Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die dam is naby ʼn gastehuis in die KwaZulu-Natalse Middelande. Die pa en seun was glo saam met familie met vakansie ten tyde van die voorval.
Volgens Botha is hul liggame deur polisieduikers uit die water gehaal. “Die twee mans is op die toneel dood verklaar.” Geen verdere besonderhede, soos die oorledenes se ouderdomme, is in die stadium bekend nie.
Die voorval word ondersoek.
Waar jy heengaan daar sal Hy lei sterkte aan die agter geblewendes
Dit is baie hartseer. Ons Here is met hulle. Genade vir julle.
My hart gaan uit na hul familie. ? Die opskrif het my terug geruk na Jan 2008. Beeld en plaaslike koerant se opskrif: Pa en Seun sterf saam. (My man en seun het ook saam in motorongeluk gesterf) Dit is baie seer vir ‘n familie. Sterkte aan die familie wat agter bly. Glo bid en vertrou hul sal krag van Bo kry asook krag van hul ondersteunings netwerk hul familie en vriende kry. ?