Pa, seun gewond in plaasaanval

plaashek-pexels

Foto: Pexels

Drie verdagtes is in hegtenis geneem kort ná ʼn plaasaanval Dinsdag in die vroeë oggendure in die Wes-Kaap.

Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 00:30 op ʼn plaas in Caledon-distrik plaasgevind. Volgens hom word die omstandighede rondom die voorval nog ondersoek.

“Drie verdagtes het toegang tot die plaashuis verkry en die eienaar (42) en sy seun is albei tydens ʼn struweling met ʼn skerp voorwerp gesteek. Hulle het mediese behandeling ontvang,” het Traut gesê.

Traut kon nie onmiddellik die seun se ouderdom bevestig nie.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het gesê die man is glo in sy hand gesteek terwyl die seun in sy rug gesteek is. “Die seun is na ʼn hospitaal gehaas,” het Müller gesê.

Die verdagtes sal volgens Traut in Caledon in die hof verskyn sodra hul aangekla is.

ʼn Saak van huisroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Pieter ·

Klag net huisroof. Waar is die ander media? Hierdie en ander plaasaanvalle is veel erger as die belaglike doodskis insident. En dan is die klag slegs roof. Ek verloor al my respek vir die polisie en vervolgingsgesag.

fm ·

Suid_Afrika is ’n misdaad “abyss” waar mense aangeval, geteister, gemartel en vermoor word deur misdadigers wat doen wat hulle wil,, wanneer hulle wil!!! Dit is soos ‘n permanent golf van wetteloosheid, onmenslikheid en wreedheid oor die land. Suid-Afrika is vasgevang in “Purgatory” . Ek het geen ander beskrywende woord vir wat daagliks gebeur nie.

hans ·

Ek kan nie indink wat deur die familie se gedagtes gaan nie. Dit bly en is hartseer en so onodig. Ek weet ook dat wanneer iets in jou hart is dan kan mens niks anders doen as dit nie. Boerdery sit in jou hart, iets wat baie sensitief is en wanneer jy dit wegvat gaan staan als. Hul kla daar is niks om te eet nie of daar is nie werk nie en dan gaan val ons die mense aan wat werklik die kos op die tafel sit. Maak mens jou stem duk in ander publikasies dan is jy ……….. Al wat hul ken is geweld en nogmaals geweld so kry jy mos alles reg in die lewe. Weet net een keer daar die lyn oorgesteek en daar is geen terug keur nie, jy is dan wat jy is, n moordenaar. Maak nie saak onder water vaandel jy dit doen, jy keur nie terug daarvan af nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.