Pa, seun sterf saam; geliefde hondjie vermis ná ongeluk

Allie Buitendag en sy hondjie, Chappies.

ʼn Pa en seun van Marble Hall in Limpopo is Woensdag saam in ʼn ongeluk dood toe hul bakkie naby dié dorp ʼn fietsryer getref en omgeslaan het.

Verskeie ander mense het in die ongeluk gesterf wat ook Alberts Buitendag (60) en sy seun, Allie (26), se lewe geëis het. Die Buitendags was besproeiingskontrakteurs van die omgewing. Hulle was Woensdag omstreeks 18:00 van ʼn klant op pad huis toe, toe die ongeluk op die Arabie-damwalpad gebeur het.

Alberts het op die toneel gesterf en sy seun kort daarna.

Chappies.

“Vanoggend het ek vir die Here gevra: ‘Here, hoekom al twee? Hoekom los jy nie net een vir my nie?’ Maar hulle sou nie sonder mekaar kon klaarkom nie,” het Zelda Buitendag, Alberts se vrou, gesê.

Alberts Buitendag.

“Hulle was legendes en baie na aan mekaar. Ek dink die Here het geweet om al twee saam te vat.”

“Hulle was groot, geliefd. Almal het respek vir hulle gehad. Alberts en Allie was die soort mense wat, as daar nood is, áltyd gehelp het,” het Zelda gesê.

Allie en sy verloofde, Bernice Muller, se hondjie, Chappies, was ook tydens die ongeluk in die bakkie. Chappies, ʼn Jack Russell-hond, is sedertdien skoonveld. Sy is al redelik oud.

Benewens die enorme verlies vir die families, is Chappies een van hul laaste blywende herinneringe aan veral Allie.

“Bernice en Allie is al twee jaar lank bymekaar. Dit gaan nie goed met haar nie. Hulle was só lief vir mekaar. En vir daai hondjie.

“Ons is desperaat. Hulle was so lief vir daai hond, en sy vir hulle,” het Lindie Byleveld, Bernice se ma, gesê.

Chappies word na die ongeluk steeds vermis

Byleveld het gesê hulle het die ongelukstoneel agterna gefynkam, gesoek vir spore, bloed, enigiets. “Chappies het vermoedelik uit die bakkie geskiet tydens die ongeluk. Sy het dalk geskrik en begin hardloop.”

Die families het intussen pamflette versprei waarin mense gevra word om hulle te nader as hulle Chappies dalk iewers opmerk. ʼn Beloning vir haar veilige terugkeer is ook uitgeloof.

“Sy het nie ʼn bandjie aangehad nie. Sy het bome geklim soos ʼn kat; ons was bang sy hang haarself op,” het Byleveld gesê.

ʼn Roudiens vir Alberts en Allie word Dinsdag om 11:00 op die familie se plaas net buite Marble Hall gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

George ·

Wat ‘n hartseer berig! Ons bid vir vertroosting en bystand van Bo

Oujongvrou ·

Ag jinne tog. Mevrou ek kan nie dink hoe jy diè verlies gaan verwerk nie. Sterkte vir jou en die verloofde. Hoop julle kry die ou hondjie, groot asb tog Here.

Lizelda ·

Ai man dis soooo hartseer! My gebede is met julle. Hoop regtig wat naby julle bly sal help soek aan d pragtige hondjie. MM hou ons op hoogte asb.

Anoniem ·

Mag die Vader al die geliefdes deur die tragedie dra. Glo die honjie sal gevind word en terugbesorg word. Wees sterk en my gebede is met julle almal.

Dubbelloop ·

So erg om dit te lees, sjoe. Sterkte aan al die familie.

Hannie ·

Dit is my broer en seun wat tragies aan die einde van hul lewe gekom het. 2 groot bome wat geval het. Baie bemind by almal, was reguit mense met wie enigeen oor die weg gekom het. Harte van goud, was alryd daar vir jou. My broer Albert en Alie ons as familie se harte is stukkend maar ins onthou die mooi. My sessie Zelda dankie vir die goeie vrou en moeder wat jy vir hul was. Ek eer jou en is baie lief vir jou. Soos jy altyd sê om die wêreld en terug.

