Pa sit lank ná hy baba doodslaan

Ashwynne Kortjie van Bonnievale in die Wes-Kaap is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy sy vier maande oue babadogtertjie doodgeslaan het. (Argieffoto)

’n Pa van Bonnievale in die Wes-Kaap is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy sy vier maande oue babadogtertjie doodgeslaan het toe die kind nie wou ophou huil nie.

Ashwynne Kortjie (22) se dogtertjie, Ashmee-Lee Stallenberg, was op 19 November 2019 alleen in sy sorg. Hy en die baba se ma, Louise Stellenberg, was nie meer bymekaar nie.

Kortjie het gesê dat die baba die oggend teen 09:00 onophoudelik begin huil het. Hy het erken dat hy hard met albei hande op Ashmee-Lee se ribbes gedruk het waarna hy haar arm so hard geruk het dat dit gebreek het.

Volgens Kortjie het hy Ashmee-Lee met ’n bottel probeer voed toe sy steeds nie wou ophou huil nie. Hy het haar daarna twee keer hard met sy vuis op die bors geslaan.

Kortjie het glo ná die voorval geskrik en by sy bure om hulp aangeklop. Sy buurvrou, Francis Pienaar, het opgemerk dat die kindjie “dood lyk”. Hy is dieselfde dag in hegtenis geneem en het skuld erken.

“Sy plig as ouer was om haar te beskerm, nie om haar gruwelik en koelbloedig dood te maak nie,” het adv. Maressa Engelbrecht, staatsaanklaer, gesê.

“Die lyding wat sy kort voor haar dood moes verduur, is hartverskeurend.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Mari ·

Nou maar hoe los mens so n klein pap baba alleen byn pa – nog so jonk en met GEEN ONDERVINDING om baba te versorg nie?
Hy moet boet vir sy daad – mag jy omtrent “Bederf” word in die tronk – daar is mense wat jou goed gaan laat tuis voel!!!!

Toetsie ·

Ondervinding het NIKS met die logika van moord te doen nie

Cherokee ·

Baardman en Cindy, julle verdraai Mari se eerste sin, en die tweede sin is losstande vanaf die eerste. Sy het NIE gesê alle pa’s sal dit doen nie. Lees reg.. sy sê babas moet nie by onervare vaders gelaat word nie, en ek stem 100% met haar saam.

Jeeper ·

Ek was ‘n onervare pa en was ook alleen gelaat met my eerste kind wat ook soms “aanhoudend” gehuil het en laas yoe ek gekyk het was hy nog heel ok, het ‘n werk en dit lyk of hy heel suksevol is.

Tanniepetoors ·

Hartverskeurend. Hopeloos te kort vonnis. Wanneer gaan ons maksimum vonnis meer as 25 jaar word en lewenslank beteken tot jy in die tronk doodgaan?

Boer ·

Ek het geen simpatie nie, hy moet maar gaan sit!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!1

Carina ·

Bitter hartseer. N onskuldige baba, ek wil nie eens dink waardeur die baba is voor sy dood. So jammer die doodstraf is nie meer daar

SomeOne ·

ek hoop dat hy ook NOOIT weer naby kinders toegelaat sal word nie

E ·

Ek wens hulle kon ‘n vasektomie by die vonnis sit. As jy nie “babies” wil he en mooi na hulle kyk nie, moet jy geen he nie.

absoluutgatvol ·

sjoe, min dinge so ontstellend soos ‘n kindjie wat deur ‘n ouer vermoor word

Chris dupreez ·

Dit is so jammer dat ons nie meer die doodstraf het nie, die arme baba moes soveel pyn verduur voor sy dood is dat geen tronkstraf, hoe lank ook al , dit regverdig nie. Nou hou hy aan leef op die belasting betaler se geld.

Nico ·

Dit is tragies dat ‘n volwasse man wat ‘n baba van 4 maande met die vuis dood slaan en hy kry net 25 jaar vonnis, hy het die skeppings werk van God vernietig en hy sal nie daarmee wegkom nie sy groot hofsaak waar ons Skepper God die regter gaan wees, daar sal geen wegkom kans wees nie, daar sal hy straf ontvang.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.