Pa skiet glo twee boerboele by familiekuier dood

Argieffoto

Argieffoto

Henrico Fourie, ʼn pa van Pretoria, het Maandag in die stad se landdroshof verskyn nadat hy glo Saterdag twee boerboele by ʼn familielid se huis in die weste van Pretoria doodgeskiet het nadat een van die honde glo sy seun gebyt het.

Kapt. Bonginkosi Msimango, polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê na wat verneem word, was Fourie (34) en sy gesin Saterdag by ʼn geleentheid by ʼn familielid se huis in Pretoria-Tuine toe die voorval plaasgevind het.

“Na wat verneem word, het die kind ewe skielik begin huil en gesê die honde het hom gebyt,” het Msimango gesê. Fourie het na bewering ʼn vuurwapen gegryp en albei boerboele doodgeskiet.

“Die kind se oupa het die polisie ontbied en Fourie, sy skoonseun, is in hegtenis geneem op aanklag van die afvuur van ʼn vuurwapen in ʼn woongebied asook opsetlike saakbeskadiging omdat hy glo die honde doodgeskiet het.”

Msimango het gesê die kind, vermoedelik in graad 2,  se wonde was glo van so ’n aard dat dit noodhulpbehandeling geverg het. Hy kon egter nie bevestig of die kind later in die hospitaal opgeneem moes word nie.

Korky Levanon, woordvoerder van die Tshwane-dierebeskermingsvereniging, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die inspekteur wat Saterdag aan diens was, is deur ʼn klaer daarvan ingelig. “Die klaer het gesê die twee groot honde het glo nie gely nie,” het sy gesê.

Sy het gesê aangesien die diere glo nie gely het nie en die polisie die saak ondersoek, gaan die DBV nie ook ʼn ondersoek van stapel stuur nie. “As ander inligting intussen vorendag kom, sal ons optree indien nodig.”

Msimango kon nie dadelik bekend maak wat Maandag in die hof gebeur het nie, aangesien die dossier nog nie terug is by die Hercules-polisiestasie nie.

Fourie het aan Maroela Media gesê hy het “niks om weg te steek nie”. Hy het gesê hy is óók aangeval, maar is besig om ‘n verklaring oor die voorval saam te stel en sal binnekort kommentaar lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

67 Kommentare

Leoni ·

Is daar ooit vir die seun gevra wat het hy gedoen sodat die hond sou reageer het
om te byt. Mense is te vinnig om net te se dis die hond se skuld.

Jakoba ·

Leoni ek is deur ‘n hond aangeval en lelik gebyt. En hier is nuus vir jou ek HET NIKS GEDOEN NIE. Die hond het sonder enige rede my van agter gebyt. Sou dit vir julle beter gewees het as die hond die kind verskeur het. Moet nie altyd vinger wys as jy nie die feite ken nie. Ek raak woedend vir mense soos jy.

Bruno Stef ·

Die ou is maar lekker “trigger happy” Ek waarsku my eie kleinkinders altyd om nie my twee Staffies te terg as hulle ons besoek nie en so ook mense wat die honde wil vryf as ons met die honde gaan stap.Honde is altyd onvoorspelbaar en lojaal aan hulle eienaars en sal enige verkeerde beweging as n aanval beskou.

Jaco ·

Triggerhappy se dinges. Jy weet nie wat gebeur het nie. Een so hond kan al baie skade aanrig en daars 2. My bure se boerboelle het al in ons erf ingekom en die eerste ding wat ek gedoen het was om baie vinnig my 9mmP te gaan haal en toe te gaan kyk net ingeval. Gelukkig was dit nie nodig op optrede nie maar ek was gereed omrede ek die honde ken

Eliza-beth ·

Soms moet mens familie liefs een maal per jaar op ‘n negatief in die donker sien… Net my gevoelente.

Jenny ·

Sê ek ook,dankie,nou voel ek nie so sleg oor dit my gevoel ook is nie.

t.prinsloo ·

Hoekom altyd honde skiet as die ouers nie hul kinders vroeg al leer hoe om honde met respek te behandel nie! Sy vuurwapen moet weg gevat word, hy is defnitief nie bevoeg om n vuurwapen te besit nie, more skiet hy dalk jou kind!!! Hoekom het die hond hom gebyt? Daar moet n rede wees… was hond besig om te eet? Het hy hond se stert getrek of sy ore, of hom geskop? Het hy die hond getart? Hoekom al2 skiet? Innige meegevoel aan die honde se eienaars!

