Pa skiet glo seun (7), toe homself

Dylan Neethling (Foto: Facebook)

“Hierdie is te veel om te verstaan … So oulike laaitie en tog so jonk.”

Só het ʼn sosialemediagebruiker vandeesweek gereageer op die nuus dat ʼn sewejarige seuntjie van Panorama in Parow in die Wes-Kaap oor die naweek doodgeskiet is.

Dylan Neethling, ʼn graad 1-leerling aan die Laerskool Panorama, is Sondag in die vroeë oggendure na bewering deur sy pa in hul huis in dié voorstad doodgeskiet.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Volgens Van Wyk het die pa (69) omstreeks 03:00 vir Dylan doodgeskiet waarna hy die vuurwapen op homself gerig het.

Dylan se skool het hom Maandag in ʼn verklaring gegroet. “Vandag is ons baie hartseer om ʼn pragseun van Laerskool Panorama te groet. Jou onverwagte heengaan is vir ons ʼn groot verlies,” lui die verklaring.

“Rus sag in ons Hemelse Vader se arms. Tot ons mekaar weer ontmoet!”

Medelye stroom sedertdien in vir Dylan se ma, Nandia.

Volgens Van Wyk is ʼn moorddossier geopen en ʼn ondersoek van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Joon ·

Jammer PA 69 kind maar 7. Waar was ma?
Miskien was daar geen toekoms vir hom en kind. Weet Niks van familie. Geen toekoms vir blanke mense. Sal eers moet kyk na omstandighede en Dan oordeel

Bert ·

Stem saam Joon.
Dis wat gebeur as mens regtig alle moed vir die hede en toekoms verloor het.
Gaan waarskynlik steeds meer gebeur, ander meer aggressiewer mense sal dalk probeer om ‘n klomp wat hy as verantwoordelik hou vir die situasie saamneem voor hy uitklok.
Tragies maar waar!

Linette Sauer ·

Joon en Bert, dit IS hartseer en dit WAS verkeerd..net soos aborsies. Geen verskil.. Ek oordeel nie, ek gee my opinie. Maak nie saak HOE duister jou boeke is nie.

magda ·

Baie lelik van die pa om sy kind te skiet; as hy moeg was vir die lewe skiet jouself maar los n onskuldige kind uit – hy het ook n reg op die lewe gehad en ek GLO iemand sou vir hom liefde en sorg gee!!

Magda ·

Ongelukkig is ander mense se boeke baaaaie duister en kan ons ongelukkig nie oordeel nie.
Ek wonder maar net hoe oud is die ma en waar is sy of waar was sy tydens die voorval, want daar word nie woord gerep oor haar nie. Almal het ‘n reg op die lewe, maar ongelukkig dink al die moordenaars daar buite nie so nie.

suez ·

JAA NEE verseker,HOEKOM so mooie ou seuntjie se lewe be-eindig omdat hy(pa) so sefsugtig is.HARTSEER VERBY.

Stella barnard ·

Ons wereld het boos geword. Oordeel mag ek nie. Mag die pa vergifnis by God kry oor die daad wat hy gepleeg het. Ek sal nie weet wat in die pa se kop aangegaan het nie. Eks so jammer vd ou seuntjie. Jou lewetjie is wreed kortgeknip. Jys nou veilig in Jesus se arms seuna. Rus in vrede. ????????????????

Celia Tjaden ·

Ons MAG nie oordeel nie. God alleen sal oordeel. Dis bitter hartseer my hart bloei- innige meegevoel aan Panorama skool en almal betrokke. Bid vir troos.

Christine ·

Nee , Nee so n pragkind kyk daai gesiggie so hartseer wat besiel die groot mense as hul probleme het moet die kinders daar onder ly .Sterkte aan geliefdes .Hoekom n onskuldige kind se lewe neem .

Elsa ·

Rus sag by Jesus, Dylan. Jou lewe is kortgeknip agv jou aartse pappa wat se goed nie in plek was nie. Ek is die laaste persoon wat ñ klip mag optel en na julle as gesin gooi. Ek kan net vir die mamma en ander familielede bid.

Abe ·

Celia Tjaden,
Twak. Waarom mag ons nie oordeel as ons sien iemand tree dwaas op nie. Ons kan mos oordeel wat is goed en wat is sleg. Hierdie pa het nie net dwaas opgetree nie hy het ook geen reeg gehad om te doen wat.hy gedoen het nie.

magda ·

Stem!! As jy moeg is vir die lewe skiet jouself; nie n onskuldige kind nie!! ek GLO daar sou iemand wees om vir hom liefde en sorg te gee – NIEMAND het die reg om iemand anders se lewe te neem nie!

wilma ·

NEE, NEE, NEE!!! Ai mamma en geliefdes, woorde ontbreek, maar weet vir seker dat baie van ons saam met jou huil al ken ons jou nie. Mag jy genade vind en mettertyd berusting kry.

