Pa, seun in ernstige toestand ná Nelspruit-plaasaanval

Hendry Brown (Foto: Verskaf)

Hendry Brown se hart het vandeesweek twee keer gaan staan in die waakeenheid van ’n hospitaal in Nelspruit in Mpumalanga ná ʼn aanval oor die naweek op hom, sy vrou en die egpaar se seun op hul plaas buite die dorp.

Vier verdagtes het Hendry (77), Martie (74) en hul seun Tommy (53) Sondag in die vroeë oggendure met ’n byl en panga in die plaashuis op die Uitkyk-pad naby Mabalel aangerand.

Andrew Brown het Dinsdag aan Maroela Media gesê sy pa word sedertdien in die Kiaat-hospitaal behandel waar hy inderhaas ’n operasie moes ondergaan om die swelling op sy brein te verlig. ʼn Deel van Hendry se skedelbeen is tydens dié operasie verwyder en nog nie weer teruggeplaas nie in ʼn poging om die swelling te verminder. Hy moes ook noodgedwonge ʼn bloedoortapping ondergaan.

Volgens Brown is sy pa in ’n bedenklike toestand. “Ek is bekommerd oor my pa. Die dokter sê hy het alles gedoen wat hy kon. Nou moet ons net wag.”

Tommy word in die Rob Ferreira-staatshospitaal in die stad behandel nadat hy ernstige beserings aan sy skedel en kakebeen opgedoen het. Hy sal binnekort operasies moet ondergaan om die skade aan sy gesig te herstel.

Tommy is die betrokke oggend tydens ’n stoeiery met een van die verdagtes in die been geskiet. Die verdagte is in die proses noodlottig gewond.

Volgens Brown herstel sy broer se been goed.

Hoewel Martie reeds uit ’n hospitaal ontslaan is nadat haar skedel tydens die aanval gekraak is, het sy vandeesweek ’n angsaanval gehad. “Ek dink dit vang my ma nou eers,” vertel Brown.

Martie Brown (Foto: Verskaf)

Hy sê dat Martie kan onthou dat daar vier verdagtes daardie nag in hul huis was. Sy kan ook die skote wat tyens die stoeiery tussen haar seun en die verdagte afgevuur is, onthou.

Volgens Brown woon sy ouers reeds 53 jaar op die plaas.

“My pa kan nie ’n vlieg skade aandoen nie. Hoekom moet sulke goed met so iemand gebeur? Al wat ons nou kan doen is bid en hoop vir die beste.”

Nie Hendry of Tommy het ’n mediese fonds nie en Brown moet nou pa staan vir die mediese koste wat reeds sowat R200 000 beloop. Om enige bydrae tot die gesin se mediese onkoste te maak, kliek hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Blikkies ·

En so word ons herhinner dat nie alle Suid-Afrikaners in ons land aan die sogenaamde valse “eenheid” glo wat met die wêreldbeker geproklameer word nie.

Waarheid ·

Ja Rugby gaan nie onteiening sonder vergoeding of plaasmoorde keer nie.

Manna ·

Sterkte aan familie bid vir spoedige herstel en dat familie as sterker mense uit die situasie sal kom. Julle kom uit pionier families en moet nie toe laat dat krimenele julle gees breek.nie. sterkte

Wurmpie ·

Moet die staat dagvaar vir hierdie mediese behandeling en vir pyn en leiding. Ons staat stel mos nie belang om boere of enige iemand te beskerm nie. Sterkte aan die familie

se alweer ·

Waar is die staat!!!!
Laat Ramaphosa die mediese koste betaal!!! Dis die regering se skuld dat die tragedies aanhou plaas vind!!

Jerry B ·

Sterkte aan almal hoop julle word gou gesond. Sien een verdagte noodlottig gewond, one less to feed.

Annetjie ·

EK VOEL GEEN PERSOON WAT AANGEVAL WORD BEHOORT SELF DIE MEDIESE KOSTES TE DRA NIE!