Susan ·

Stem saam. En die arme diere is dalk nie gewoond an kinders nie.

Gesie ·

Ek vertrou nie ‘n boerboel naby my kinders nie en hulle is verseker geleer om diere met respek te behandel!

wow ·

Luister die man is dan self deur die honde aangeval. Ek is ook al amper deur hond aangeval net om verby die eienaar se huis te loop. Ek is n hond liefhebber maar as n hond my kind aanval en dan vir myself, sal die hond nie lewe om n volgende dag te sien nie.

Bryan ·

Seker as dit jou eie kinders was sou jy ook niks gedoen nie?. Nee as dit my kind was so ek dieselfde opgetree, n hond is n dier…my seun is my lewe. Di mense wat komentaar lewe het seker ni kinders van hul eie.

Karla ·

Ek was ongeveer 16, ek het kruisbeen op die gras gesit saam met vriendinne, hulle vriendelike onskadelike hond het skielik sonder ENIGE rede na my toe gekom en na my gesig gebyt! As ek nie my kop betyds weg geruk het nie, was daar dalk lelike skade!

CDP ·

Ek dink voor julle die gesin oordeel, moet julle eers die volle waarheid uitvind. Wie se nie die man het opgetree oor selfverdediging nie? Hoe weet julle wat die honde se geaardheid was? Ek glo nie die man sou net skiet as dit nie n bedreiging vir hom of dalk sy klein seuntjie was nie, iets sou eers moes gebeur voor hy sy geweer net uitgehaal en geskiet het. Soos ek se, moenie te vinnig oordeel oor iets wat julle net lees nie, daar is altyd twee kante van n storie, en ek glo die eienaars van die honde het net hulle storie vertel en daar is dalk haat en woede by die storie vir die Fourie gesin, wie se vir julle die “verdomd kind”het nie respek vir honde nie? En soos ek hier bo lees, klink dit asof daar wel gese is dat geen haatspraak of vieslike opmerkings geduld sal word nie?

Rina van Vuuren ·

Stem saam. Is mens se lewe minder werd as hond. As dit my kind was en ek geskok was toe ek my kind sien sou ek ook dalk so optree. Hartseer om te dink dit is familie

iemand ·

julle mense is vinnig om die kommentaar te lewer maar as dit julle kind was wat deur n 135kg boerboel gebuit was wat sal julle doen. die honde kom van n goot jaard af waar hulle nou in n baie kleiner jaar gesit was en ja die dbv wet se ook nie meer as 3 troeteldierre op n erf nie maar daar was 5 honde op die erf en vir geen rede sal sulke honde mos geurieteerd wees sal jy nie ook geurieteerd wees nie.

Gunter ·

‘n Boerboel van 135kg?? Dan hardloop ek nou weg! Groter as ‘n leeu!

JoeV ·

Gebyt – My seun al deur hond gebyt terwyl ek langs hom staan en vir hom sê die hond gaan hom byt as hy hom aanhou terg, hy was toe ses. Vandag groot honde “temmer” en die wereld se liefde vir diere. Hy hou self boerboele aan, darem nie 135kg nie, 86 en 72kg.

Lerina ·

Ek is al 17 jaar ‘n boerboel -fanatikus. Eerstens…normale massa vir opreg geteelde reuns is tussen 70 en 90 kg. Selde meer as 100. Tweedens…daar bestaan baie kruistelings wat as boerboele beskryf word, maar nie is nie. Goed gesosialiseerde honde sal nie onvoorspelbaar optree nie. Laastens..daar bestaan nie probleem-honde nie, net probleem-eienaars. Mens maak maar jou honde toe as mense kom kuier. Dis jammer dat só gebeurtenis weereens die ras skade berokken. Volg maar hierdie honde se geskiedenis/bloedlyne op. Ek twyfel of dít opreggeteelde honde was van topteler. Ons weet ook nie wat die kind se optrede was teenoor die honde nie.

