Pa, seun swaar gestraf ná moord oor bok

Schalk Myburgh en sy seun, ook Schalk, in die beskuldigdebank van die hooggeregshof in Pretoria. (Foto: SA Polisie)

Schalk Myburgh (52) en sy seun, ook Schalk (29), is Dinsdag ʼn swaar tronkstraf opgelê nadat hulle ʼn man in 2015 vermoor en daarna probeer aanvoer het dat hulle aangeval is.

Die vonnis in die hooggeregshof in Pretoria spruit uit ʼn voorval in Desember 2015, toe Rickson Morake Mavula en sy drie kinders met hul voertuig na ʼn dam by Sanddrift naby Brits gery het. Een van Mavula, ʼn boer van die omgewing, se bokke het in die dam verdrink.

“Die Mavulas was besig om hul bok te kry, toe twee mans hulle genader en hul weg versper het deur hul voertuig voor die gesin se motor te parkeer. Mavula is van die diefstal van die bok beskuldig en aangerand,” het kol. Adéle Myburgh (geen verwantskap), polisiewoordvoerder in Noordwes, gesê.

“Mavula het tydens die aanranding op die grond geval en een van die beskuldigdes, Schalk Myburgh jr. het in die voertuig geklim en bo-oor Mavula gery. Hulle het Mavula bewegingloos agtergelaat en is na ʼn nabygeleë plaas waar hulle die gebeure aan die eienaar oorvertel het.”

Volgens die polisie is die Myburghs die volgende dag na die Brits-polisiestasie, waar hulle aangevoer het dat ʼn groep van minstens 10 mense hulle aangeval het. Daar is tydens die ondersoek bevind dié storie is versin.

“Die twee is gevolglik op Sondag 10 Januarie 2016 in hegtenis geneem danksy getuienis deur Mavula se 15-jarige seun wat die voorval aanskou het,” het kol. Myburgh gesê.

Die Myburghs is op 20 September vanjaar skuldig bevind aan moord.

Vyf jaar van Schalk sr. se 22 jaar lange vonnis is opgeskort en drie jaar van Schalk jr. se vonnis van 22 jaar tronkstraf is opgeskort op voorwaarde dat hulle nie weer skuldig bevind word aan enige misdryf wat ʼn element van geweld bevat nie, het die polisie in ʼn verklaring gesê.

Die polisiehoof in Noordwes, lt.genl. Baile Motswenyane, het die vonnisse verwelkom en die ondersoekspan bedank vir hul deeglike werk. “Ons gaan voort om hard te werk om te verseker dat misdadigers en diegene wat die reg in eie hande neem voor stok gekry word.

“Die vonnis gaan ongetwyfeld ʼn boodskap uitstuur dat diegene wat eiemagtig optree nie geduld gaan word nie,” het Motswenyane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Kolle ·

Hulle kry ‘n relatiewe ligte tronkstraf vir moord maar die doodskis twee word hanteer of hulle ook gemoor het.

Iemand ·

Kolle ek stem saam jou. Hierdie manne se straf is te lig. Hul moet veel langer tronkstraf kry as die “doodskis” ouens

Wondermaarnet ·

Bring terug die doodstraf. Hierdie twee mense moet nooit weer die buitekant van ‘n tronk sien nie.

Boet ·

En dit alles voor sy 15 jarige seun….. Ag nee wat, as die boere van die land self moord pleeg, moet hul nie huil oor plaas moorde nie

Francois ·

Ek hoop die reg word aan almal die selfde toegeken. Hoekom kry ek die gevoel seker mense kry meer en langer trok straf as ander.

Iemand ·

Die is absoluut absoluut skokkend. Wat n walglike mens moet mens wees om iemand so dood te maak? Die pa is n swak voorbeeld en sy seun is n teleurstelling. Walglik.

Adel ·

Is daar nie veronderstel om ñ riglyn vir vonnis oplegging te wees nie?? Dit voel vir my elke regter besluit sommer net wat die vonnis moet wees, want sommiges soos die 2 van die doodskis is erger gestraf. Sal nogals interresant te wees om te weet hoe presies hulle dit bepaal, miskien as die regter nie van jou bakkies hou nie kry jy swaarder straf??

Wonder maar net!!

Kobus ·

Julle prast van die Doodskis twee. Wat van die man wat sy dogter vir jare aangehou en mishandel hey se vonnis van 7 jr.

