Pa, seun vas oor ‘polisievoertuig’, wapens

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Pa en seun is Dinsdagaand in hegtenis geneem nadat polisie in Eldorado Park, suid van Johannesburg, ʼn motor met ʼn blou lig opgemerk en van die pad af getrek het.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het gesê polisielede wat ’n roetine-patrollie gedoen het, het die voertuig afgetrek en gesien dat dit nie ʼn polisievoertuig is nie. Die 23-jarige bestuurder het beweer dat die voertuig aan sy pa behoort.

“Toe die polisie na die polisiestasie wou vertrek waar die verdagte aangehou sou word, het die pa opgedaag, sy aanstellingsertifikaat getoon en hom as ʼn adjudant-offisier geïdentifiseer,” het Dlamini gesê. Later is ontdek dat die pa ʼn voormalige reservis is wat in die vroeë 90’s deur die polisie in diens geneem is.

Die man is in hegtenis geneem en die polisie is na sy huis om dit te deursoek. Daar het hulle beslag gelê op verskeie vuurwapens, ammunisie en SAPD-uniforms en -kledingstukke. Die motor is ook geskut, het Dlamini bygevoeg.

Die twee sal binnekort in die Protea-landdroshof verskyn op aanklagte van die onwettige besit van vuurwapens, polisie-uniforms en blou ligte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theresa ·

Goeie genugtig. Ek lees van die boer en sy seun wat aangehou is deur “polisiebeampte” op hul plaas. En net verder ondertoe lees ‘n mens nou dit!! Kyk net al die polisieuniform ens. Wat gaan aan in die mense se koppe…..????

Pretorius ·

Ag hulle was seker maar besig om skelms te soek, die polisie kan dan nie hulle werk doen nie. Het ook al van n geval gehoor wat min of meer die selfde afspeel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.