Theresa ·

Baie gou om die arme honde te blameer vir grootmense en kinders se simpel optredes. Honde moet ook gerespekteer word. Ek hoop jy word bitter swaar gestraf. Eenvoudig……………..

Honde liefhebber ·

Ek ken honde – ek boer met julle, ek lief hulle, ek sien hulle as kinders. Maar – Het julle al gesien hoe skop die instink in as een byt, veral as daar bloed is. Hulle raak mal, hulle baklei soos ‘n pak. As die een begin het sou die ander gevolg het. Dis tien teen een hoekom alby geskiet is. Mense wat nie groot honde kan hanteer of reg afrig nie, moenie groot honde he nie. Dit is die eienaar se skuld. Dis die eienaar se skuld dat die kind gebyt is en dit is hulle skuld dat hul honde dood is.

Dot ·

Stem 101% saam my seun het twee lieflike boerboele en ons word altyd gewaarsku om versigtig te wees want hul bly maar onvoorspelbaar. Die een het hom al probeer byt. So ek verstaan die ouer se reaksie.
Ek sou dieselfde gedoen het en ek nie trigger happy nie want ek het nie eers ‘n vuurwapen nie. Blameer die eienaars van die honde. Dit hul skuld die honde is geskiet en kind gebyt. Hul moet hul honde op veilige plek hou wanneer hul mense ontvang

Michael ·

Uiters tragies dat almal so besorgd is oor die honde maar niemand blyk besorgd te wees oor die kind nie. Kenmerkend van ons land waar mense en hul welstand nou nie juis meer belangrik is nie. Niemand van ons weet wat werklik gebeur het nie maar die dier kry die voordeel van twyfel bo die kind

Rina van Vuuren ·

Presies wat ek sê. Mense gee nie meer om vir mekaar. Alles oor me me and I. As hond een maal mens but is dit verby dan sal hy aanhou.

RK ·

“As hond een maal mens but is dit verby dan sal hy aanhou”. Jy ken duidelik nie honde baie goed nie en praat op hoor se en uit onkunde.

Henco ·

Want ouers moet self bykom en leer hulle kinders weg hou van sulke diere af! Maar nee, kom ons blameer die hond wat nie helfde van die menslike denkkrag het nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê lesers

Baie dankie vir julle reaksie op dié berig. Ons moes ongelukkig ‘n hele paar kommentare uitvee wat nie aan ons bepalings en voorwaardes voldoen het nie. Ons versoek dat julle asseblief sal let op die bepaling dat ander lesers en kommentators nie persoonlik aangeval en/of verneder sal word nie.

Kontak ons gerus by [email protected] of by [email protected] indien jy voel dat ‘n leser dié bepaling nie nakom nie.

Lees gerus ons volledige bepalings en voorwaardes wat kommentaar betref onder punt 5 hier: http://maroelamedia.co.za/bepalings-en-voorwaardes/

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

CDP ·

Michael, goed gese, ek stem 100% saam met jou daar, niemand vra eers enige iets oor die kind nie, net dat hy geen maniere of respek het vir diere nie. En volgens die berig is hulle nie 100% seker wat gebeur het nie, maar die mense is vinnig om te “judge”

Sam ·

Ek gee nie om wie my nou kruisig nie, maar dis n skande om te sien, dat die samelewing al so verander het dat n dier hoer geag word as n mens. Almal kon dit al agterkom met die hele Cecil-debakel. Meer mense was bekommerd oor n leeu, as die uitmoor van ons nasie en plaasaanvalle. Ek sak my kop in skaamte vir die mense van vandag. My 4 jarige seuntjie het met my gestaan en gesels, toe vriende van ons se kruis-hond hom aangeval het en sy gesig gebyt het. My kind is vir die res van sy lewe geskend en dit oor n hond. Ek het ook honde en is lief vir my diere, maar nooit sal n dier bo my kind gekies word nie. As ek daardie aand n geweer gehad het, het ek ook die hond geskiet. Jammer, maar ek steun die pa se optrede.

