Pa skiet rower dood: ‘Ons moes veg vir ons lewens’

Die Holtzhausen-gesin. Foto: Verskaf

ʼn Ouerpaar van Leeudoringstad in Noordwes het Saterdag in die vroeë oggendure verbete teruggeveg teen ʼn groep van ses gewapende mans wat hulle in hul huis oorval het.

Chris Holtzhausen (44) het in die proses een van die mans doodgeskiet en een van sy makkers gewond. Die ander vier kon daarin slaag om weg te kom.

Volgens Holtzhausen is sy ma Vrydag begrawe en het familielede van haar, Hennie Bear (71) en sy vrou, Vicky (78), die aand by hulle oorgeslaap.

“As dit net ek, my vrou en ons twee dogtertjies in die huis was sou ons nie kon terugveg nie.” Volgens Holtzhausen het hulle omstreeks 01:00 wakker geword toe hul yorkshire-terriër, wat op die bed slaap, begin knor het. Dit is toe dat Holtzhausen se vrou, Elize (36), ʼn man langs die bed sien staan en hy haar met ʼn koevoet begin slaan. Holtzhausen wou uit die bed spring om haar te help toe hy sien daar staan ook iemand langs sy kant van die bed.

Chris Holtzhausen sê die familie is met koevoete en vuurwapens geslaan. Foto: Verskaf

“Hulle het ons met koevoete geslaan. Ons kon opkom en het terugbaklei. Ons het van die slaapkamer na die TV-kamer gestoei en toe ons daar kom sien ons nog ʼn verdagte wat ʼn pistool teen my oom se kop hou en nog een wat my tannie vashou. My oom en tannie het ook terugbaklei en my tannie is met die pistool in die gesig geslaan.” Van Vicky se vingers is gebreek terwyl sy teruggeveg het.

Holtzhausen kon intussen daarin slaag om een van die aanvallers grond toe te slaan en dit is toe dat hy sy pistool in die kamer gaan haal het. “Toe ek omdraai staan een agter my en steek my met ʼn prikstok en toe skiet ek hom.” Volgens Holtzhausen het hy die man in die maag of sy geskiet en het een van sy makkers hom uit die huis geneem.

Twee van die mans wat vermoedelik in die dogtertjies se slaapkamer was, het Holtzhausen en sy vrou hierna aangeval. “My oudste dogtertjie (9) is ’n held want toe sy die skote hoor toe vat sy haar jonger sussie (3), rol hulle toe in ʼn kombers en kruip onder die bed weg.”

Die inbrekers het klapmusse opgehad en handskoene aangehad.

Volgens Holtzhausen het hy nog die pistool in sy hand gehad terwyl hy met nog een van die verdagtes gestoei het. “Ek is weer met ʼn koevoet geslaan en val toe teen die TV-kas. Ek het so in die lê gesien een storm op my af en toe skiet ek. Hy het steeds op my afgekom en ons het gestoei by die voordeur uit tot teen ʼn afdak buite.” Volgens Holtzhausen het hy hier gesien die man is in die lies geskiet en dat hy verskriklik bloei. Hy is kort hierna op die toneel dood.

Chris Holtzhausen sê die familie is met koevoete en vuurwapens geslaan. Foto: Verskaf

Die polisie en ʼn veiligheidsmaatskappy is hierna ontbied. “As die hondjie ons nie wakker gemaak het nie, het hulle ons dalk in ons slaap doodgeslaan. Ons het besef ons moet veg vir ons lewe. Hulle kon my vrou en kinders verkrag en doodgemaak het. Ons is nog baie ge-‘rattle’ en weet mens kom nie net oor dit nie.” Die gesin kry berading.

Holtzhausen en sy vrou moet albei antiretrovirale middels gebruik nadat hulle vir MIV-toetse gegaan het weens die beserings wat hulle opgedoen het. Van Holtzhausen se toonnaels moes verwyder word soos hulle hom geslaan het.

Volgens Holtzhausen het hy later gesien die palissade om die huis is gebreek en die skuifdeur op die stoep is van die spoor af getel. “Alles wat ons gedoen het, was absoluut net om te oorleef. ʼn Mens besef nie wat hulle alles kon doen met die wapens wat hulle gehad het nie. Watter krag het jy as mens om daarteen te veg?”

