Pa sit lank oor dogter se verkragting

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 39-jarige man van Khayelitsha in die Wes-Kaap is skuldig bevind en gevonnis vir die herhaaldelike verkragting van sy biologiese dogter.

“Die verkragtings het in 2011 plaasgevind toe die dogtertjie agt jaar oud was,” het kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Die pa, wat nie in dieselfde huis as sy dogter gebly het nie, het haar in die oggend voor skool by die hek opgelaai en na sy huis toe geneem.”

Volgens Van Wyk het die onderwysers besef die kind was al vir ʼn week lank nie by die skool nie en hulle het haar familie in kennis gestel en haar ondervra. “Die pa het haar opgelaai, na sy huis toe geneem en haar gedwing om pornografie te kyk voordat hy haar op verskeie geleenthede verkrag het.”

Die pa is uiteindelik in hegtenis geneem op aanklag van verkragting.

“Deeglike ondersoek deur die Khayelitsha-speureenheid het tot die man se skuldigbevinding gelei,” het Van Wyk gesê.

Hy is tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.