas het en sy familie beskerm het

Anel ·

Hiekom klink dit so asof die pa en seun die skuldiges is…elke dag verloor mense hulle lewens maar laat daar net n krimineel sterf asgevolg van selfverdediging dan moet die media n punt maak dat die pa n ongelensensieerde wapen het , maar moenie noem dat die krimineel se pistool ook gesteel of onwettig is nie….

ken van benoni ·

Na berig word het die inbreeker skote afgevuur, as dit waar is dan het die staat ‘n baie swak saak om die pa en seun aan tekla! Wat my egter ontstel is dat ‘n seun in aanhouding is! Dis darem erg hoop nie hy is apart van sy pa of saam met ander volwasenes in aanhouding!!!
Paul ek ken jou nie maarek kry die gedagte dat jy nog taamlik liberale ssiens wyse huldig ……..dit kan soms vinnig verander as jy eers aangeval en erg beseer is. Mense kan vinnig hul siens wyse verander na sulke gebeure. Dis jou reg om liberaal te wees maar luister na mense wat reeds probleme gehad het!
Sterkte aan die pa en seun in hierdie traumatiese tyd

Paul ·

Jy ken my duidelik nie, “ken van benoni”, jy weet nie wat my al oorgekom het nie. Dit is in elk geval nie ter sake nie. Die punt bly staan, mense verstaan hierdie tipe berigte verkeerd. Die polisie maak altyd ‘n saak van moord oop, hulle kla nie noodwendig iemand aan daarvan nie, dan doen hulle ‘n ondersoek, wat ondervraging van ooggetuies insluit, en dan, meeste van die tyd as daar niks is wat verdag voorkom nie, dan word daar geen klagtes gelê nie en almal gaan hul eie koers. Om “in aanhouding” te wees, beteken ook nie jy sit in ‘n tronksel nie.
Maar mense lees hierdie soort berigte en dan dink hulle dadelik die persoon wat selfverdediging toegepas het, gaan nou in die tronk sit. Mense verstaan nie die regstelsel nie, en dis deels die media se skuld, want hulle plaas selde opvolgberigte waarin 99 keer uit 100 gesê sal word die persoon wat selfverdediging toegepas het, is vry met geen probleme.

Paul ·

Dit klink vir my asof mense deesdae die term “liberaal” gebruik om te beteken “enigiets waarmee ek nie saamstem nie”.

Kabous ·

@Paul
Paul, hierdie kommentaar is vir jou en mense wat soos jy dink.

Natuurlik MOET die polisie die saak ondersoek. Jy is reg op die punt.

Maar hier begin jy dwaal:
DIT WAS NIE NODIG OM DIE 14-JARIGE KIND – EK HERHAAL – KIND TE ARRESTEER NIE. (Ook nie sy pa nie.)

Die arme mense was so pas deur ‘n ongelooflike, ongelooflike, traumatiese ondervinding en dan kom die onsensitiewe, onopgeleide polisie met oshoewe en soos bulle in ‘n porseleinwinkel en hulle ARRESTEER die s-l-a-g-o-f-f-e-r-s.

Wat van die regte van die slagoffers en by uitstek die KIND??

Die Strafproseswet vereis NIE dat hulle daar en dan arresteer MOET word nie.

Selfverdediging is NIE ‘n misdaad NIE.

My verontwaardiging en veroordeling van hulle optrede ken omtrent nie perke nie.

Simpel gestel:
Wanneer en waarom moet die oënskynlike geregtigheid wyk voor die oënskynlike ongeregtigheid?

As ek myself oënskylik regmatig verdedig teen ‘n onregmatigheid word ek arresteer?

HOEKOM?
HOEKOM?

Barrie Vermeulen ·

Ou Kabous ek stem met jou honderd persent saam. Ek kry egter groot lag oor die sotlike aanmerkings wat party maak. Dit lyk vir my hierdie Paul het nie veel tussen die ore nie, hy het ook ‘n saak oor die mense nie wit is, wat maak dit saak waar, misdaad is misdaad. Ook Asjas, hoe weet hy die Pa is ‘n krimineel want in hierdie land is jy onskuldig tot jy skuldig bewys word. Brie- brie het nou weer ‘n probleem oor die man reeds in die huis was. Maat ek sal jou waarborg, jy sal nog lekker slaap dan druk hy die wapen teen jou kop.

Paul ·

Barrie, al rede hoekom ek genoem het dat die mense waarskynlik nie wit is nie, is omdat iemand anders gekerm het oor hoe hierdie geval bewys hoe onregverdig wit mense behandel word. Ek het die persoon op sy waarskynlike fout gewys. Hoeveel wit mense ken jy wat in KwaMhlanga woon?

Die berig sê nie dat hulle gearresteer is nie. Dit sê hulle is “in aanhouding”. Die berig mag moontlik ietwat onnakkuraat verwys na die toestand. In berigte oor dieselfde aangeleentheid op ander nuuswebwerwe word daar niks van arrestering genoem nie.

