Pa, seun tronk toe oor renosterstropery

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Pa en seun is Donderdag tronk toe gestuur nadat hulle daaraan skuldig bevind is dat hulle witrenosters in die Krugerwildtuin doodgemaak en onthoring het.

Phineas Mathebula (51) en sy seun, Ezekiel (22), is saam met January Ngobeni (45) in die Nelspruit-distrikshof tot 10 jaar tronkstraf elk gevonnis. Die mans is almal van Mosambiek. Hulle is op 15 Augustus deur veldwagters in die wildtuin in hegtenis geneem. Daar is twee witrenosterhorings, ʼn jaggeweer en ammunisie in hul besit gevind.

Die drie mans het skuldig gepleit op aanklag dat hulle Suid-Afrika onwettig binnegekom het, in die wildtuin betree het, onwettige jag, en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie. Hulle het in hul pleitverklaring aangevoer dat ʼn man van Massinga hulle gehuur het om renosters te stroop en hulle baie geld daarvoor betaal het. Die man het glo die jaggeweer aan hulle verskaf.

Staatsaanklaer Isbet Erwee het die mans se pleit aanvaar en hulle gelukgewens omdat hulle nie die hof se tyd gemors het nie. “Die hof moet ʼn duidelike boodskap stuur aan ander wat verhoorafwagtend is dat indien hulle skuldig pleit, die hof hulle genadig sal wees.”

Landdros Willie Wilkins het gesê China het onlangs aangekondig dat mense wat met renosterhoring betrap word lewenslange tronkstraf opgelê sal word. Hy het gesê Suid-Afrika moet dié voorbeeld volg. Wilkins het die mans tot 20 jaar en nege maande tronkstraf elk gevonnis. “In die lig van julle pleit, sal die vonnisse gelyklopend met die klag van onwettige jag uitgedien word wat beteken dat julle 10 jaar tronkstraf sal moet uitdien.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Boesman ·

Nou moet MY belasting geld hierdie gemors aan die lewe hou. :-(

NOT HAPPY!!!

lillian ·

Sit maar lekker … julle kry eintlik ‘n ligte straf! Julle “horings’ moet ook sommer verwyder word …

ra ·

..en ons moet n fooi betaal om te kan ingaan by die Kruger wildtuin..en ons coolerbags word deursoek…..maar hierdie ouens wals net in..gewapend….hahaha…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.