Gaitsigubib ·

Sannie, Heidi is ongelukkig geblok so mens sal nou nie weet wat haar insette was nie, maar ek moet jou daarop wys dat jou kommentaar onnodig koud en traak my nie agtig klink. Blankes sukkel om werk te kry a.g.v rasgebaseerde wetgewing en mense leef daagliks in n oorlogsone van geweld. Bietjie empatie sal nie skade doen nie.

Lana ·

Julle hoop oop niks!! CR gaan niks aan die raak doen nie, ons moet vrede maak daarmee, en hy is nie wit nie, en sal ons nie bystaan nie !!!!

Jessica ·

The president is covering for his brother’s who are killing the whites.

Piet left the Building ·

Heidi, ek het verlede week presies dieselfde gesê toe my US senator vir my vra wat dink ek van SA.

Christien vd Westhuizen ·

DIE RIOOL WORD GEBORE MET GEEN GEVOEL VIR ENIGE IETS WAT LEWE DIS GENETIES EN OORERFLIK

Petro ·

Ons arme boere hul voorsien die kos. Hierdie klomp wat dit doen moet glad nie kos kry as hul gevang word nie. Laat hul besef hul vermoor mense wat kos voorsien. Maak hul net so dood soos hul met ons maak.

Johan ·

Plaasaanvalle – niks word gedoen nie
Moorde en aanvalle in stede – niks word gedoen
Ontwapening van wettige wapen eienaars – hulle versit berge om die taak af te handel
Verkragtings en aanrandings – bitter min word gedoen.
Onwettige emigrante – niks word gedoen nie.
Dwelmhandel – min word gedoen.
Vryheid van spraak – hulle onderdruk ons so hard as moontlik.
Vryheid van asosiasie – wettig, maar word hewig onderdruk met die howe aan die voorpunt
Munisipaliteite – gaan bankrot en totniet
Verarming van die wat iets het – word aangemoedig
Liberalisme in die media en staat – word ongelooflik aangemoedig
Aanmoediging vir westerse beleggings – minimaal
Aanmoediging vir oosterse beleggings en swak produkte – geniet maksimum voorkeur.
Werkloosheid – word deur staatsgeld aangemoedig deur sassa en BBEE, ipv werklike besigheids omgewing te skep vir maksimum groei en vooruitgang.
Ons vooruitsigte – oorlog of kommunisme

Klippie ·

Vergeet maar van oorlog, daar’s te min van ons oor. Maatjies almal weggehol. Wonder sommer of die Sjineese nie agter als sit nie…

Johan ·

Klippie, ek is nie so seker nie. Al bly daar 500 opregte Boere oor is daar hoop. Onthou jy Bloedrivier?

JohanR ·

Ou Cyril man, was jy al by die mense in die hospitaal, of by die huis om jou medelye te toon? Wag….wat se ek nou? Die mense is wit en boere. Dis die mense wat jy soe hard as jy kan probeer vermy, omdat daar moes nie plaasaanvalle in Suid Afrika is nie ne ou Cyril?!?!

sikloon ·

Kan ons nie vir ou cyril elke oggend n koerant laat aflewer nie, miskien sal hy hom lees? My eerlike opinie hy WIL niks weet van ons arme boere nie. Maar nouja dit is die enigste dier wat ek ken wat kan vuurmaak.

Ursa ·

Ek het baie lank terug gese ons is op dieselfde pad as Zimbabwe. Ons kan net so wel ons naam verander na Zimbabwe2

Peet ·

Die staat moet die volle mediese rekening in die beste private hospitale in die land en selfs oorsee betaal vir hierdie aanvalle!

Dries Bý ·

My komentaar is nie skerp genoeg nie maar hy sal sy dag kry ons is te lig vir hom tjap,tjap.

Chris ·

Mens hoef nie so te leef nie. As jy regtig wil emigreer na ‘n veiliger land kan jy. Ons het. Beplanning, harde werk en opofferinge. En voila daar het jy dit. Die wat sê hulle kan nie die land verlaat nie is net te lui om dit te doen.

