Pa skiet homself; dogter (14) se lyk in kar gekry

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Die Gautengse polisie ondersoek ʼn saak van moord en doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat ʼn man vermoedelik met sy tienerdogter se liggaam in ʼn motor rondgery en toe selfmoord gepleeg het toe die polisie hom voorgekeer het.

Kapt. Mavela Masondo, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die polisie het omstreeks 16:20 Sondag ʼn oproep ontvang om ʼn voertuig te stop en te deursoek.

Volgens berigte is die motor naby die aansluiting van Witkoppen- en Malibongweweg opgespoor en van die pad af getrek, waarna die 52-jarige man ʼn vuurwapen uitgehaal en homself glo in die kop geskiet het.

“Toe die polisie die voertuig deursoek, het hulle die liggaam van ʼn 14-jarige meisie op die agtersitplek aangetref,” het Masondo gesê. Die dogter het glo ook ʼn kopwond gehad.

“Die oorledenes is as pa en dogter geïdentifiseer en deur familie uitgeken. Die meisie se ma woon in Benoni. Die name van die oorledenes mag nie sonder die familie se toestemming bekend gemaak word nie,” het Masondo gesê.

Die man en meisie is op die toneel dood verklaar. Die motief vir die moord is nog onbekend en vorm deel van die polisie se ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Al ·

Siek verby!! Los ander mense uit, moet nie ñ punt probeer wys om ñ gesinslid ook om die lewe te bring nie – doen jou vuilwerk op jouself.

Theresa B ·

Dis baie hartseer. Hoekom moet die arme kinders altyd boet vir die grootmense se dinge en grille? Ag nee man!!

Lientjie ·

Wonder of die kind nie iets op die hart gehad het wat sy wou bekend maak nie.
Dis baie sleg!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.