Pa sit lank ná kinders se moord

Nkosinathi Emmanuel Ndlela (Foto verskaf)

Nkosinathi Emmanuel Ndlela is Maandag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg gevonnis ná hy skuld beken het op aanklag dat hy sy twee kinders, onderskeidelik drie en agt jaar oud, verlede maand in Esikhaleni vermoor het.

Natasha Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het gesê Ndlela is twee lewenslange vonnisse opgelê.

Ndlela (38) en sy vrou se huwelik het verbrokkel en sy het uit die huis getrek. Aangesien Ndlela nie die kinders wou laat gaan nie, het sy hulle by hul pa gelos. “Die beskuldigde het op 10 Augustus sy twee kinders verwurg en hulle opgehang – die een in die badkamer en die ander een in die slaapkamer. Hy het hom daarna aan die polisie oorgegee.”

Senior staatsaanklaer Mbongeni Mthembu het ter verswaring van vonnisoplegging ʼn slagoffer-impakverslag aan die hof voorgehou wat die kinders se ma opgestel het. Mthembu het die hof versoek om ʼn vonnis op te lê wat as ʼn afskrikmiddel sal dien vir ander persone.

“Die ma het in die verslag gesê die voorval het haar lewe drasties verander, aangesien haar kinders haar rede was waarom sy leef. Sy het gesê die beskuldigde het gewelddadig en onmenslik opgetree en hy het sy vaderlike pligte versuim. Volgens die ma is haar lewe nou betekenisloos.”

Ndlela is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir elk van die moorde. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Nonhlanhla Khoza, LUR vir maatskaplike ontwikkeling in KwaZulu-Natal, het die vonnisoplegging verwelkom. “Ek loof die toewyding en uitstekende ondersoekwerk deur ons wetstoepassers in hierdie saak. Hierdie vonnis stuur ʼn sterk boodskap dat kinders se regte en vroue se regte ook menseregte is.”

Khoza doen ʼn beroep op alle lede van die samelewing om die slagspreuk te volg: “My kind is jou kind, jou kind is my kind” om ʼn land te skep waar kinders nie mishandel word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Outoppie ·

Kry lewenslange straf vir die dood van 2 kinders maar gaan net eintlik vir een sit. 25 +25 is 50. Nou maar net 25 sit. Hoe werk dit?

Adri ·

Outoppie, en van die 25 jaar gaan hy seker maklik 10 jaar sit en dan vrygelaat word. Ons regstelsel is siek.

Wondermaarnet ·

Nee wat, hy gaan nie eers 15 jaar sit nie dan is hy uit. Hopelik word daar met hom afgereken in die tronk en word die belastingbetaler ‘n paar rand gespaar.

Joon ·

Ag nee die kinders was haar alles, maar sy Los hulle by die pa? Watter soort ma Los haar kinders?!!!!

Anel ·

Jammer, maar my kins is my kind en nie joune nie en ek wil ook nie joune h nie. Siek slagspreuk!

Heidi Lundie ·

Eintlik is die slagspreuk maar net n maier om te sê ons sal na mekaar se kinders omsien as hulle dit nodig het. Die dag as jou kind dit nodig het sal jy die waarde van dit besef.

Moegeploeg ·

Ja nee mens verstaan nie altyd hoe die regters by hulse vonnise uitkom nie. Maar ek verstaan ook nie die vreeslike lofbesinging van die beamptes nie…. het hy hom nie self oorgegee nie???

Fielies ·

Jippie en siedaar het ek nog n belasting etertjie om voor te sorg vir die res van my lewe. So dankbaar en bly ek kan bydra tot hierdie belangrike taak om gespuis aan die lewe en in die stelsel te hou. Rejoice!

Uilspieel ·

Groot fout met ons regstelsel! Jy vermoor 2 jong kinders en ky 25 effektief agter tralies en in die vorige berig kry Dawid 52 jaar agter tralies vir renoster stropery. Hoe nou? Ek verstaan nie hoe moordenaars van mense soms net 5jaar kry nie. Glo my, ek verafsku renoster stropers ook, maar is ń human life nou minder werd? Saag liewer stropers se neuse met ń stomp geroeste broodmes af en straf moordenaars met 60 jaar of meer. Wat is vandag se lewensverwagting. 60 -70 jaar? Dalk 80… hy het di kinders daarvan ontneem. Hy kan mos vir daardie tydperk sit….

jakes ·

Die moordenaar sal genoeg tyd in die tronk he om te besin oor sy dade. Lewenslank beteken dat hy na 20 jaar eers in aanmerking kom vir parool. Tensy CR hom begenadig.

Joa ·

Onthou net die wraak kom die mens nie toe nie. Ja al die moordenaars word deur die staat gestraf want dit is hoe dit moet wees. Elkeen wat ‘n mens of dier doodmaak sal tot verantwoording geroep word wanneer hulle voor onse Vader staan, vir elke lewe wat hulle geneem het,.

Chris ·

Mens en dier? Waar staan dié deel oor die diere in die Bybel??

AH ·

Vonnis is nie swaar genoeg nie. Moes twee keer lewenslank sonder die opsie van parool gewees het wat nie samelopend uitgedien kan word nie. Hy moet verkieslik nooit in sy lewe weer die buitekant van ‘n tronk sien nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.