Die gewonde inbreker en sy makkers het met huishoudelike items gevlug. ʼn Rugsak is by die oorledene aangetref met selfone, beursies, iPads, horlosies en kontant daarin.

Holtzhausen word nou van moord en poging tot moord aangekla. Die polisie ondersoek ook ʼn saak van huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

96 Kommentare

Danie ·

Hoekom ruk die dorp se mense nie op na die polisie stasie en maak seker op grond waarvan hy aangekla word van moord nie. Hierdie tipe wette word polities selektief toegepas en is duidelike onderdrukking van ons wit Afrikaners se mense regte vir ons voortbestaan.

Apie ·

SELFVERDEDIGING word as MOORD beskou???? WAAR IS DIE TERRORISTE WAT PLAASBOERE & HUL GESINNE REEDS VERMOOR HET???? SEKER BETAAL N GEEN HAAN KRAAI DAARNA NIE! EK NOEM DÍE TERRORISTE HUURSOLDATE, WANT HULLE WORD NOOIT GEARRESTEER NIE EN VERDWYN DAARNA VD KAART AF! ONS STRAFREG IS DEUR D DINGES N AAN D KANT VD KRIMINEEL. WORD WAKKER, SUID-AFRIKA!!!!

Schalk ·

Poging tot moord en moord vs huisroof? Magtig is kriminele nou kroonwild? Dit is siek en dit is waarvoor belasting geld betaal om sulke gemors te voer in die tronk.

al ·

En die inbrekers wat gewapend gekom het? Waarom word hul nie aangekla vir poging tot moord nie?
En sou hul ongewapen daar aangekom het, watse kans het jy teen 2 tot 6+ rowers? Daar is genoeg ‘wapens’ in ñ huis om die eienaar en sy mense dood te maak.
Punt: geen mens jou huis betree sonder jou toestemming nie!!!!

MissDemeanor ·

Jis ek weet ook nie Schalk. Dit klink vir my verkeerd om iemand van moord aan te kla in so n situasie waar hy duidelik die slagoffer was. Maar miskien is dit net ‘n standaard prosedure wat gevolg moet word wanneer iemand doodgaan agv van ‘n skietwond, en hopelik sal hy nie deur die staat vervolg word nie.

mary ·

Dit is ongelukkig die prosedure na ‘n skietvoorval. Hy sal nie vervolg word nie.

Deon Smit ·

Moenie onosel wees nie.Daar is iemand dood.Die misdaad het n spesifieke naam.Dit is nie “spoeg op die sypaadjie” nie.Dis n moord dossier en niemand is nog skuldig nie.Die kanse dat die PG sal vervolg is nul.

Barbara ·

Ek verstaan nie moord en poging tot moord. Hulle kom niks oor as hulle moor nie. Wat het geword van selfverdediging en jy beskerm jou familie. Die geregstelsel stink en daar sal dringend iets drasties gedoen moet word.

Adam ·

Kalmeer tog asb, Dit is prosedure om ‘n dossier te open in gevalle waar iemand weens onnatuurlike oorsake sterf (bv skietdood, motorongeluk ens) Die saak word dan ondersoek en voorgele aan die Senior staatsaanklaer of die Kantoor van die Openbare Vervolger. Slegs die Openbare vervolger en sekere Senior Staansaanklares het die bevoegdheid om dan te beslis of daar ‘n misdryf gepleeg is al dan nie. Indien daar ‘n misdryf, bv moord gepleeg is, word daar boonop beslis of die saak in die Streekshof of die Hooggregshof verhoor sal word. Indien daar nie oenskynlik ‘n misdryf gepleeg is nie en iemand is oorlede, sal daar ‘n Geregtelike Doodsondersoek gehou word. Dar is geen kans dat die man nou al reeds van moord aangekla kan word nie, ongeag van wat berig word.

Winifres ·

Waarom word hy van moord aangekla dit was ‘n geveg om oorlewing. Hulle was daar met die doel om dodgen te maak. 6 misdadigers kry beskerming en vra wat?

