Pa sit lank ná dogter se verkragting

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 37-jarige man van KwaZulu-Natal is in die Camperdown-streekshof tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy sy dogter op Kersdag 2013 verkrag het.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het Vrydag gesê die dogter en haar ma was op 25 Desember 2013 siek by hul huis. Die man, wat naby hulle gewoon het, het sy dogter omstreeks 11:00 gebel om na sy huis te kom, omdat ʼn kruiedokter glo opgedaag het wat die gesin sou genees.

“Toe die slagoffer by sy huis opdaag, het hy haar gedwing om na sy kamer te gaan en hy het haar verkrag. Die slagoffer het die saak by haar tannie aangemeld en sy het ʼn saak by Inchanga-polisiestasie aanhangig gemaak,” het Zwane verduidelik.

Die man het verskeie kere in die hof verskyn totdat hy Woensdag skuldig bevind en gevonnis is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jeannie du Plessis ·

Ek kan dit nie glo dat n man sy eie/ of na ander kind/of enige iemand teen sy sin kan verkrag en dit om sy eie drange te bevredig. Die ergste is hy blameer die kind/ vrou of man darvoor wat verkrag is, net NOOIT, NOOIT homself. Hoe kan jy jou vewronge drange op iemand…selfs n babatjie afdwing…??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.