Pa sit lewenslank na hy dogter verkrag

court-hammer_thumb‘n Man van KwaZulu-Natal is lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy sy 13-jarige dogter verkrag het.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê die man het sy biologiese dogter in Junie verlede jaar verkrag. “Hy het aan haar gesê hy moet dit as haar pa doen. Die slagoffer het haar ma, wat nie ten tyde van die voorval tuis was nie, van die voorval vertel,” sê Naicker.

“’n Saak van verkragting is aanhangig gemaak. Die pa is in hegtenis geneem en na talle hofverskyning gevonnis. Hy is deur die Umlazi-streekshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiehoof, het die vonnis verwelkom. “Ons sal vroue en kinders teen bose mishandelaars beskerm en hulle agter tralies hou waar hulle hoort. Dit is baie ontstellend dat ‘n pa so ‘n afskuwelike daad van geweld teen sy eie kind sal pleeg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peter Says ·

Vraag is, is lewenslank lank genoeg ? Doodstraf, is al wat hier reg en geregtigheid sal laat geskied.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.