Pa, seun gevonnis wat Jan Taks bedrieg

Argieffoto: Pixabay.com

ʼn Pa en seun van Bloemfontein in die Vrystaat is die week albei op onderskeidelik 136 aanklagte wat met BTW-bedrog verband hou, gevonnis.

Ao. Lynda Steyn, woordvoerder van die Valke, het gesê Norman Delport (68) en sy seun Marius Delport (39) is Dinsdag in die hooggeregshof in Bloemfontein gevonnis.

Norman en sy vrou was die direkteure van die Two Ships-maatskappy en MN Chemicals. Daar was ook twee trusts, naamlik die Eden Rock-trust en die Delport-familietrust.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het in 2016 ʼn ondersoek begin na Marius en sy ouers vir moontlike belastingoortredings. Die ondersoek het aan die lig gebring dat Norman en Marius vals BTW-eise ingedien het.

Die pa en seun is in November 2016 in hegtenis geneem en op borgtog van R50 000 elk vrygelaat.

Marius is in Junie vanjaar op 136 aanklagte van BTW-bedrog skuldig bevind. Hy is op 32 van die aanklagte tot 10 jaar tronkstraf gevonnis op elke klag. Hy is op al die ander aanklagte tot 15 jaar tronkstraf vir elke klag gevonnis. Hy is tot altesaam 1 880 jaar tronkstraf gevonnis. Van die vonnisse word egter samelopend uitgedien en Marius is tot effektief 15 jaar tronkstraf gevonnis.

Norman is op elk van die 136 aanklagte tot vyf jaar tronkstraf gevonnis. Hy is dus tot altesaam 680 jaar tronkstraf gevonnis. Die vonnisse word egter gelyklopend uitgedien en hy is tot effektief vyf jaar tronkstraf gevonnis. Die vyf jaar is egter ook in geheel voorwaardelik vir vyf jaar opgeskort en hy hoef dus nie tronkstraf uit te dien nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Geskok ·

Ek praat nie BTW bedrog goed nie, maar regtig.
Straf vir moord is ligter as die straf
Hoe lank sal al die korrupte amptenare moet sit?
Nee wat, hulle word net nie vervolg nie.

Pampoen ·

Geskok, jy slaan die spyker op die kop. Dit lyk asof daar geen balans in ons regstelsel is nie.

Mm ja nee ·

Gen bedrog kan goed gepraat word nie… My raad is om nie gevang te word nie

James ·

Die regering mense wat so korrupsie doen hoekom is hulle nog nie gevonnis nie.

Hier is so duidelik twee stelle reels. Kyk na Malema en sy SARS dinge en daar word net ooreenkomste gemaak. Zuma het sy nakandla en ACE die dairy plass in Vrystaat…

Piet ·

James inderdaad. Snaaks hoe vinnig gereg in sekere gevalle werk. Geen lêers verdwyn, niks.
Biljoene wat verdwyn – wel dis OK, dit vat so dekades langer indien ooit.

Andre ·

Ons regstelsel is ‘n joke.
Belaglike speletjies word gespeel om die totale tronkstraf groot te laat klink, maar enige sot weet dat vir selfs moord is die maksimun agter tralies tyd 25 jaar waarvan jy net 15 gaan uithuisig wees!

skurweberg ·

Ons soek ook ‘n klasaksie teen diegene wat miljarde der miljarde rand van die belastingbetalers se swaar verdiende belasting geld vermors en verduister het. Laat daar ook geregtigheid geskied.

Cheryl ·

Ek stem saam met jou – tyd vir aksie. Daar is nie enige afskrikmiddel nie, dus sal hulle aanhou plunder.

Pottie ·

As ons blankes net wil standpunt in neem kon ons lankal die ANC in n ander rigting in gestuur het dan was dit nie vir hulle so maklik om net te maak wat hulle wil nie

A Mac ·

Ek wonder as hulle nou in die parlement gesit het, sou daar ook so vinnig, doelgerig en hewig teen hulle opgetree gewees het? Hier is gewone “belastingbetalers” wat hulself verryk het, gevang is en mee gehandel is. Maar wat van al die ander skelms/korruptes in die regering? Solank hierdie tipe sake nie die aandag van ander mede-korruptes en staatskasstropers afgetrek word nie.

Johan ·

In Suid Afrika onder A en C bewind word slim werk met geld erger gestraf as moordenaars, verkragters, reeksmoordenaars, reeksverkragters diewe ens. Only in SA

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.