Dankbaar ·

Dit is so, so hartseer dat n pragtige, jong kind se lewe geneem is.

jakes ·

Maak nie saak wat die man se probleme behels het nie, hoe kon hy n pragtige seuntjie se lewe neem? Dis n siekte in SA dat grootmense maar hul familie saam neem wanneer hulle selfdood pleeg. Die man sal onthou word as n moordenaar en nie vir sy eie sielkundige probleme nie.

Maljan ·

@Christine, @Dankbaar, Jakes, Genieve en enige iemand anders wat wil weet “hoekom so n pragtige seun” julle laat dit klink of lelike kinders !oord verdien. Alle kinders is pragtig. GEEN kind, lelik, siek of stout en ongehoorsaam verdien om vermoor of mishandel te word nie.

Kleintjie ·

Ek stem saam. Hoekom n onskuldige kind saam jou vat? Weet nie wat in die man se kop aangegaan het nie, maar voel so jammer vir die mense wat met hartseer hoekoms en waaroms agterbly.

Elsa ·

Rus veilig by Jesus, Dylan. Jy is so vroeg in jou lewe weggeruk agv jou aartse pappa wat se goed nie in plek was nie. Ek is die laaste persoon wat ñ klip mag optel en na julle as gesin gooi. Ek kan net vir die mamma en ander familielede bid.

Rina ·

As jy as volwasse persoon moeg is vir die lewe los jou kinders uit. DIt is so hartseer om n lewe kort te knip…… so selfsugtig. Hoe staan jy voor GOD ……. ek is so hartseer en kwaad

Elsabie ·

Ek het nie woorde nie. Net trane!! DIs verskriklik!! Rus in vrede ou seuna. Jys nou veilig by Jesus!

Niklaas ·

Nou wat besiel die pa om dit te doen ? Mooi ou seuntjie en die pa gun hom nie sy lewe nie.
Al is die ouers besig met ‘n lelike egskeiding , soos baie van ons al beleef en ervaar het , is dit nie die arme kindertjies se skuld nie . Soms wil pa net wraak neem op die ma , soos onlangs waar die arme moeder al 4 haar kinders opgehang gevind het .Dis erg hartseer vir my.

koos ·

Dankie Nikolasj.
Ek, soos jy, het niks van selfmoord, moord, egskeiding of probleme gelees nie, MAAR almal op hierdie blad aanvaar dit as die waarheid. Dan vra ons hoe fopnuus begin en geglo word.
My hart is stukkend vir hierdie familie en voordat die waarheid nie uit is nie, sal ek nie aannames maak nie!

VanAfrika ·

So n pragtige rustige ou gesiggie en die ou skewe glimlaggie. Hy het ook plannetjies gehad vir more en volgende week en vir hoërskool en matriek…..en die pa ontgin hom dit. So jammer vir jou Dylan en so jammer vir die mamma, hoe ken ek nie daai hartseer om n kind te begrawe, my innigste simpatie vir sy mamma, al wat ek kan sê, hou net vas aan Jesus, Hy hou jou vas in jou donkerste uur.

MTSteyn ·

Soveel klipgooiers, en al wat julle vermag is om oordeel vir julle self te versamel! Julle woorde wat julle hier skryf toon dit waarvan julle harte vol is: onkunde, leuens, VALSE beskuldigings en liefdeloosheid.

Abe ·

MTSteyn,
Twak. Ons is meestal redelike mense wat duidelike oordeelvermoe het en ons kan sien dat hierdie persoon n uiters laakbare misdaad (moord) gepleeg het en dan nog aan sy verantwoordelikheid daarvoor voor die mensdom ontsnap het deur n ewe laakbare daad te pleeg. Ons het alle reg om hom daarvoor te blameer en te veroordeel.

Racheltjie ·

Vir almal wat weer allerhande afleidings oor ma wil maak : Nandia is ‘n pragtige jong vrou wat met ‘n ouer man getrou het. Uit die huwelik is daar seuntjie gebore, maar ongelukkig was daar probleme. Seuntjie het elke 2de naweek na pa gegaan. Klein Dylan was Nandia en sy ouma se lewe! Hierdie man het om selfsugtige redes ‘n hele familie se lewe verwoes….vir altyd!

Leser ·

Ek weet dit is moeilik maar moet julle asb. nie aan die mense vir wie dit net oppervlakkig raak se hartelose kommentaar steur nie. Ek bid dat die Vader julle sal vertroos, ek bid vir krag en genade in die donker tyd en elke dag vorentoe sonder hom. My innige simpatie.

Ekke ·

Dankie Racheltjie, ek wil ook net byse, sy is ook ‘n fantastiese ma vir Dylan gewees, en het absoluut vir hom gelewe en was ‘n voorbeeld vir ander ouers.
RIV Dylan, die Hemel het ‘n sterretjie ryker geword, en ons ongelukkig een armer!
Tot later!

Christo Stemmet ·

Dankie Racheltjie, jy het dit baie mooi gestel. Hopelik hou die mense op om te bespiegel. Ek ken die Visser gesin al 30 jaar en was saam met Nandia en Rudi op skool in Ceres.