CB ·

Sam ek stem 100% met jou saam. Ons mense is besig om van die wa af te val. Ek sukkel om te verstaan hoe hulle redeneer. Die ergste is natuurlik hulle glo vas hulle redenasies is reg. Ek wens ek kan die klok terugdraai na waar mense nog verstand gehad het.

Rina van Vuuren ·

Presies wat ek sê. Mense gee nie meer om vir mekaar. Alles oor me me and I. As hond een maal mens but is dit verby dan sal hy aanhou.

CB ·

As dit my kind was het ek hulle ook geskiet. Dis jou plig om jou kind te beskerm. Kinders sal tog altyd simple goed aanvang en nie aan nagevolge dink nie, in die geval was die kind darm ook maar nog bitter jonk. Wat ek wel nie verstaan nie, ek self n diereliefhebber, is die mense wat konstant diere bo n mens kies. Julle sal eerder dat daardie hond die kind doodbyt as wat hulle van kant gemaak word. Kyk die renosters waaroor almal so aangaan, die helse ophef oor renosters, weereens eks self life vir diere, maar daar word meer boere as renosters vermoor!! en daaroor word daar niks gerep van julle kant af nie. mense moet begin hul prioriteite agtermekaar kry.

Frede ·

Dis jou plig as ouer om jou kinders reg op te voed en hul te leer hoe om hul te gedra om mense en diere. Op daai ouderdom is dit ook jou plig as ouer om te sorg jou kind bly onder jou toesig op ‘n erf met honde wat se geaardheid jy nie seker van is nie. Indien jy dit nie doen vaal jy as ouer om jou kind veilig te hou.

Lillie ·

het hy ooit ondersoek ingestel hoekom die hond die kind gebyt het, glo nie die hond sal net byt nie ek myself het 4 GSD en vir die familie en vriende word daar gese die honde sal nie byt as hulle nie seer gemaak word nie hulle al 4 is opgelei

Paul ·

Ek lees in die berig dat die kind noodhulp op die toneel ontvang het en dat dit nie nodig was vir verdere mediese behandeling nie. Ek kan nie begryp waarom sekere mense nie ‘n berig ordentlik lees nie. Ek dink dit is uiters arrogant van die skieter om op ‘n ander man se werf eie reg te neem en die eienaar se honde te skiet. Indien hy nie van die honde gehou het nie, hoef hy nie daar te gaan kuier het nie

Ben ☺☺☺ ·

Waar kom die woord “skieter ” vandaan – dis snert, die regte woord is SKUT, en dit geld vir Maroela ook.

Jakoba ·

Paul gaan lees weer, dit was nie ANDER MENSE nie, maar die kind se OUPA. Die OUPA se hond het die kind gebyt. Ai tog as mense net halwe leeswerk doen en dan aanvalled raak. Red nou ‘n volk met so ‘n nasie.

Mc Carthy Francois ·

Goeie wert Ou maat ek stem saam sou hul ook skiet as dit my kind was hoop die eienaar besef dis sy skuld mens maak groot honde toe as jy genooide gaste kry mense moet leer hoe om honde groot te maak.

Ken ·

Wat – 135 kg boerboel!! Haahaaa! Nou’t ek als gehoor!! Nee wat, al helemal te veel mense teegekom wat nie hul kinders leer om groot honde eerder uit te los nie. Die pa obviously geskrik en toe sommer albei doodgeskiet. Dis jammer. Elkgeval, volgens genetika is mense veronderstel om slimmer as diere te wees. Somtyds wonder ek erg oor daai een………

Rina van Vuuren ·

Baie waar. Wys my ń kind wat nie wil speel of net aan diere wil raak nie. Tot ń klein babatjie raak opgewonde oor diere. Grootmense se skuld. Sluit jou diere toe as gaste onvtang. Veral groot hond op klein erf.

pierre botha ·

n ou vriend van my, het ook twee boerboel honde gehaad . het hom altyd gese sy eie honde gaan hom nog opvreet . een aand kom hy by die huis en die honde begin toe op hom afstorm en tree baie agresief op . dit het hom meer as n uur se paai en mooipraat gekos om tot by sy geweer kluis te kom . ek self is deur n hond gebyt toe ek n kind was ,ek sal nooit dat my kinders in n erf laat speel waar boerboele los loop nie . sou hulle ook geskiet het.