Roy ·

Daar was net een slagoffer op die toneel gewees – die dooie man. Daar word BEWEER dat hy ingebreek het. Dit sal moet bepaal word deur ondersoek. Daar is ook (volgens die artiekel) ‘n klag teen die man vir besit van ‘n onwettige wapen. Hy kan nie gearresteer of aangehou word terwyl die kind by die huis alleen is nie . . . Los die SAPS uit om hulle werk te doen!

Het gelees ·

Ek vermoed hierdie was nie swart op wit nie. Hierdie is swart op swart…. Hoeveel wittes het onwettige wapens…. Ek sê nie daar is wittes wat nie sulke wapens het nie.. Maar sal jy dom genoeg wees om dit te gebruik… Ek sou dan net doodeenvoudig van die een handwapen ontslae geraak het…. Just saying…

Cherokee ·

Ag jong almal weet dit. Hou net op met die ‘sê maar net’.

Ljl ·

Skielik is daar sommer baie polisiemanne op die blad.Sterkte aan pa en seun,ons dink aan julle

Katjie ·

Ja nee die inbreker het seker kom tee drink by hulle. Wat soek n vreemde in n huis en met vuurwapen ook….maak mens siek want selfverdediging moet toegepas word. Ja die regstelsel darem en wette en lekker kom skelms weer weg enso. Skud net my kop.

ben ·

Ek wil net ook byvoeg dat de klerk se naam wel genoem moet word. Hy was mos groot meneer destyds met die onderhandelings maar het nie die insig gehad oor wat in die toekoms kan gebeur nie. Nou sit onsmet dit. Sy naam sal egter in die geskiedenis boeke van SA verewig word as die grootste verraaier van ons land. Dit is verseker.

jaco ·

Ek kan arrestasie vir moord verstaan as die slagoffer van die inbraak wit is en die inbreker is swart. dis mos maar hoe ons regstelsel werk: die wit mense is altyd verkeerd. maar in hierdie geval is die slagoffers van die inbraak swart, so dis n swart op swart moord. so dis interessant, ja BAIE interessant dat hulle ook vir moord gearresteer word. is dit ernstig, of net n “token” om ‘n skynbeeld van ons “regverdige” en “kleurblinde” regstelsel voor te hou. Die verloop van hierdie saak sal dus nogal interessant wees.

Paul ·

Nee, jaco, dis hoe dit in bykans alle gevalle werk. Die oopmaak van ‘n moordsaak is net ‘n formaliteit, totdat daar verdere ondersoek gedoen word. Dit gebeur bykans altyd, behalwe in gevalle waar dit so klinkklaar is dat daar geen verdere ondersoek nodig is nie.
In hierdie geval is die enigste ooggetuies blykbaar die pa en seun, en hulle het baie om te verloor as dit wel moord is, so die polisie kan mos nie net sonder meer hul storie glo nie. Hoe onaangenaam dit ookal is, mense wil dit blykbaar nie verstaan nie. Tot die dag dat hulle weens ‘n misverstand iets oorkom en skuldig lyk en is hulle bitter dankbaar as die polisie wel ‘n behoorlike ondersoek doen.

Dick vd Merwe ·

Ek verstaan polisie-optredes soms gladnie en som baie baie moeilik.
Ek is daarvan oortuig dat prosedure-opleiding vir die SAPD raak ń al groter groeiende behoefte. Waarom moet kinders al die trauma deurgaan.

sug ·

Sputnik… ja ek het in my klein kringetjie vriende dit genome en is gestenig daaroor. Ja ek het ook diens gedoen op die grens, en gesien wat oorlog beteken.
Die oorlog het reeds begin, 23 jaar gelede, en baie min van ons vyand is gedood terwyl daar al duisende van ons gedood is. Toe het ons wapens gehad, nou het ons omtrent niks.
Dit gaan nie beter word nie, en die uiteinde is in elk geval oorlog, soos die laaste 23 jaar, maar hopelik sal ons wakker word, een of ander tyd en begin terug veg.

sug ·

Miskien moet ek net bylas en sê, ek sit eerder veilig onder n boom, onder my eie mense se regering, met baie min of geen rykdom, as wat ek onveilig, vol vrees myself elke aand in my huis toesluit ( en inelk geval in my eie huis aangeval en of vermoor word) onder ‘n regering wat niks vir my of my volksgenote voel

Dirk ·

Dit was Seker een van die polisieman send bendelede wat dood is daarom die persoon aanhou

Sputnik ·

Hallo Sug, ja mens weet nie wat die uiteinde hiervan vir ons en ons nageslag gaan wees nie. Dit is duister.

ben ·

Sputnik, as de klerk en sy meeloper roelfie (wat nou by die ANC is) beter onderhandel het – en voorsiening gemaak het dat ons nie uitgemoor word ens. ens. ens. nie, sou dit beter gewees het. Hulle het nie die insig gehad oor hoe jy met mense wat jy nie kan vertrou nie, te onderhandel. Hulle het ook nie die insig gehad om seker te maak dat die grondwet nie verander word nie. Dit is nou wat die anc wil doen oor die grondvergrype. Ek skryf doelbewus de klerk en roelf se name sonder hoofletters om my algehele disrespek teenoor hulle te bewys.

