Pa, seun en dogter in hof oor reuse wapenvonds

hof-hamer

Argieffoto.

ʼn Man het Maandag saam met sy seun en dogter in die Goodwood-distrikshof verskyn nadat ʼn reuse hoeveelheid onwettige vuurwapens en ammunisie Vrydag in ʼn ondergrondse bunker op die Kaapse Vlakte gevind is.

Johannes Abrahams sr. (65), Johannes Abrahams jr. (42) en Bonita Abrahams (48) het saam met Mohamed Shahied (35) en Clive van Schalkwyk (42) in die hof verskyn. Die staat het egter die aanklagte teen Shahied en Van Schalkwyk teruggetrek en hulle is vrygelaat.

Volgens berigte het die polisie Vrydag, nadat hulle ʼn wenk ontvang het, op 250 vuurwapens, ammunisie en ʼn onbevestigde bedrag kontant in ʼn bunker in Valhallapark afgekom. Die drie lede van die Abrahams-gesin is kort daarna in hegtenis geneem.

Die klagstaat teen die drie verdagtes was nog nie Maandag beskikbaar nie, maar hulle sal vermoedelik tereg staan op aanklagte van diefstal en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Landdros Paul Visagie het die saak tot Donderdag uitgestel om die staat kans te gee om die verdagtes se besonderhede na te gaan om onder meer te bepaal of hulle enige vorige oortredings teen hulle het. Die staat sal teen Donderdag aandui of hulle die drie se borgtogaansoek sal teenstaan of nie.

Johannes sr, Johannes jr. en Bonita word almal deur adv. Peter Mihalik verteenwoordig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Kobus ·

Ondergrondse bunkers?Iets ruik niks lekker…Waarheen is al die uitgrawingsmateriaal heen?Hoe word daar gebou dat niemand onraad vermoed?Is dit dalk vir ons President se veilige hawe as sy dag aanbreek…Vra maar net

Jaco Grobler ·

Dink jy regtig Zuma sal in ‘n gat êrens op die Kaapse vlaktes gaan sit? Nee wat, dit sal Dubai, New Dehli, Monaco of een van daai plekke wees.

Kobus ·

Bietjie ver van die KwaZulu Natal as die nood druk om vinnig te probeer verdwyn…met sy ongeluk sal die chopper nie wil kickstart…dan maar 2de opsie gebruik…..

marie visser ·

Wapens waarmee bendes op die Kaapse Vlaktes en ander woongebiede aan die gang gehou word.

Marie visser ·

Wapens was seker bedoel vir die bendes op die Kaapse Vlaktes en ander woongebiede waar hulle so ‘n skrikbewind voer.

Beertjie ·

Laat my wonder. So ‘n klompie jare terug was daar ‘n inbraak by ‘n Polisie wapen opgaarplek in Faure. Volgens die fotos lyk dit baie na Z88 vuurwapens.

snoefie ·

weier gedink hulle sal kwytskelding kry hulle van is mos ook Abraham’s.

Annette ·

Ek sou graag wou weet wat nou gaan word van daardie wapens. Gaan dit vernietig word?

Klink so bekend ·

Die van klink so bekend, na iemand wat onlangs groot besluite moes neem en nog nie klaar geneem het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.