Lollos ·

Ai dis hartseer as mense kommetaar lewer maar nie die berig behoortlik lees nie. Ek is ook al deur ‘n hond wat kamtig vriendelik was gebyt, ek was maar 7 en het net met die worshondjies op my skoot gesit, hulle gevryf wyl hulle slaap die doberman het op my afgestorm en my kop flentters geskeer hoe meer ek geskreeu het hoe meer het die ding my gebyt ek het hordes steke gekry. Ek vertrou geen hond nie klein of groot, ek vermy ook mense met honde. Ek sou ook daardie brakke geskiet het as dit my kinders was, as jy groot of selfs klein honde wil hê hou hulle apart van jou gaste of nog beter moet nooit mense oornooi nie. Honde is onvoorspelbaar en kan erenstige skade aanrig ‘n klein kindjie of self n groot man staan nie ‘n kat se kans teen twee boerboele nie.

Ken ·

Lollos – baie sleg dat jy daardie ervaring gehad het, maar mens kan nie veralgemeen nie… Ek het grootgeword met honde, groot honde in die huis. Dit sluit in boerboele, wolfhonde, Irish wolfhounds en huskies. Oor al daai jare het ons nooit ‘n insident gehad waar iemand gebyt is deur enige van die honde nie. Vandat ek my eie kinders het, het ek wolfhonde in die huis. Van babatyd af het my kinders oor die honde geklouter en gespeel – weereens geen bytgevalle nie. Dit gaan oor hoe die honde grootgemaak is. Om mense te vermy omdat hulle honde aanhou is absurd. Ek is self deur iemand anders se hond aangeval – ‘n boerboel-rifrug kruising. Nie reg grootgemaak gewees nie en baie onverantwoordelik van die mense om die hond rondom kuiergaste te he siende dat hy baie agressief was. Reg grootgemaak met regte temperament en dis die beste vriend wat jy ooit sal he.

Petro ·

Ek weet regtig nie hoekom maak mense nie hul honde toe as hul wil byeenkomste by hul huise hou nie onthou net bietjie dat jou honde nie almal gewoond is nie jammer vir die honde maar ek as ouer sou ook so opgetree het as dit my kind was want party mense se honde byt net vir niks en dan wil hul lag daaroor.

Jane ·

Ek sou Presies dieselfde gedoen het. Dis mens se kind, n geskenk van God. En mens moet ten alle tye hulle beskerm.

Jenny ·

N Dier bly n dier,vertrou geen troeteldier wat kan byt nie.

Yvonne ·

Is die arme kind dan tweemaal getraumatiseer? Eers deurdat hy ensy pa gebyt is en tweedens dat sy OUPA die polisie ontbied het om sy pa in hegtenis te laat neem!

Tammy ·

Aan die skieter wil ek se: voed jou kind op om diere te respekteer. Ek hoop jy sit lekker in die tronk sodat jy genoeg tyd het om oor jou lafhartige daad te besin. Ai ek sou wat wou gee om die man agter tralies te kry vir dieremishandeling.

CDP ·

Tammy so jy was daar om te sien wat gebeur het?? Hoe weet jy watse maniere dai kind het en wat nie? Dis nie diere mishandeling ni,dis kinder mishandeling! Ek sou se die eienaars moes toegesluit word! Hoe kies mens twee reuse boerboele oor n kind wat 7jaar oud is? As daardie honde nie geskiet was nie moes hulle inelkgeval uitgesit geword het omdat hulle n kind en sy pa aangeval het! Dis wreed van die honde en nie di pa nie.sit jouself in dai man se skoene,maar hulle is vinnig om hom die wrede persoon te maak,dit sou wreed gewees het as almal toegestaan en gekyk het hoe die honde sy kind moes verskeer,het jy enige meegevoel vir di kind of het jy ni kinders dat jy weet hoe om n kind so lief te he dat ongeag wat jy sal moord pleeg indien daar iets is wat jou kind se lewe bedreig ni?dit was nie lafhartig van hom ni,hy het op daardie oomblik maak nie saak wat die gevolge sou wees vir hom ni,sy kind bo homself gestel om hom te beskerm. Se maar net…..

