Pa, seun vas oor leerling se dood

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Pa en sy 15-jarige seun is in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal in hegtenis geneem in verband met die skietdood van ʼn hoërskoolleerling.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê drie skoolseuns het Woensdagmiddag in ʼn geveg betrokke geraak by ʼn skool in Pietermaritzburg. Die 15-jarige verdagte het glo ʼn vuurwapen uitgeruk en Akhona Thabethe (18) in die nek geskiet. Thabethe is op die toneel dood verklaar.

Die verdagte het glo ook ʼn 15-jarige leerling in die nek en maag geskiet. Hy is in ʼn ernstige toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling. Die verdagte is in hegtenis geneem en die polisie het op ʼn 9mm-pistool en ammunisie beslag gelê. Hy word aangekla van moord en poging tot moord. Die verdagte se 38-jarige pa is ook in hegtenis geneem en word aangekla van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

Die verdagtes sal na verwagting Donderdag in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn. Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval veroordeel. “Dit is onaanvaarbaar dat leerlinge vuurwapens skool toe neem,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Karen ·

Kan dit dalk een van die 18 000 vuurwapens wees wat deur die polisie ‘verloor’ is? Miskien moet die polisie gedagvaar word vir elke ongelisensieerde wapen wat in ‘n moord / rooftog ensovoorts gebruik word.

CAV ·

Nog n arme onskuldige kind dood. Wetteloosheid van ons regering wat dit toelaat
Hierin lê die probleem ” ongelisensieerde vuurwapen “. Dit moet ondersoek, en daaruit moet die ondersoek uitgebrei word.

Dave ·

Moeilike raaiskoot Karen. Dit kan ook ‘n voorheen wettige wapen wees wat nie weer herregistreer is.

sandy ·

Cav. Dalk nie so onskukdige kind nie. Was dalk ‘n boelie en die 15 jarige het dit as al uitweg gesie. Boelies kan ‘n kind knak. Jammerlike voorval in elk geval.

hennie ·

Ek dink die pa kan dalk verantwoordelik gehou word vir die geval. Die wapen is ongelisensieerd, en waar kry die kind dit? Seker nie in `n kluis nie! Het ‘iemand’ nie dalk gesê as iemand aan jou raak, skiet jy nie”? Hier is in elk geval baie gissinge.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.