Helene ·

Sover ek kan agterkom van die berig het die man nie sy vuurwapen gebruik nie, seker omdat hy met die saak teen hom nie n wapen in sy besit het nie. Ek sou ook n mes gebruik het om myself te verdedig. Op n tydstip wat hulle hom met messe toegetakel het kon hulle dalk die vuurwapen afgeneem het en die ou liewer geskiet het. Maar, in aksie ontgaan sulke gedagtes jou seker. Wat Paul se is waar maar die polisie het in die verlede sulke blatante foute gemaak dat niemand meer seker is of jy regverdiglik behandel word nie. Die haat is ook soooooo GROOT

Bobby ·

Nou lees ek almal se stories maar hoeveel van julle het al n geweer teen julle kop gehad in jou eie huis met jou vrou en kinders? Ek sien nog elke dag die koel se gat langs my agterdeur waar my lewe met 30cm weg kon wees.

Juanri Van Der Walt ·

Ja dis seker omdat hul nou weer rasisties sou wees, as dit nou die rower was wat hul dood gemaak het dan was hy nou vry..dis jou huis, jou erf so kom daar en jy is dood. so maklik en so moeilik soos dit…flippen S.A se polisie is siek

Johan Likkewaan ·

Die pa kan baie trots wees op sy laatie. Wel gedaan julle twee, hoop julle is sommer vinig uit.

SARIE VAN HEERDEN ·

Omdat dit moeilik is om jou vuurwapen te registreer en jy as eienaar deur baie vrae en onderhandelinge moet gaan om goedgekeur te word, het my man (wat lankal dood is) voorgestel jy handig jou vuurwapen in by die polisie en dan koop jy vir jou n ongelisensieerde wapen op straat waarmee jy jou sal kan verdedig.

Donovan ·

Sien dit is hoekom ons nodig het om die 22ste April almal van alle rasse groepe bymekaar te kom om te bid teen misdaad… On geag watter ras jy is die crime besoek ons almal en dit het tyd geword dat ons onself toegee aan God wat hierdie ewel sal uitroei… Ek is opgewonde om te sien hoe hierdie vlaag van misdaad in sy spore gestuit gaan word…

/thana ·

Ek stem saam, dit sal nie help om die blame game te speel nie, daar is net een wat ons kan help en dit is Jesus. Die Woord se ons sal vervolg word en deur moeilike tye gaan, niks vrywaar ons daarvan, maak nie saak wat ons ras of kultuur is. Ons stem almal saam dit is onregverdig hoe mense behandel word, maar kyk eers wat het regtig gebeur voor ons oordeel. Soos die baba wat verdwyn het, almal het die ma jammer gekry en toe is sy heeltyd skuldig. Kom ons weerhou ons van veroordeling van ander se opinies, want dis al wat dit is, opinies.

cor ·

Se mos heeldag die misdadiger, krimineel, verkragter, pedofiel het regte, maar nie die slafgoffers wie se persoonlike ruimte betree is en hulle reg op selfverdediging en oorlewing wat geskend is. Die betrokke polisie beamptes wou net weereens bewys hulle het die reg om te maak en breek soos hulle wil.

Niccy ·

Dis mos nie reg volgens die kinderwet dat ‘n 14 jarige kind opgesluit mag word nie?? Of is dit in die geval heeltemal iets anders.

marous ·

Aanhouding beteken dat jy in die selle sit. Die polisie misbruik hul gesag deur voor die voet te arresteer of aan te hou vir moord . Daar moet in gevalle soos die geregtelike doodsondersoeke ingestel word en slegs daarna kan besluite geneem word. Die blote feit dat ‘n mens dood is maak dit nie moord nie. As daar nie getuienis is van opsetlike dood of oorskreiding van perke va noodweer nie , en net die weergawe van die verdagte is daar niks om aan te kla nie. Geen verdagte hoef te antwoord op enige vraag van die polisie nie.

Ilze ·

Feit bly staan, as jy in iemand se huis of erf is sonder toestemming hoort jy ni da ni!! So ons gan binnekort “honde” bordjies moet opsit, skelms bewaar ek is in besit van wapens en geen verantwoordelikheid sal gevat word as jy beseer word wanneer jy my probeer roof of vermoor!?

Toppie ·

Snaaks as die inbrekers en rowers in n huis sterf dan word die mense van moord aangekla.Maar as die huiseienaar sterf is dit inbraak en huisroof.Die regstelsel is verrot

Brett ·

Cyril Blackburn, ‘n vraag, asseblief! Is die pa en seun gearresteer? Of nie? Dit is tog immers wat ‘in aanhouding’ beteken?

Adrie ·

Ja nee ek weet nie klink my jy mag jouself nie meer beskerm nie hulle moet jou eers aanrand of op jou skiet en dan mag jy terug baklei en as jy dood gemaak word voor jy kan terug baklei wat dan ek se beskerm jouself en jou famielie maak nie saak wat nie ek sal terug baklei tot ek nie meer kan nie al is dit tot die einde ek sal nie net gaan le nie.Dis wel ‘n 14 jarige seun maar hy was seker nie bereid om toe te kyk hoe sy pa en hyself dood gemaak word nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.