Peet Schabort ·

Ek is nie ‘n hondekenner maar die bloedlyn speel ‘n uiters groot rol en of die hond ‘soos ‘n kind’ met en tussen mense en kinders grootgemaak word asook dissipline.
Ek het ‘n huis gekoop waar die eienaar na ‘n kleiner erf getrek het en ek die boerboel wat reeds 10 jaar oud was geërf het saam met die koop.
Hy was ‘n donker, kort, bonkige gedierte met ‘n vreesaanjaende kop en gesig.
Die liefde teenoor kinders het uit hierdie hond gestraal. Wanneer ek in die straat loop met die ou en ‘n kind kom na hom aangehardloop dan het die ma gewoonlik ‘n oorval gekry waar ou Rex dan met kwylende bek gelate die kind se toenadering geniet het.
Nodeloos om te sê dat sy heengaan vir hom ‘n plekkie op die erf verdien het waar hy sy bykans 15jare deurgebring het. Nie op ‘n ashoop weggegooi soos wat daar wel gevalle is/was.

SNEL ·

Een vraag, was drank betrokke? Eerste vraag wat die dokter of polisie altyd vra.
Nee, met alle erns, niemand was daar en weet presies wat gebeur het nie, maar dit sal my hart ook stukkend skeur as iemand by my kuier en sommer my honde skiet. Dit klink of hier vinnig opgetree was, moes daar nie darem eers gepraat en presies agter gekom word hoekom die hond die kind gebyt het nie; n twee jarige kan baie geniepsig wees en klappies uitdeel of n hond se ore trek. Die horlosie kan mens nooit terugdraai nie, hartseer maar so, wat gedoen is, is gedoen, mens moet maar mooi dink voor mens net in n rigting in hardloop, maar ja, ons is maar mens en soms kry die “swak” die oorhand.

Dennis ·

Met al die nonsens in die land, is dit nou nog meer n sad dag as honde n kind kan byt en mens mag niks doen nie. Ja, diere is oulik en mens raak lief vir hulle, maar op die ou end bly hulle diere. Mens kan nie hulle met mense vergelyk nie. As daai honde die kind se gesig afgeskeur het, het die hele wereld weer aant grens gegaan oor hoekom die Pa kwansuis niks gedoen het nie! Die mensdom is lekker siek hier in die jaar 2015.

Johann Marx ·

In party woonbuurte maak mens ook maar jou tuinhekkie agter jou toe as jy in stap…..ander loop die bure se kids agter jou aan en byt jou honde!!

VGV ·

Hoekom moet mense altyd vinger wys na kinders toe, wie se daai hond het nie al iemand gebyt nie. My seun was deur n hond gebyt, en hy het niks aan daai hond gedoen nie nooit eers geraak aan hom nie. Het lank nie by die mense gekom nie en een dag toe ons by die mense kom het hul die hond toe gemaak en hy het op n manier weer uit gekom en weer my kind gebyt. Wel as ek daai tyd n geweer gehad het ek hom ook geskiet. My kinders bly my kinders en ek het n belofte af gele om hul te beskerm, en dit is wat die pappa gedoen het hy het sy kind beskerm en ek sou dit ook gedoen het.

Michiel ·

Hoop nie familie kom kuier vir MY met gewere en pistole nie! Stem dan ook saam met Eliza-beth heel boontoe!

Lara ·

‘n Kind se lewe is miljoen keer meer werd as ‘n hond sin.

Jackie ·

Dis nie dat die mens nie omgee oor die kind nie, maar kom ons se hy/sy het die hond/e geterg, en ja een het hom gebyt……raas met die hond en so ook met die kind want hulle sou nie net byt nie. en beweeg aan, kyk ook dan maar gereeld na jou kind as hy/sy weer naby die hond is.
Wil jy vir my se, as jou kind by die familie lid se kind was, en die kind het hom geslaan of gestamp of watookal, sou jy hardloop met jou geweer en die ander kind doodskiet. Jou geweer moet weg geneem word, jou kind is gebyt net gebyt NIE DOOD GEBYT NIE. Sal like om te sien as die gebeurtenis omgeruil was en ander familie lid het jou diere doodgeskiet! GEMORS!

