Pa, seun vas ná noodlottige ongeluk

Argieffoto: memyselfaneye (Pixabay)

ʼn Pa is saam met sy 18-jarige seun in hegtenis geneem nadat die seun glo aan die stuur was van ʼn motor wat in ʼn groep leerders ingeploeg het.

Die seun, ʼn gr. 12-leerling, het glo Dinsdag met ʼn Nissan-bakkie in ʼn groep van nege leerders ingeploeg buite die Mohlatlego Machaba Secondary School in die Bolobedu-gebied buite Tzaneen in Limpopo.

Die nooddienste is ontbied en die nege beseerde leerders is na plaaslike hospitale vervoer vir dringende mediese behandeling. Een van die leerders, die 14-jarige Koketso Raholane, is egter met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Die 18-jarige verdagte sal tereg staan op aanklagte van strafbare manslag, die bestuur van ʼn onpadwaardige voertuig en bestuur van ʼn voertuig sonder ʼn geldige bestuurslisensie. Sy 54-jarige pa sal tereg staan op aanklagte dat hy toegelaat het dat ʼn persoon sonder ʼn bestuurslisensie ʼn voertuig bestuur.

Pa en seun sal Donderdagoggend in die Bolobedu-landdroshof verskyn. Die polisie se ondersoek na die voorval gaan voort.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

chrisjan ·

Ek hoop hulle sluit albei LAAANK – toe sonder die keuse van ‘n boete.Sulke gemors moet van ons paaie verwyder word.Die pa se bestuurs lisensie moet permanent terug getrek word.Hy besef duidelik nie wat se groot voorreg hy het om ‘n voertuig te mag bestuur nie.En om dan nog ‘n ongelisensieerde persoon te laat bestuur?Neewat haal hom van die paaie af.

Kolle ·

Jy sal nie glo hoeveel ouers dit doen nie. Dit en tieners wat toegelaat word om alleen rond te ry met net leerling lisensie. Ouers reken dis ok solank die kind net in die dorp ry of spietkops vermy.

piet piet ·

Sjoe chrisjan dit is wreed ek self het so leer bestuur ,ek glo nie vir een oomblik dat die seun dit opsetlik gedoen het nie.

marous ·

Daar word eers iets gedoen waneer mense moet sterf . Daar is een wetstoepassing nie . Die land se mense maak nes hulle wil want niemand keer hulle nie . Die leiers van die land is sprekende voorbeelde van dit wat die onderdane doen .

Zettie ·

Dis baie hartseer. Die seun, wat as ‘n volwassene in die hof gaan voorkom, gaan vir die res van sy lewe geskaad wees hierdeur. En hy is eintlik maar nog kind. Net op ‘n ander noot, waar ek woon het het een van die inwoners van ons buurt ‘n rukkie gelede op die buurtwag-groep kapsie gemaak en haar misnoeë uitgespreek oor ‘n moeder wat met haar jong seuntjie op haar skoot bestuur (die seuntjie het die stuurwiel vasgehou) en dié voertuig het voor ‘n ander voertuig ingery by ‘n toegeeteken. Enkele minute later het die vader van dié seuntjie en gade van die moeder wat ook op die buurtwag-groep is, kommentaar gelos dat hy dit absoluut GOEDKEUR (die feit dat die seuntjie die stuurwiel vasgehou het en die moeder die kind op haar skoot het terwyl sy bestuur) aangesien die moeder naby die huis was. Nou wat sê mens nou meer……..onverskillige ouers maak onverskillige kinders groot……..

Janine ·

‘n Kind? Asseblief! Op 18 LANKAL vele ander dinge beproef, veral in vandag se tyd! EK het tussen mielielande leer bestuur, op grondpaaie. Nie iewers waar ek ander se lewens kon neem nie!

Cherokee ·

Dit is waar ek ook leer bestuur het, Janine. Buitendien op 8 jarige ouderdom lande geploeg met die trekker.

Netso ·

Ek glo julle wat hierdie pa en seun so kruisig het nog nooit iets stupids gedoen nie? Of het julle tog ñ geraamte ini kas?

Joe ·

Nope, geen geraamtes hier nie. Het ook nie iets stupids gedoen nie want ek het nie geld om foute reg te maak nie. As jy niks geld het nie dan dink jy 2 keer voor jy iets doen. Ry al vir 11 jaar en ook nog nie een boete nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.