Pa, seun in hof oor renosterhoring

Die seun en pa (Foto: Verskaf)

ʼn Pa en sy seun, albei Mosambiekse burgers, staan tereg op aanklag van die besit van renosterhoring en haaivin. Hulle sal na verwagting op 28 Oktober in die Middelburgse streekhof in Mpumalanga verskyn.

Alberto Ernesto Nharreluga (47) en Alberto Erneto Nharreluga (27) is in April 2019 in hegtenis geneem nadat daar renosterhoring en haaivin in hul besit gevind is. Die hof het verlede Donderdag hul aansoek om borgtog van die hand gewys.

Die renosterhoring (Foto: Verskaf)

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, sê lede van die polisie se blitspatrollie het die pa en seun op die N4 digby Belfast in Mpumalanga afgetrek en op die renosterhorings en haaivinne, wat in hul voertuig versteek was, afgekom. Sekgotodi sê hulle was van Gauteng op pad na Mosambiek en vermoedelik besig om die horings en vinne uit die land te smokkel.

Sekgotodi sê die pa en seun is terstond in hegtenis geneem. “Tydens die inhegtenisneming het die verdagtes probeer wegkom, maar hulle het nie daarin geslaag nie,” sê sy.

Die pa en seun staan tereg op aanklagte van die besit van bedreigde spesies en korrupsie. Hulle bly tot hul hofverskyning in Oktober in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Scalla

Alweer buitelanders wat ons fauna en flora kom plunder, jaag hul terug van waar hul kom en daar hul straf gaan uitdien.

christo

Ek hoop daar is geld om DNS toetse doen op die horing, want dan kan daar bepaal word waar dit gestroop is. Stroping is nie onwettig in Mosambiek nie. Sedert spesialiseenhede mee weggedoen is word min sake behoorlik ondersoek. Die KNP sou graag die grensdraad tussen SA en Mosambiek weer opgerig hê.