Pa, seun sterf in ongeluk buite Lephalale

Floors Thirion (56) en sy seun Floris (19) is in die ongeluk dood. (Foto: Facebook)

Hanlie Thirion sê sy het gister verskeie kere gedink sy hoor ʼn bakkie aangery kom by die gesin se huis op Lephalale (Ellisras) in Limpopo waar sy gewag het vir haar man Floors (56) en seun Floris (19) om tuis te kom.

“Ek het hulle so 18:00 verwag en ek was bekommerd, maar my skoonma is by my en sy het alzheimers, so ek wou haar nie alleen los nie.

“Ek het ʼn paar keer gedink ek hoor die bakkie buite,” het Thirion Woensdag gesê.

Floors en Floris het vroeër die dag ʼn enjin op Hartbeespoortdam gaan koop en was daarmee op pad huis toe. “Ek was bang dat hulle dalk met ʼn pap wiel gaan staan het. My man het my vroeër gebel en gesê hulle gaan Vaalwater omry, omdat die ander pad baie sleg is.”

Vroegaand het iemand vir Thirion gebel en gevra of pa en seun veilig tuis aangekom het. Thirion wou dadelik weet of haar man en seun in ʼn ongeluk was en die persoon het na haar toe gery om die nuus mee te deel.

ʼn Vragmotor op die Vaalwaterpad, op pad na Ellisras, het klaarblyklik voor die Thirions ingedraai. Hulle is op die toneel, sowat 10 kilometer van die huis, dood.

“Ek is na die toneel toe, maar ek het baie ver stilgehou en toe ek nog steeds al die ligte [van noodvoertuie] sien, het ek geweet dis verby.

“Ek wou nie nader gaan nie, ek wou nie gaan kyk hoe dit lyk nie. Ek wou net sélf seker maak. Ek het só gehoop hulle het net ʼn pap wiel gehad,” het Thirion gesê.

Floors was ʼn tegnikus by ʼn myn in die omgewing. “Hy was so ʼn sagte mens. Dis maar net hoe hy was,” het Thirion oor haar man, met wie sy in Februarie vanjaar 21 jaar lank getroud was, gesê.

Floris Thirion (19) en sy ma, Hanlie. (Foto: Facebook)

Floris sou volgende maand sy vakleerlingskap begin het. “Hy was ʼn liewe kind.”

Die egpaar het albei ook kinders uit vorige huwelike. Sommige van hulle woon in die buiteland en is op pad na Suid-Afrika.

Thirion het gesê die gesin ontvang ongelooflike steun uit die gemeenskap. Begrafnisreëlings moet nog gefinaliseer word.

Maroela Media het die polisie om kommentaar oor die ongeluk genader en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

leser ·

sterkte aan gesin, ek sal jul ook in my gebede tot God opdra
so onnodiglik

Siener van Melbourne ·

Ai, Hanlie, my innige meegevoel. Ek is só jammer dat so iets jou moet oorkom. Baie sterkte.

Jammer, Hanlie ·

Bid vir jou sterkte toe, Hanlie :( dis baie, baie hartseer

Mariaan ·

My hart hou dit nie…elke dag tref sulke tragedies mense…die wereld is n wrede plek…hoe moet mens soveel hartseer verwerk…agge nee man! Sterkte aan hierdie familie…mens het eintlik nie woorde nie

Suzette Geringer ·

Ai Hanlie dit is so hartseer. Daar is nie woorde om daardie seer te kan beskryf nie. Baie sterkte.

dolphin ·

dis jammer om te hoor en was ook geskok dis ou vriendin van my skool dae af.

Maryna ·

Ons innige simpatie Hanlie dis ‘n dubbele groot verlies, ek het destyds saam Floris snr gewerk by Groottegeluk.

fred ·

baie hartseer….ek ken die pad en die trokke….hulle ry soos taxis….
sterkte aan die familie

Nonnie ·

En die een wat die moorde gepleeg het, gaan niks oorkom nie………….Mag God self julle vertroos.