Nelis ·

Ja daar is riglyne (ongelukkig te lank vd kommentaar) wat die regter moet inagneem tydens vonnisoplegging. (Waarvan minimum vonnis een is). Elke saak het eie meriete laat ons nie met mekaar vergelyk nie. Maar vir my is ergste dat twee families nou in rou is en dat gevangenisstraf nie maklik is nie en dat die twee persone en hul families n baie moeilike tyd het wat voorle. Laat ons dan geen gevangene vergeet met ons gebede nie. Maar nieteenstaande alles moet ons weet dat hierdie voorvalle altyd as ras gedrewe gesien sal word en ons Volkie sal maar verbykom. Mens oordeel nie maar ASB vermy konflik. Loop liewer weg en kry ander maniere om die konflik op te los.

hercu ·

die regstelsel in SA is net so goed of sleg as die regerende kabinet wat veronderstel is om die regte voorbeeld en dissipline daar te stel waarin hulle tans 100% feil

Pieter ·

Ek is jammer maar as jy jou skuldig maak aan ‘n misdaad moet jy maar die prys betaal! Ons sit met kameras, selfone en al die nodige tegnologie om mense se misdade te dokumenteer en hul dan te vervolg! Om die reg in jou eie hande te wil neem is geen verskoning vir ons vrot SAP nie. Gebruik jou verstand en nie geweld nie! Jy gaan die prys betaal as jy dom is!

Boer ·

Mag nie reg in eie hande neem nie …. dis hoe hul ons volk magteloos maak met hulle boelie tegniek om tese hulle doen hulle werk … hul doen net hul werk teen wit mens wat wat ini 1st plek reg in eie hande moet neem oor hulle nie hulle werk doen teen die regte misdadigers nie

Toubs ·

Voor De Klerk was moordenaars gehang of jy nou bruin wit of swart was. Dan weet ek ook van moordenaars wat dit vry gespring het omdat dit ‘n politieke moord was. Tot vandag toe verstaan ek dit nie.

Niklaas ·

Nie baie slim pa en seun nie. Kon mos dink in hierdie jare gaan jy nie wegkom met so n moord nie. Vreeslik dom eintlik.

M ·

Hoe werk ons regstelsel? Hierdie vonnisse is belaglik! Soos in enige beroep kry jy goeies en slegtes maar regtig nou, hierdie was net blatant moord.

Nicky ·

Jammer dinge het so uitgedraai ek weet vir n feit hierdie 2 mans is nie moordenaars nie maar wel baie goeie mense wat plein weg net n fout gemaak het. Daar is mense wat hier is vir julle en julle ondersteun mense wat weet wat die werklike storie is en weet watse tipe mense julle is

Sterkte ek hoop net vir die beste x

Mathys ·

Wel, hulle is nie die tipe mens wat ‘n ou help, watse bok besig is om te verdrink nie, dis verseker

Tersia de Vries ·

Wie gee julle die reg om julle maag uit te spoel as dit kom my my broer en sy seun, wag ma dit kan oor julle pad ook kom HULLE HET HOM NIE DOOD GEMAAK NIE OKAY!

Klippie ·

Sê jy alles hierbo is leuns? Hulle het NIE oor hom gery nie? Nou hoekom het jy nie in die hof gaan staan en jou storie vertel nie?!

Tersia de Vries ·

Maroela kry jou storie agter mekaar voor julle my verloofde het die 29 ste Des al borg vir hulle gery, en hulle is die inhegtens geneem die 2 de Jan nie!!

Tersia de Vries ·

Maroela net gou Regstel hulle is NIE die 2 de Jan in hegtenis geneem nie!

Blommie ·

Ons het nou weer gesien hoe getuies jok, wie se wat die seun vertel was die waarheid?
Die moontlikheid bestaan dat hulle wel aangeval was, probeer wegkom het en die man het onder die kar beland.
Sien daagliks hoe mense kanse vat in byvoorbeeld kar ongeluk, as die taxi in jou vasry en daar is 100 oe dan is dit jou skuld en klaar, want al my boeties staan saam my.
Jammer maar ek vertrou die regstelsel niks nie.

Tersia de Vries ·

Nicolas gaan jy staan en kyk hoe iemand jou seun slaan????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.