Nettie ·

Hoewel dit onregverdig klink, is ‘n aanklag van moord en poging tot moord prosedure. Gegewe die feit dat hierdie gesin kan bewys (met wedersydse getuienis) dat hulle aangeval is en in self-verdediging opgetree het, is die kans skraal dat enigeen krimineel vervolg sal word. Sterkte aan die gesin! Hemel, nou moet IETS gedoen word om hierdie klomp inkomelinge-gemors en die misdaad te stop!

Wsp ·

Die klagtes is seker net roetiene soos hulle se maar na so n trauma wil hulle die man wat die dag met sy troue voor die Here beloof het om sy vrou tebeskerm deur nog trauma tesit oor hy sy belofte gehou het en almal in sy huis tebeskerm het wonder of daar vir hom ook gestrike gaan word en huise afgebrand gaan wees nie die laas sterkte ou maat jyt die regte ding gedoen al is die land se wette eensydig

Yster ·

Hoe kan julle hom poging tot moord aankla, hy het hom self verdedig!!!!!!!

MissDemeanor ·

Ja ek sou graag ook wil weet. Maar ek vermoed dit is net prosedure en die klag sal gou teruggetrek word…miskien kan Maroela media n artikel skryf om aan ons uit te le waarom mense wat duidelik slagoffers is ook aangekla word.

Frik ·

In die nuwe SA is wittes wat vermoor of aangerand word van geen nuuswaarde. Ek wens besighede wat op Tv of radio adverteer wil hul stem dik maak hieroor. Ons self kla net die hele tyd maar doen niks. Hoeveel van ons boikot die eetplek wat net die man verban het terwyl die vieslike taal van die vrou en raskaart wat sy probeer speel het aanvaarbaar is. Sy moes ook verban gewees het maar nou word sy om verskoning gevra en niks word gesê oor haar vieslike taal.

HMV ·

Dit lyk of daar ‘n hernude oproep gedoen is om veral ons mense in Noorwes uit te wis. Dankbaar dat julle kon terugveg en dat al jou huismense leef.

piet ·

Baie geluk en baie dankbaar daar is mense wie lewe om die storie te vertel. Dalk moet daar nie foto’s van hierdie gesin geplaas word nie . Hulle veiligheid word net meer bedreig deur hulle bloot te stel.

MB ·

Wie het “open season” op ons mense verklaar? Sterkte aan die familie!!!

Antjie ·

Aangekla? Hoekom? Watter dronk staatsaanklaer doen dit? Afriforum, help asb! Sit hom ongewapen in ‘n vertrek waar iemand hom met ‘n koevoet kan papslaan. En kla hom dan ook aan. Miskien sal hy dan voel wat hy nie verstaan nie. Die tirannie van die Reg… Asof die opruiers en brandstigters nie al erg genoeg is nie!

Cecilia ·

Wat my die kwaadste maak is dat die mens wat homself en sy gesin verdedig van moord en poging tot moord aangekla word. Hy is sekerlik ook ontwapen!! Die aanvallers word aangekla van ‘n belaglike “huisroof”. Ag asseblief !!, as jy ‘n huis roof doen jy dit nie met geweldadige wapens nie.

Wetteloosheid ·

Die slagoffer is nou in die beskuldigdebank. Sterkte vriend. Jy is ‘n bittereinder.

Wetteloosheid ·

Hulle word van huisroof aangekla maar nie van poging tot moord nie??????????? Kan iemand my asseblief help verstaan???

Amanda du Plessis ·

Ja help my ook verstaan. As daardie man nie so terug baklei het nie, was hulle almal dood gemaak. Wat van dit??? O wag, hulle het mos nou aan die korste end getrek met die inbraak, so nou is die familie die skuldiges. Ag whatever, ons land se regstel is n groot grap.

Werklik ·

Hulle word van huisroof aangekla maar nie van poging tot moord nie??????????? Kan iemand my asseblief help verstaan???

Retha ·

Selfverdediging bestaan van 1994 nie meer nie, kriminele kry voorkeur behandeling en die slagoffer word die krimineel. Dit gaan nie verander nie.