Annie ·

Ek kan nie om te dink hierdie U draaie is met opset nie! Rip en sterkte aan familie

Adele ·

Ai tannie. Ek ken julle nie maar ek hou julle familie in my gebede en gedagtes. ❤

jacques van der berg ·

Ek is baie jammer vir di verlief tanni en ons bid vir tanni. Die twee gaan baie gemis word

Lizette ·

N gesin aan flarde ons familie geruk…. hulle los ñ groot leemte.

Cherise ·

Dis so tragies 10 km van die huis af, 10 km. Julle familie is in my gebede. Ek is so innig jammer, my hart breek vir julle.

Lou ·

Mens lees elke dag in die media van voertuig ongelukke en mense wat vermink en dood is as gevolg daarvan. Maar wanneer dit vriende en bekendes is dan raak die werklikheid daarvan jou baie erg.
Simpatie en sterkte aan die familie. Net God kan julle vertroos en heelmaak.

Thelma ·

Sjoe ek kry die dame so vreeslik jammer, hoe gaan mens aan, hoe aanvaar mens? Baie sterkte aan die familie en vriende en veral aan Hanlie.

jennefer ·

Ons paaie is voos en daar is soveel vragmotors daarop. Ons dorpie se hoofstraat word vertrap, vragmotors klim van die N1 af en ry die R101. Hul slaap ook oor in die hoofstraat, tot 20 vragmotors n nag, daar is nie toiletgeriewe, so alles word bemors.

Gerda ·

Hou die eienaar van die trok verantwoordelik vir die tragedie. Ek wens hierdie maatskappye wil eerder van spoor vervoer gebruik maak.Baie sterkte aan die naas bestaandes.

Wielspore ·

Hierdie is ‘n tragedie en kon verhoed word, sterkte aan die familie en vriende. Dit is deesdae ‘n tendens in SA om buitelanders te huur as swaar voertuig bestuurders, hierdie bestuurders en die geldigheid van hulle bestuurslisensies is onder verdenking. Ek verwys na die ongeluk so ‘n ruk gelede in Durban toe die swaar voertuig bestuurder deur ‘n rooi verkeerslig gejaag het wat die dood van verskeie mense veroorsaak het. Nie net was hy minderjarig, geen tot min ervaring, gee lisensie en ‘n buitelander.

Nick van Straaten ·

Jammer oor jul kosbare verlies. Wanneer die pad te styl word “KNIEL” Sterkte

Gesiggie ·

My innige meegevoel aan Hanlie en haar familie… Hanlie mag Jesus aan jou krag gee en jou dra deur die tyd van rou en hartseer.

treurgrond ·

Hanlie my hart gaan uit na jou toe. Dit is so so hartseer. Ek ken julle nie maar ek sit hier en my oe is vol trane. Julle lyk almal so na ‘n rustige familie – en net in een slag word daar twee weggeskeur, in een slag.

Loraine Venter ·

Wat n tragedie, so hartseer, geen trooswoorde gaan die gemis minder maak nie.
Mag julle vrede vind, om n pa, en boetie te verloor is hartverskeurend,baie sterkte aan die familie, Andrea en Jacques, julle is in my gebede…

Tanya ·

Ek ry elke dag daai pad om my kinders by die skool af te laai. Dis n vieslike plek om by te probeer indraai….. Ai, ons harte is baie seer vir ons dorp se groot verlies!!!

Rika ·

Baie sterkte aan die familie dra julle op in my gebede dis so hartseer wat julle oorgekom het mag julle berusting vind

Rika ·

Baie sterkte aan die familie dra julle op in my gebede dis so hartseer wat julle oorgekom het mag julle berusting vind.

Spikkels ·

Toe ek die opskrif lees sien ek 11jaar terug se opskrif Pa en seun sterf saam. 90% van die hartseer storie is ook deel van ons hartseer 11 jaar terug. Groot verlies om jou kind en man te veloor Innige meegevoel. Stywe drukkie en Vat dit dag vir dag op jou eie pas.

KRD ·

Ons innig meegevoel met die familie ek het hulle vir so half uur geken toe hul die groen oval track kar by my kom koop het baie vriendelike en opregte mense was hulle ek wens die familie alle sterkte toe

Henry ·

Baie hartseer en sterkte. Moet nie vergeet om die trok drywer te laat aankla vir moord

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.