Martie ·

Hannie, so jammer vir julle familie.
Mag jul vertroosting vind in hierdie hartseer tyd.

????

Spikkels ·

My hart gaan uit na Zelda in 2008 het ek ook my man en seun in n motorongeluk verloor hul was soos Vinkel en koljander My dogter het vir haar ouma gevra hoekom het die Heer altwee gevat? my moeder se antwoord daai dag was sus as jy die Here was wie sou jy kies. Sy het verstaan wat ouma vir haar probeer sê … die Heer kon nie kies daarom het hy altwee geneem Vinkel en koljander

Wim ·

Hartseer vir Marble Hall gemeemskap sterkte aan almal.Hulle gaan gemis word.Groot harte groot manne wat geval het.Marble Hall is in rou my hart gaan uit na almal

Fanie (SP) Naudé ·

Mag al hulle vriende en geliefdes liefde en troos ontvang. En die arme hondjie gou gevind word.
Fanie Naudé.

wilma ·

Sal wonderlik wees as die hondjie gevind word. Darem n troos aangesien hu so lief was vir hondjie. Sterkte vir geliefdes

Toy ·

Ai dit is bitter hartseer! Mag julle Chappies gou vind. Baie sterkte vir jul familie.

Jeremia ·

Mag die Here julle styf vashou en deurentyd troos. En mag Chappies tog teruggekry word.

christine ·

So tragies sterkte aan vrouens in hul lewens familie en vriende

Wonder net ·

Mevrou, so jammer vir jul verlies!!
Julle sal soekgeselskappe moet uitstuur veld-in om die hondjie te gaan soek.
Baie mense wat saamsoek terselfdertyd, en komberse wat na die hondjie ruik saamneem.
Die mense moet net stil en rustig wees, die hondjie is miskien beseer, verwilderd en kruip defnitief weg.
Neem ook kos en water saam.
Baie sterkte.

Sons ·

My innige simpatie, ek bid dat Jesus julle sal deurdra in die moeilike tyd en dat julle gou jul hondjie sal terug vind.

Lynn Smith ·

Ek het ‘n vermoede dat van hulle arbeiders ook gesterf het.

Rudi ·

Ek wonder nou net dieselfde.

Selektiewe berrigewing deur Maroela Media.

Stompie ·

Liz, die fietsryer is beseer (weet nie hoe ernstig) en na hospitaal geneem
1 van Alberts se arbeid is op die toneel oorlede en die ander werkers is ook met beserings hospitaal toe. Dit is nie aan my bekend of daar later nog van sy werkers gesterf het of wat hul beserings behels nie. Alberts het blykbaar uitgeswaai om te VERHOED dat hy die fietsryer summier doodry en ongelukkig in die proses beheer verloor en die voertuig het gerol. ‘n Groot bakkie soos hulle sin kan nie sommer net rol as hy ‘n fietsryer tref nie…… my hart gaan uit na veral Zelda…….. ook Alwene en MC en ander familie en natuurlik ook na Hannie (suster van Alberts) wat hierbo kommentaar gelewer het. Stoutgat Allie… tsssk!….. Alberts….. groot ou kwaai Alberts maar met ‘n hart van goud….. die hemel weet, hoe verwerk julle mense hierdie dubbele verlies? Ek hoop die ou braksie word gou gevind.

Christa ·

Ag eks so jammer om van die enorme verlies te lees. Bid vir julle. Sterkte, Hy Sal julle versterking gee.

Helene ·

My innige meegevoel aan almal betrokke. Ek vertrou dat julle vr Chappie Sal vind.

Muffin ·

Baie tragies en sterkte vir die hele gesin. Ek hoop, glo en vertrou dat die hondjie ongedeerd gevind sal word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.