Elmerie ·

Dis waar, daar bestaan nie meer iets soos selfverdediging nie, hulle kan jou maar moor en more loop hul vry. Ons het gister oggend 1 uur wakker geword toe een van ons beams skree, my man het opgestaan om te gaan kyk, toe hy deur die kombuis venster loer toe staan mnr reg voor ons veiligheids hek seker om hom oop te breek. My man het verwoede begin skree en teen die deur met sy vuis begin slaan toe die vuilgoed hoor daar is aksie toe gee hy pad, hy het ons hek oop geskuif en daar in gekom, moes n ruk gevat het want die hek raas vreeslik hy so sag gewerk nie eers my honde het hom gehoor. Hier sit ek vrou alleen elke dag op die plot as my man werk, ek het net een arm, ek kan nie veel doen om myself te verdedig nie, maar die gemors wat van alby hande gebruik kan maak mag my maar aanval terwyl ek moet terug sit? Im sorry, dan moet ek maar gaan tronk sit maar dan weet ek tenminste die lafard kan nie weer iemand seermaak. Dis regtig hartseer dat hulle voorkeur kry bo jou en jy as die krimineel gesien word

Gerhard ·

My bediende is vandag oppad na my huis toe met ‘n mes aangeval vir haar selfoon….
My Pa is gistraand beroof van sy TV en ander huishoudelike items…
My God het albei gemaak. Hy het meer beplan vir ons as om in vrees en haat te leef.
Sy plan vir ons is liefde.
2 Timoteus 1: 7 ‘Die gees wat God ons gegee het ,maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons krag en liefde en selfbeheersing.’

Kies dus om aan te hou en ‘n oog vir ‘n oog te eis..

Of span julle uit na wat voor is met liefde en geloof.

Die SATAN wen as ons in vrees leef en ons oë van God afhaal.

Leef volheid en bewys liefde waar julle gaan, die nie maklik nie, maar dis die antwoord.

Klaskaptein van die samelewing ·

Ken2 jy kan nie as ‘n dooie of vanuit die tronk jouself verdedig nie 6_6

Ken2 ·

Jy kan ook nie vry wees as jy vermoor word nie. Ek was al in die situasies, mens moet baie flink en vinnig veg of vlug of jys dood.

ria ·

So trots op die dapper man en sy vrou. Jammer vir al die trauma waardeur hulle nou moet gaan. Die dogter was net so dapper. Ja, ons Holtzhausens oor die algemeen is dapper mense!

Theresa ·

BAIE sterkte aan jul! Die moordenaars moet nou net almal gevang word en die selfverdedigende en vegtende persoon moet nie eers vir so iets aangekla word nie. Wat ‘n mal spul. Hou ons op hoogte van hierdie geval asb. Dit kan nie geduld word dat mense wat in hul huise oorval word deur gespuis, verder met banale klagtes getraumatiseer word nie. Van die sotlike moordenaars – hul wil nie net inbreek nie. Hoeveel derduisende moet nog sterf voordat dit so uitgespel word!!!!!

Shaun ·

Wanda dis nie heeltemal waar nie . Die Polisie het diskressie of hulle n moord dossier gaan aanlê , en of hulle n G.O. ( Geregtelike Ondersoek ) gaan oopmaak . Die hof besluit dan tydens die G.O of daar moord gepleeg is , en of die die dood van die persoon geregverdig was . Maar die polisie WIL graag die man vervolg . Alhoewel ñ blinde ou kan sien dat hulle aangeval was met geweld …….

Mikey ·

Dapper dogtertjie.
Ja nee lyk my ons mag ons nie self verdedig nie. Skurke het meer regte as ons.

Lewies ·

Weet nie of die kommentaar geplaas sal word nie. Iets wat ek nou al n hele tyd oor wonder. Dit wil voorkom of die Maroela net n manier is om mense te laat gal blaas in n afrikaanse koerant en dit is waar dit stop, so asof Maroela keer dat alles verder gaan. Ons almal lees die berigte en die regering steur hulle glad nie daaraan nie, want hulle verstaan nie Afrikaans.
Hoe maak n mens dat hierdie gebeure in buitelandse nuus beland net dat die eenogis kan sien wat hier gebeur

Alie ·

Lewie’s, jy soek d Hollander Albert Whitefield op fb n copy paste na hom.

