Pa skiet dogter se kaper

Die vuurwapen waarop beslag gelê is. Foto: Glenvista-gemeenskapspolisiëringsforum/Facebook

Die vuurwapen waarop beslag gelê is. Foto: Glenvista-gemeenskapspolisiëringsforum/Facebook

ʼn Pa van Ridgeway in Johannesburg het Sondagaand een van sy dogter se vermeende kapers geskiet.

Konst. Sibongile Mnguni, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die dogter en haar kêrel het Sondagaand omstreeks 21:30 in ʼn motor buite die huis in Leipoldtstraat gesit en gesels toe drie mans in ʼn motor agter hulle stilgehou het.

Volgens Mnguni het een van die mans ʼn vuurwapen op die dogter gerig en haar uit die motor gedwing. Die pa het sy dogter buite hoor skree waarna hy na buite gehardloop het. Een van die kapers het op die pa losgebrand en die pa het teruggevuur. Een van die kapers is in die kop geskiet en die ander twee het gevlug.

Mnguni het gesê die kaper wat geskiet is, is onder polisiebewaking in die hospitaal. Die polisie het beslag gelê op ʼn vuurwapen en selfone wat aan die verdagtes behoort het. Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot kaping en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

Mnguni het aan Maroela Media gesê geen aanklagte word in die stadium teen die pa ondersoek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

pop ·

So op die maandag lees ek goeie nuus raak. n Pa wat met sy wapen gereed is. Pragtig!!!!!!

Grassie ·

Dit is nou ‘n pa wat sy sout werd is. Jammer hy kon nie die ander twee ook klits nie.

Kosie ·

Baie goed gedoen mnr, Vaderskap leef u ten volle uit. Julle tweetjies moet nie sit en gesels buite op straat nie. Sit eerder onder pa se oë in die voorhuis. Dogter, ‘n dankbare gebaar sal wees om jou beskermde pa ‘n gevaar toelaag vir die insident te betaal.

lillian ·

10/10! Laat hulle vir hul kry! Dit kan nie so aangaan dat ons “sitting ducks” is nie. Maar mense moet ook besef hoe kwesbaar jy is in die nag in ‘n voertuig waar jy sit en gesels. Vermy dit ten alle koste.

Anita ·

Well done Pa!!

Aan die dogter en kêrel, ek is bly jy almal is lewend maar dit kon baie tragies uitgedraai het! Glo julle het ‘n les hieruit geleer.

Asjas ·

En wat se les moet ons hieruit leer? Dat ons die gevangenes is in die land? Ons het met ons banggat houding die mense die reg gegee om ons te vermoor ens. Nee! Genoeg is genoeg. Les aan kerel … sorg dat jy volgende keer ‘n wapen het. Dis ons land ook, ons het die REG om in ons eie karre voor ons eie huise te sit en op ons eie fone te praat wat ons uit ons eie handsak geneem het. As ons nie opstaan nie lag hulle vir ons en gaan net lustig voort want ons is bang en kruip weg in ons huise agter tralies.

Anita ·

@Asjas: Kalmeer jong.

Natuurlik is dit nie reg dat hulle net kan vat wat ons s’n is nie en dat ons nie kan sit, loop en praat waar ons wil. Dis die ideaal maar is dit realisties……nee!

As die wetteloosheid jou dan nie raak nie, gaan koop ‘n brood 8 uur in die aand.

Lekker dag

genoegisnoublerriegenoeg ·

Well done aan die pa. Is jammer hy is nie dood nie. maar ek glo indien hy lewe, sal hy volgende keer twee keer dink voordat hy weer so iets probeer. Ek stem saam dat die dogeter en die man nie in die kar moes gesit het nie. Maar dit maak my kwaad, want jy mag nie in jou kar sit of ry, of met ‘n selfoon praat of met ‘n handsak stap nie, want dan dink hierdie kriminele dit is hul reg om dit te vat. Hoekom moet ons alles wegsteek vir die kriminele???? en dan is dit ook nie eers veilig in jou eie huis nie, want hul dink hul kan net inbreek en vat en doodmaak soos hul wil, omdat die regering niks doen aand al die crime in die land nie!!!

Christo van der Bergh ·

Boodskap aan die simpel “Gun Free SA” organisasie: As julle jul sin gekry het om die goeie mense te ontwapen en hierdie pa nie ‘n vuurwapen gehad het nie, dan was die misdadigers die wenners. Is dit wat julle wil hê?

Jan ·

Mooi so aan die pa!

Ja Christo ek stem 100% met jou saam. Ons wettige eienaars is nie die moordenaars nie. Dis al die mense met die onwettige wapens in die land wat die probleem is.

En hulle is nou nog boonop besig om die vuurwapen wet te verander. Maar dis seker n strategie om die wat die wet onderhou te ontwapen en die wat dit oortree te bevoordeel!

Jan ·

Mooi so aan die pa!

Ja Christo ek stem 100% met jou saam. Ons wettige eienaars is nie die moordenaars nie. Dis al die mense met die onwettige wapens in die land wat die probleem is.

En hulle is nou nog boonop besig om die vuurwapen wet te verander. Maar dis seker n strategie om die wat die wet onderhou te ontwapen en die wat dit oortree te bevoordeel!

Wayne ·

As ek die jong lat is wat saam pa se dogter in die kar sit, sal ek nou twee keer dink oor my intensies met sy dogter! Wel gedaan!

Trippie ·

“Mnguni het aan Maroela Media gesê geen aanklagte word in die stadium teen die pa ondersoek nie.”

!!!

Ek kry sommer ‘n kramp!

frans ·

Baie goed gedoen maar hy gaan net n week of 2 sit en hy is uit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.