Pa, seun ernstig ná hulle byna verdrink

Thompsonbaai-strand. Foto: www.ballito-online.com

Thompsonbaai-strand. Foto: www.ballito-online.com

ʼn Pa is in ʼn ernstige toestand en sy vyfjarige seuntjie is kritiek nadat hulle byna verdrink het aan die KwaZulu-Natalse noordkus.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die seun het in die see by Thompsonbaai-strand naby Ballito geswem toe hy glo in die moeilikheid beland het. “Die pa het in die water gespring om sy seun te red toe hy self in die moeilikheid beland het.”

Volgens Botha was die pa en seun reeds uit die water gehaal met paramedici se aankoms op die toneel. Die pa het mond-tot-mond-asemhaling op die seun toegepas. Paramedici het oorgeneem en albei op die toneel gestabiliseer voordat hulle na ʼn hospitaal in Ballito geneem is vir verdere mediese behandeling.

Die seun is aan ʼn ventilator gekoppel en is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal terwyl sy pa in ʼn ernstige maar stabiele toestand is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Therina ·

Die storie is nie heeltemal die waarheid nie. Hulle het op die rotse geloop toe ‘n brander die seuntjie in die see gestamp het. Pa het agterna gespring om sy seuntjie te help. So die 5 jarige seuntjie het glad nie alleen geswem nie.

SNEL ·

Ek het nogal gedink die storie is seker nie 100% reg nie, want geen pa gaan staan en kyk hoe sy vyfjarige seun swem nie. Baie sterkte aan die gesinnetjie en familie, ons dra julle in gebede en hoop dat daardie knapie gou weer rond sal hardloop.

Deon ·

Ai dassie – kon jy geen beter of meer simpatieke kommentaar uitdink op ‘n Maandag oogend nie? Baie 5 jariges speel alleen in die vlakwater terwyl Ma en Pa so paar tree weg ‘n ogie hou.

Sue ·

Aggg Liewe Vader – ek bid so die seuntjie gaan gesond word! Fratsongelukke (en enige ongeluk eintlik) gebeur so vinnig en is so onafwendbaar..

En soms wens ek Maroela Media wil net hier ‘n “like en dislike” icon sit, sodat mens net kan “dislike” as iemand iets onsmaaklik se.Xx

Sune van Heerden ·

Dagsê Sue

Dankie vir jou navraag. Ons hoop om binnekort vir julle nuus hieroor te kan deurgee!
Klik gerus op die “rapporteer”-knoppie indien ‘n kommentaar aanstoot gee.

Ek hoop jy kuier sommer baie lekker verder op Maroela.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Inge ·

Sterkte aan die familie en hoop die seuntjie sal vinnig gesond word.

Petro ·

Ek wens partykeer die foutlose mense wat so moun oor maroela media wil eerder gaan subskripsie fooie betaal op netwerk 24 en dan kan hul moun oor foute mense tog ons almal is maar net mens wat foute maak.Ons kan tog nuus gratis lees hier so hou op moun en as jy wil moun gaan sluit asb aan by netwerk 24 en betaal hul belaglike prys om nuus te lees wees dankbaar daar is darem nog n plek waar ons AFRIKAANSE NUUS GRATIS KAN LEES!!!DANKIE MAROELA MEDIA .

pop ·

Dankie Petro, ek gedink is net ek wat so g–vol is vir al die kermkouse. Seker almal baie oud, shame.

Naomi ·

Sjoe ‘pop’, net toe ek dink jy is nogal oulik en sien ook raak wat ons raaksien, raak jy toe sommer beledigend teenoor ouer mense. Gelukkig sê jy toe niks van ons ouer mense nie, maar alles van jouself.
Dankie Maroela Media, waardeer julle blad opreg.
Mooi dag almal.

Retha ·

Wat laat jou dink dis NET ou mense wat kla-ouer mense het ‘n breer uitkyk op die lewe en is tien een een meer verdraagsamer. Dis baie (let wel) van die jonges wat so met die kritiese byl rondloop en nie kan wag om antagonistiese stellings kwyt te raak nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.