Pa, seun geskiet; hond byt ma tydens rooftog

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie in Muldersdrift in Gauteng ondersoek ʼn saak van huisroof en poging tot moord ná ʼn aanvaller Dinsdagoggend op ʼn gesin se kleinhoewe toegeslaan het.

Konst. Slindile Ntuli, woordvoerder van die polisie, het gesê die aanvaller het omstreeks 03:50 op die kleinhoewe toegeslaan. “Die 46-jarige man het saam met sy 45-jarige vrou, en hul 16-jarige seun in die huis geslaap toe hulle deur die honde wakker geblaf is. Die verdagte was ongelukkig reeds in die huis en het ʼn televisiestel gesteel.”

Die aanvaller het die man in sy bors geskiet en die seun in sy rug. Die gesin se hond het, tydens die rooftog, die ma aan haar linkerhand en rug gebyt.

“Al drie slagoffers is na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling. Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om met Muldersdrift-polisie kontak te maak,” het Ntuli bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Anoniem ·

En so bly die statistieke styg met plaas aanvalle dus n skande hie dit hier gaan net ons boere. Sal nie ophou tot die laaste boer gemoor en aangeval word nie dan bly net hongersnoot oor!!!!!!

Wonner ·

Moordenaars gee nie om oor hongersnood nie hulle leef van roof na roof

Joon ·

Die plaas aanvalle is wreed, maar wat van die mense wat op die Kaap se vlakte afgelaai word of n lewe Niks beteken. Of dit n boer of bende geweld moord is, besteurenswaardig en n verlies. Hartseer

Freud ·

Presies soos jy sê… ek lees van 43 mense op en naweek op die kaapse vlakte… daar tussen ook onskuldiges wat net op die verkeerde tyd in die pad was… elke moord is ʼn verlies… dit was iemand se kind of iemand se sibbe. Dit is net hartseer.
Iets moet gedoen word. Gou ook.

T ·

Joon, die groot verskil is op Kaapse Vlakte moor mense van dieselfde ras mekaar uit maar met plaasmoorde is dit swart op wit en word mense gemartel tot hulle dood is wat groot verskil is.

@joon ·

So wie laai hulle daar af? Hoekom vervolg julle hulle nie? Hoekom moet aanvalle op onskuldige mense daarmee vergelyk word?

Fanie ·

Maar in die kaap word die weermag ingeroep wat goed is maar v ons op please en kleinhoewes word niks gedoen nie in my omgewing in Kameelfdrift Oos gisteraand twee gewapende Rowe wat nie eers die nuus haal nie

@Joon ·

Joon, daars n groot verskil tussen onskuldige mense wat in hul huis dood gemartel word en bendes wat oor dwelms mekaar dood skiet. Vir die bendes is dit n keuse. Jy kan in jou wildste gedagtes die twee nie vergelyk nie!!

Freud ·

Dit is ongelukkig so dat bende lede nie net bende lede skiet nie. Mense op straat word ook geskiet. Klein kindertjies wat nie eers weet wat ʼn bende huis nie word geskiet…

sweis ·

Ek stem die twee kan nie eers vergelyk word met mekaar nie ,maar moord is moord en ongelukkig sit ons met een van die mees onbevoegde polisie in die wêreld en die sogenaamde weermag is kort op hulle hakke.

aj ·

Wetsgehoorsame burgers behoort bewapen te word deur die staat, soos in Switserland, sodat hulle hulself én die land kan beskerm.

As al die wetsgehoorsame burgers wapens het sal die kriminele NIKS regkry nie.

So aan wie se kant is die staat?

Henry ·

Berei julle maar self voor. Wanneer die plase en boere klaar die teikens was sal hulle kom vir die kleinhoewe en dorps huise. Alhoewel ek weet dat die aanvalle in die dorpe al net so erg is. Die aanvalle mag net nie meer bekend gemaak word nie. Dis hoekom ons nie van dit lees in die koerante en sien op TV nie. Ons moet ‘n platvorm skep waar mense aanvalle by huise ook kan rapporteer. Want die regering steek die inligting weg vir die publiek

M ·

SKRIK WAKKER SUSAN … dit gebeur klaar. Vrouens en kinders word verkrag en gemartel en meeste Afrikaners steek hulle koppe in die grond. Daars n oorlog aan die kom …

sweis ·

Muldersdrift en Kameelfontein wes en oos is groot probleem areas meeste lesers weet dit ,die polisie ook ek wens net een joernalis wil vra WAT DOEN JULLE OMTRENT DIE PROBLEEM.?????

Magda ·

Wat nou aan ons gedoen word, GOD slaap nie. SY straf is n STRAF wat ek niemand ople nie, maar weereens GOD Slaap nie.

anton ·

Nou waarom sou die hond dan die ma gebyt het????
Moes hy nie eerder die aanvaller gebyt het nie?
Sekere honde is ook maar useless.

Lizelda ·

Anton ek neem aan jys beslis nie n hondekenner nie. Dalk kan n Veearts wat kennis dra van hondegedrag vir ons kommentaar lewer sodat die onkundiges op die blad ook kan weet.

Gert Midstream ·

En so gaan dit aan. Dag na dag. En so word kommentaar gelewer dag na dag. En so word wanorde gepleeg dag na dag. So bevorder ons anargie dag na dag. En so word mense meer en meer “gatvol” dag na dag. Vrye beweging word ingekort dag by by dag. So word TV en Radioprogramme tot vervelens gewy aan beredenerings en soeke na oplossings. Hoe verander dit bestaande kultuur van mense en groepe? Sienswyses? Posisionering van polities gedrewe initiatiewe?

Adri ·

Weer ‘n aanval sonder ‘n alarm. Dink mos dit kan nie met jou gebeur nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.