Pa sit lank ná dogters se verkragting

Argieffoto

ʼn 45-jarige man is in die Botshabelo-streekhof in die Vrystaat gevonnis op aanklag dat hy sy twee dogters verkrag het.

Sers. Martin Xuma, woordvoerder van die polisie, het Saterdag gesê die man is vandeesweek twee lewenslange vonnisse opgelê.

“Die gesin, ʼn pa met twee dogters en ʼn seun, was op 26 November 2017 op pad om te gaan slaap toe die pa sy 14-jarige dogter na sy slaapkamer geroep het en haar gevra het om hom te masseer,” het Xuma gesê. “Hy het haar klere uitgetrek en haar verkrag.”

Die dogter het dit by ʼn lidmaat van hul kerk aangemeld en hulle het die polisie in kennis gestel. “ʼn Saak van verkragting is aanhangig gemaak. Die man is kort daarna in hegtenis geneem.”

Tydens die ondersoek het dit aan die lig gekom dat die man ook sy 16-jarige dogter verkrag het.

Die kinders is in die sorg geplaas van ʼn lidmaat van die kerk, omdat hul ma oorlede is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Peet Grundlingh ·

Hier gaan ons weer
Eskom sonder krag
Eskom sonder Brandstof
Eskom soos flikkerlig
Eskom aan Eskom af
Dit laat mens sonder woorde
Maar daar is ons weer aan
Hoe lank die weet ons nie
Selfs RSG saai weer uit
Is ons of is ons nie
Ramaphosa praat en krag is weer aan
Die volk haal weer asem want nou kan ons weer bak en brou
Sikloon laat ons weer sonder krag en sonder woorde
Die poppe dans nou behoorlik
Kragopwekkers gaan en kragoowekker staan
Die volk bly hoop want sonnige Suid – Afrika bly tops dit kan ons se sonder woorde

it
Die water raak skraal

Elvira ·

Hoop die sielsiek irk se lewe is hel in die tronk. Sterkte vir die dogters.?

ne ·

Die dogers moes maar instaan vir die oorlede ma.
Siek mense. Siek land. Vrot kultuur.

Sarel ·

2 x Lewenslank. Gewoonlik word die Vonnis aaneenlopend uitgedien so effektief 25 jr en uit op Parool voor jy mes kan sè.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.