Pa, seun sterf in vliegongeluk

Die ongelukstoneel. Foto: Netcare 911

Die ongelukstoneel. Foto: Netcare 911

ʼn Man en sy seun is dood nadat ʼn ligte vliegtuig naby die R59 in Parys in die Vrystaat neergestort het.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die vliegtuig het in ʼn veld neergestort. Volgens Steinmann is ʼn pa en sy vyfjarige seun in die ongeluk dood.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die man is buite die vliegtuigwrak gevind en die kind binne die wrak. Hulle is op die toneel dood verklaar.

Geen verdere inligting is in die stadium beskikbaar nie. Die Burgerlugvaartowerheid ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.