SkarrelKind ·

Ek wil net sê dat as mens regtig wil hê ‘n mens se opinie moet ter harte geneem word, moet mens kan spel. Hoe op aarde neem mens iemand ernstig op wat nie basiese woorde in Afrikaans korrek kan spel nie? Nee ouens, julle moet fokus voor julle gratis advies uitdeel.

Kriekie ·

Ek is jammer maar ek sou dieselfde gedoen het. My seun is verlede jaar binne-in sy oom se huis deur ‘n pitbull aangeval. Ons seuntjie moes 5 operasies ondergaan en was in ICU vir ‘n paar dae. Hy het nie die hond geterg nie. Hy wou net verby die hond gaan om badkamer toe te gaan. Hy is honde gewoond. Ons self het ‘n reuse boerboel en hy en ons seuntjie speel heerlik met mekaar. Ons seuntjie is baie lief vir diere en sou beslis nie die hond geterg het nie. Die eienaar van die hond het tot nou toe nog nie eens navraag gedoen om te hoor of ons kind ok is nie. In ons geval was die eienaar bewus daarvan dat sy hond aggressief is. Die persoon wat na hom moes omsien het nie die verantwoordelikheid nagekom om dit in ag te neem nie. Ons was self nie teenwoordig nie. Ja, ek gee toe dis ‘n eienaar se skuld as sy hond so optree veral as hy hom so grootmaak. Maar ongelukkig moet so hond die prys betaal met sy lewe. Daar loop vandag ‘n seun rond met die lelikste merke op hom. Hy is een van talle. Ek het myself voorgeneem dat wanneer ek ooit so iets teekom, al is dit my eie hond sal ek hom dadelik van kant maak want so hond byt ongelukkig weer. Miskien is hierdie geval heel anders maar die pa het reg opgetree. Selfs al het die kind die honde geterg. Hulle sal weer byt as hul dit eenkeer gedoen het. Boerboele beskerm instinktief hulle “gesin”. Dis feite maar die eienaar kan nie nou in sy hande huil nie. Dit bly sy verantwoordelikheid.

Ekke ·

Ek is n totale diere mens ek verkies enige dier bo n mens dis maar hoe ek is..Ek het 5 honde en 1 van hulle my german shepard hou soos in niks van 2 van ons familie lede se kinders nie as sy hulle sien wil sy aanval so as die kinders kom kuier maak ek haar toe sodat sy nie naby hulle kan wees nie..Sys baie liefde vol met my eie kinders 3 en 7..Ek dink n dier voel dinge aan as jy haat teenoor diere toon of hulle mishandel of soos stout kinders doen afknou GAAN hulle jou byt..Leer jou kind om ten alle tye respek te he vir n dier

EMK ·

Mense is darem vinnig om te skiet en ja, hoe gaan kuier mens by familie met ‘n skietding. Die doodskiet van die hodne was waarskynlik BAIE meer traumaties vir die kind as die byt van die honde self. Wat se les het die kind geleer – as iets jou pla skiet net dood? Mense moet dink. Ek wil ook nie hoor honde val mens/kinders/ander diere net aan nie, maar hierdie is regtig ‘n geval van oorreageer. En die wat so oorreageer omdat ander sê daar is onnodig net doodgeskiet moet ook maar mooi lees, die kind is nie doodgebyt en die hele situasie kon myns insiens baie beter gehanteer gewees het. Sela.

Heidie Kriegler ·

Ek stem saam diere is kosbaar en hulle is daar om hul gesin te beskerm, ek glo as my diere knor en wil byt is daar streep in die ou wat kom kuier waarvan hulle nie hou nie. Diere se instink is gewoonlik reg. Indien mens dan mense oor nooi om te kom kuier, maak die wat kwaai is toe laat mense met jou tyd en afspraak reel. In vandag se tyd is die tegnologie so skerp beter om oproep te maak en te weet as jy stop is die kwaai diere toe. Dan is jou diere lewens nie in gevaar waar baie mense se kinders nie maniere het nie. Boerboele en worsies is die beste!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.