Stelling ·

@Chris, dankie vir jou kommentaar dit gee mens darem bietjie hoop. Kan jy verduidelik hoe mens te werk gaan en wat mens benodig? Wow mense, kyk waar sit ons, dis so tragies om daagliks in vrees te leef. Ek voel die haat en sonde elke dag om my, ek lees hoe onskuldige ou mense seer-of dood – gemaak word. Ek dink aan my kinders, wat le hul voor, waar gaan ons op die einde van dae kan wegkruip? Ek besef dat die einde van my volk n realiteit geword het, en die onderdrukking gaan net vererg totdat ons net n boeke sal gehoor van word. Ons moet bid en ons verhouding met God regkry. Groete

Gaitsigubib ·

Joel nee ek dink nie sy/ ons, se dit al vir 40 jaar nie, hoewel daar wel mense was wat soveel insig gehad het (my pa was een van hulle). Zim het in 1980 in April demokraties geword en in 2000 het Bob in alle erns begin plase onteien. So dit het so 20 jaar geneem vir Zim om in n kaktistrokrasie te verander. Die RSA het in 1994 op 27 April demokraties geword. In 2018 kondig CR in die parlement aan dat hulle plase gaan vat sonder vergoeding, 24 jaar later. Kan jy geen ooreenkoms sien nie, dan sal dit seker nie help om verder te verduidelik nie?

Petrus ·

Die meeste Afrikalande het sewe jaar na uhuru ekonomies gevou. Burgeroorloë het gevolg en minderhede is uitgemoor. Daar is uitsonderings soos Botswana. Zimbabwe het 20 jaar gehou. SA sal dalk 30 jaar haal, want die ekonomiese basis was sterk.

Karlahari ·

Wat jy nie verstaan nie Sannie is as Heidi haar goed pak dan sit daar nog 5 of 6 mense sonder werk. Word wakker. Die reënboog het net twee kleure

Zombie ·

ń Berig oor ń videogreep aangaande rugby-ondersteuning ontlok bykans 160 kommentare en ń plaasaanval ń skamele 25. Wat sê dit van die sogenaamde Afrikaner?

lion ·

Dit is net regverdig dat alle mense in die land wat onder geweld deurloop se mediese kostes deur die regering gedra moet work en die pasiente in private hospitale versorg moet word,in die staats hospitale gaan hulle swaar kry en dood gaan

Michelle ·

Baie sterkte aan die gesin mag God hul dra in die moeilike tyd. Ramaposa het net soos die vorige als wat daar was vernietig hy het dit net baie vinniger as die ander gedoen. Die land iets nie net kaal gestroop nie ons mense is weerloos gelaat elkeen vir homself ‘n tweereens Robert Mhugabe

Willie ·

EK STEM HEELHARTIG MET JOU SAAM ANNETJIE!!! DIS VIR DIE REGERING SE REKENING!!!

Piet ·

My simpatie is besig om uit te hardloop vir die mense wat nie hule eie veiligheid ernstig op vat nie , veral mense op plase , Wapen julle self , jy mag jou lewe verdedig , word wakker

Gaitsigubib ·

Sannie, Heidi is ongelukkig geblok so mens sal nou nie weet wat haar insette was nie, maar ek moet jou daarop wys dat jou kommentaar onnodig koud en traak my nie agtig klink. Blankes sukkel om werk te kry a.g.v rasgebaseerde wetgewing en mense leef daagliks in n oorlogsone van geweld. Bietjie empatie sal nie skade doen nie.

wonder maar net ·

Is daar nie ‘n manier om die staat te dwing om die onkoste van elke beseerde in ‘n plaas aanval te dra nie… wie kan help? Die spul ministers se salarisse moet sommer hiervoor gebruik word, waar moet die mense nou skielik die geld uitkrap. Die REGERING moet BETAAL hiervoor!!

RKG ·

Waarheid, ek kan jou ‘n brief gee, en ook die versekering aan ander lede van die publiek wat steeds glo dat plase sonder vergoeding gevat sal word -dit sal nooit gebeur nie, die boere van SA is nie die boere van Zim nie-die regering sal moontlik probeer, en net 1 keer, dan nie weer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.