Yster ·

Ek BELOWE ek sal myself verdedig as misdadigers in my huis inkom. Dit is my mensereg! Ek sal! En niemand sal my keer nie! Dit is INSTINK. Die wereld moet weet wat hier aangaan. Versprei op sosiale media aan al julle oorsese vriende en vra hulle ook om dit wat hier gebeur te versprei.

John ·

?.. wat beteken dat net boewe gewere mag dra en nie die huisbewoners nie… Die boewe weet duidelik hulle is die baas. Hoekom word hierdie siek situasie nie in die grondwethof uitgeklaar nie, of gaan ons maar so voortploeter?

Jean ·

Seker maar net weer HUISROOF. Hierdie mense mag nerens ander mense se huise gaan afbrand na die aanval nie, hulle mag niks se nie, eintlik sit hy nou met ‘n huge hofsaak op hande waarop hy duisende indien nie miljoene gaan moet spandeer net om homself los te kry nie. STERKTE Meneer en jy is BAIE BRAAF om jou hele gesin teen ses mans te kon verdedig. Mag God met julle wees.

Nuusvolger ·

“Die ander vier kon daarin slag om weg te kom.”

Goeie berig Maroela Media. Julle laat dit klink asof die slagoffer die oortreder was.

Sune van Heerden ·

Dagsê Nuusvolger

Dankie vir jou kommentaar. Dit is maar bloot net ‘n manier om te sê die persoon het gevlug en was suksesvol in sy poging. Ons idee was hoegenaamd nie om na enigiemand te verwys as ‘n skuldige of oortreder nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Jennefer ·

Is dit goed om die gesin se foto te wys? hulle kan ge-viktimiseer word.

Blits ·

ek stem, dis nie baie slim om die mense se foto in die media te plak nie, oor n paar maande dalk weke gaan daar weer n aanval wees, n wraak aanval, dis hoe hulle werk

dom ·

Miskien is dit juis wat ons moet doen . Ophou terug staan en iets begin doen. Hulle raak nou mak

Johleine ·

@Shaun – Wanda is 100% reg. ‘n GO word oopgemaak wanneer ons nie seker is WIE verantwoordelik is vir ‘n persoon se dood. (Hier WEET ons WIE is verantwoordelik vir die huisrower se dood!) Daarom word ‘n moord dosier gerigistreer wat bloot protokol is en dan word daar gekyk na die regverdigingsgronde wat die persoon in opgetree het, in die geval noodweer (selfverdediging) en word die persoon onskuldig bevind omdat sy optreded geregverdig word. ONKUNDIGHEID in die reg VUUR NET GEMOEDERE AAN. As jy nie seker is van iets nie, MOENIE JOU UITSPREEK NIE!

Anoniem ·

weet jy ek verstaan nie waar kom geregtigheid in nie…………………………….die mense moes veg om te bly lewe. welgedaan julle, julle is helde om julself te kon verdedig . en gee daar die hondjie sommer n groooooot been hy verdien dit.

ELSJE ·

hoe kan hy aan gekla word as hy net sy familie verdedig…..hoe werk ons reg stelsei dan moet jy maar stil staan en vermoor word

Rika ·

Hierdie man het reg opgetree, hy het sy vrou en kinders beskerm tot die beste van sy vermoë en nou word hy aangekla. Wat n skande!!!! En meisiekind, ek is super trots op jou om jou kleinsus te beskerm, jy is n Super Hero poplap. Mamma en Pappa, baie sterkte, en ook aan die Oom en Tannie wat daar oornag het. Ek hoop dat almal wat naby hulle woon, sal opruk hof toe wanneer sy verhoor begin en hom sal ondersteun. Hy het ons almal se hulp en ondersteuning nou nodig.