Noekie ·

Ongeag die omstandighede, maak dit glad nie saak wat tussen die ouers aan die gang is of was nie. Geen persoon het die reg om ‘n ander se lewe kort te knip nie – daar is net mooi geen regverdiging daarvoor nie. Al wat ons kan doen is om te bid vir die familie, vriende en al die naastbestaandes – en as jy nie wil bid nie, is dit ook jou saak – maar om te kritiseer en af te kraak help niemand nie. Hier is baie mense se lewens nou aangeraak en dit moet ongelooflik seermaak. Soveel meer as daar lelike uitlatings gemaak word. Lewe is moeilik. Verhoudings is moeilik. Huwelike is onder baie druk. Hierdie Mamma se hart trek reeds swaar genoeg sonder dat die publiek haar onder ‘n vergrootglas plaas.

Boerish ·

Kyk niemand weet wat gebeur het nie. Dalk het hy die kind per ongeluk geskiet en gedink dit is ‘n in breker. En toe hy sien dit is sy seun en wat hy gedoen het. Om self geskiet oor hy nie sou kon leef met wat gebeur het nie. Ons kan nie oordeel nie.

Seer ·

Tydens egskeidings dreig ma’s gewoonlik dat pa’s nooit weer kinders sal of mag sien. Dus is kinders hulle troefkaart. Dis dan wanneer pa’s se koppe uithaak. Ek oordeel nie,geen verkkaring is uitgereik nie. Laat hulle in vrede rus en as die ma die kind as troef wou gebruik,mag haar gewete haar ry.

wilma ·

@Seer – lees asb. kommentaar vanaf Racheltjie hierbo en hê ‘n bietjie genade vir die wat agterbly. Dankie.

Ek weet nie ·

Ons leef in die eindtye van verval en liefdeloosheid. As ek almal kan raad gee: Soek jul Maker, vind Hom! Daar is groot dinge op hande.

Nandia, my innigste meegevoel met jul verlies. Dis ‘n onsinnige daad wat jou lewe kan reüneer. Wend jou tot ons God vir genesing. Dis al waar jy vrede sal vind.

Gesiggie ·

Nee… nee Hoekom?? hoe kan n Pa dit doen aan sy eie kind… so n onskuldige kind , as die lewe vir jou swaar was maak n plan, maar los die kind. Waar is die Ma van die kind. Ai dit is baie hartseer.. ons weet nie wat als gebeur het en hoekom die Pa dit gedoen het, maar kinders moet nie betaal vir ons probleme. RIV klein Dylan jy is nou n Engel van God.

Stella ·

Dis jammer om oor soiets te lees,mooi ou seuntjie,maar te vroeg weggedwing uit die lewe

Nita ·

Die famielie is die sagste mense met die mooiste harte. Mamma voor ons groot geraak. Sy sal nie eers n vlieg seer maak nie. Mamma en ouma se harte stukkend. Moet hul nie oordeel nie mense. Hul sal ook nie kind as n speel bal gebruik nie

Bang Mamma ·

Ek is ‘n Mamma wat in ‘n situasie sit waar ek een naweek ‘n maand, wanneer my kinders na hul pa gaan, nie kan slaap nie omdat ek so bang is vir wat hy dalk mag doen omdat hy by tye onstabiel is maar ek kan niks bewys nie en die hof het aan hom besoekregte vir een naweek ‘n maand toegestaan. Dit voel soms of ek die enigste een is wat deur hom sien. Ek kan nie begin om te begryp hoe hierdie arme Mamma moet voel nie. Hierdie man het die mees selfsugtigste en haatvolste daad gepleeg. Mag die Here genade hê oor sy siel en mag die Mamma iewers reg kry om hierdie vreeslike seer en pyn te verwerk. Ek weet nie hoe mens oor so iets kom nie, maar my hart gaan uit na haar.

Medusa ·

@Abe lees en PROBEER verstaan! MOENIE oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie! Die woorde EK IS SO VREESLIK JAMMER met n groot drukkie daarby is wat ek vir Nandia wil sê en stuur. Dis woorde / gebaar wat vir my sin gemaak het! @MTSteyn ek stem saam jou!

Michelle ·

Ongelukkig gee ek nie om wie wat se nie waar was die moeder om haar kind te beskerm hy was sewe jaar oud as die pa nie meer kans gesien het nie is dit reg maar die onskuldige pragtig seuntjie het ‘n hele lewe voor hom gehad niemand kan die dag van more bepaal nie net God kan. Soveel onnodige hartseer.

Leanda ·

ek het net een vraag vra. waar was mamma op die oomblik. want dit is een van die vrae wat ons altyd vra as so iets gebeur

Veerpyltjie ·

Dit is verskriklik tragies. My hart gaan uit na die Mamma en Ouma. Aan die mense wat vra waar was die Mamma – gaan lees asseblief Racheltjie se kommentaar. Ek is seker die Mamma sou haar kind met haar eie lewe beskerm as sy kon, maar as die hof beslis het dat die kind by sy Pa mag oorslaap elke 2de naweek, was daar niks wat die Mamma daaromtrent kon doen nie. Rus sag liewe seuntjie en mag die mense wat jou so lief het eendag berusting vind.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.