Pa, seuns vas oor liggaam in kattebak

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Pa en sy twee seuns is in Lenasia, suid van Johannesburg, in hegtenis geneem nadat ʼn man glo in hul motor se kattebak gesterf het.

Ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, sê die man is dood nadat die pa en seuns hom Maandagaand na ʼn polisiestasie wou neem. “Die drie verdagtes was in ʼn kroeg in Lenasia waar hulle in ʼn bakleiery met die man betrokke geraak het,” het hy gesê.

Die slagoffer was glo met ʼn mes gewapen. “Die verdagtes het hom glo aangerand en in hul motor se kattebak geprop voor hulle met hom na ʼn polisiestasie gery het om hom aan die polisie oor te gee.”

Makhubela het gesê die verdagtes is in die polisiestasie in en toe hulle weer by die motor kom, was die man reeds in die kattebak dood.

“Ons het geen ander keuse gehad as om hulle vir moord in hegtenis te neem nie. Hulle sal binne 48 uur in die Protea-landdroshof verskyn,” het Makhubela bygevoeg.

Hy sê die pa is 62 jaar oud terwyl die seuns onderskeidelik 24 en 28 jaar oud is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.