Johleine ·

Nee jy hoef nie!
Daar word ‘n moordosier geopen omdat die man die huisrowers dood geskiet het terwyl hy in noodweer opgetree het. Sodra die regverdigingsgronde bevestig is word die persoon onskuldig bevind. Moenie jou uitspreek as jy nie seker is van die feite nie. Dit vuur gemoedere onnodig aan!

Blom ·

Ek onthou jare terug het hulle ingebreek en as jy die volgende oggend opstaan, sien jy dat jou huis leeggemaak is, maar vandag moet hulle eers moor voor hulle gaan!! Dis nie meer roof, dis net moord met ”n masker….

Kosie ·

Maak nie saak watter dossier die polisie oopmaak nie, dis nie hulle wat besluit wie en waarvoor iemand vervolg word nie. Dis die staatsaanklaer of NPA wat besluit.

Janet ·

Hoekom moet die onskuldige van moord aangekla word. My vrek maar dis rassisties

fred ·

Daardie gesin is ysters! Julle verdien elkeen ‘n medalje – die hond ingesluit!

Peet J ·

Ses gewapende mans maar volgens hulle optrede kan ‘n mens hulle nie anders as moordbendes klassifiseer nie. Wonder hoe sou die polisie reageer het as Mnr. Holtzhausen al ses buite aksie met sy vuurwapen gestel het in sulke gevaarlike omstandighede sal ‘n mens net dink aan oorlewing en om jou mense te beskerm.

Elsa ·

daar moet nou daadwerklik opgetree word die gruweldade moet nou op n einde kom…waar is wet en orde? nog tronke oprig

Rynhardt ·

Holtzhausen word van poging tot moord aangekla, maar hy en sy vrou word in hul huis deur skurke aangeval met koevoete! Dit is nou nuwe SA! Met die plaasaanvalle waar daar tussen 6 tot 12 aanvallers toeslaan, was Holtzhausen ook deur 6 aanvallers aangeval.Aanvalle teen blankes word georkestreer en gaan al hoe meer toeneem in stedelike gebiede regoor SA.Ons mense sal moet verg vir oorlewing in hierdie wrede land waar geen wet en orde is nie.

Karina ·

Word aangekla van moord en poging tot moord, MAAR hul kom in op sy plek om hul seer te maak, dalk dood etc. Nee genade verby die land is siek, kriminele het meer reg as wat ons het.

Marisa ·

Die moord en poging tot moord is seker teen die arme mense wat aangeval is, vs huisroof vir die aanvallers. Dis om van op te gooi. Pleks dat Maroela maar liewer daardie sinnetjie, wat hulle elke keer byvoeg, weglaat. Dit laat mense se bloed onnodig kook, want ons ken nie al die regs-‘tale’ nie.

Piet ·

Johleine, aangesien jy blykbaar n kenner op die gebied is, wil ek graag he jy moet verduidelik waarom word n saak nie ondersoek word en dan eers word persone aangekla op grond van feite wat op ‘n skuldig bevinding kan eindig. Is die aanklag van moord (wat absurd is) nie eintlik die eerste stappe van vervolging teen wat duidelik ‘n onskuldige persoon is nie. Sal jy saamstem dat die staat biljoene rande eise teen hom het omdat hy so gretig is om onskuldige mense te vervolg?

Tina du Toit ·

Hoe verklaar jy dit??? Jy veg terug vir jou lewe en jou mense se lewe. Jou veiligheid word bedreig deur die inbrekers en aanvallers. Neem jy een se lewe word jy aangekla van moord, maar wat van as dit anders om was. Moet mens maar net opgee, toe staan en kyk hoe hulle jou mense vermoor en jyself deur loop. Oom, jy het jou mense beskerm en goed gedoen. Sterkte

Inge ·

Ek het sommer ‘n knop in my keel..die oudste sussie wat haar klein sussie so beskerm het is vir my ‘n wonderwerk! Ek haal my hoed af vir hierdie familie, ek is so trots op julle! Julle het geveg vir julle kinders en julle lewens. Wat ‘n skok moes dit nie wees nie. Ek sou ook tot die dood toe geveg het. Dank die vader julle het lewend van hierdie af gekom. Sterkte voorentoe!

Shaun ·

@Johleine. Ek is glad nie onkundig wat die reg betref nie . As oud lid van die S.A.P het ek verskeie skietvoorvalle gehad . Wat elke skut bekend was . Daar was NOOIT n moord dossier aangelê nie . Want alle voorvalle was geregverdig . Net soos wat daar nie moord dossiere aangelê word tans wanneer ñ SAPD lid terugskiet as daar op hom geskiet word nie . Bewys asb die teendeel met MAS nr’s ens . Die Strafproseswet is duidelik tov. noodweer . Soos jy opmerk . Hy moet homself nou” onskuldig bewys”. Waar die NVG moes besluit het of daar vervolging moet wees , al dan nie . Deur n GO te hou .
Niemand blaas gemoedere aan nie .
Word wakker en kyk om jou.
Die gemoedere is reeds hoog oor die wetteloosheid wat heers in ons land.
En die oor die beskerming wat kriminele geniet vanaf n ” useless ” polisiemag. Of dalk is dit hoekom dit nou n polisieDIENS is

Rosie ·

Ek is so keelvol vir hierdie siek land met sy siek wette! Die skurke wou hulle vermoor!! SA is nou 1 groot belaglike grap

Fly on the wall ·

Hul wou meer as aard se besittings steel..hul wou lewens steel!!! Hul het ‘n sak gevind met huishoudelike items by die rower wat beteken hul het klaar gevat wat hul wou en kon vlug maar nope..moord is waarvoor hul gekom het!!!

El ·

Hoekom as mens jouself verdedig om te oorleef word mens aangekla van moord?!
Hoe werk die wet dan?

Louis ·

El, die saak moet ondersoek word aangesien iemand dood is. Die korrekte en standaard prosedure is dat ‘n moord dossier geopen en ondersoek gaan word. Dit beteken nie dat iemand aangekla gaan word nie. Indien daar nie getuienis is dat ‘n misdaad gepleeg is nie, sal daar ‘n geregtelike doodsondersoek gehou word.
Sterkte vir hierdie gesin mag God Sy genade en krag gee om deur hierdie trauma te werk. Bid vir julle.

Dawn Botha ·

Nes ek gedink het nou is hulle die moordenaars. Die ander kom weg met moord. As een my
huis binnekom, ass hy hulle by diie huis groet sommer begrafnis reels tref. Hy speel dan teen sy opposisie en ja dis einde van hom.

Louise ·

Twee maande gelede was my hart stukkend oor my gegradueerde seun wat besluit het om liewer sy heil elders in die wereld te gaan soek maar na wat ek so pas gelees het se ek net dankie Vader! Baie sterkte en voorspoed vorentoe vir die Holtshauzen familie.

Elisabeth ·

Almal is van 1994 gelyk onder die wet. Die 6 diewe moet aangekla word vir poging tot moord en huisrooftog. Wat soek jy in iemand anders se private omgewing teen 1:00 in die oggend as om doelbewus en beplan ‘n gesin leed aan te doen.

Jeanne ·

Dis procedure om ‘n dossier te open. Nadoodse Ondersoek word ook gedoen op die oorledenes. Dis net God se genade dat ons ongeskonde wakker word in die oggende. Ons moet bid en op ons kniee bly…

Boerseun ·

Let op mnr. Malema en kie. Die Boer is besig om op te staan!

charmaine ·

En die ander kon daarin SLAAG OM WEG TEKOM ???asof hulle lewens in gevaar was? dis jammer hulle het weggekom!

Sune van Heerden ·

Dagsê Charmaine

Dankie vir jou kommentaar. Dit is maar bloot net ‘n manier om te sê die persoon het van die toneel gevlug en was suksesvol in sy poging. Ons idee was hoegenaamd nie om na enigiemand te verwys as ‘n skuldige of oortreder nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Lize ·

Die meeste mense kan nie eers ‘n pen wat geval het van die vloer af optel nie, waar gaan hulle nog kan weghardloop vir ‘n trop honger hiënas wat bewapen is met koevoete en vuurwapens. Hulle kan nie eers hulle eie skottelgoed was of gras sny nie, hoe kan jy van hulle verwag om oor mure te vlug in die nag.

ca vd merwe ·

my twee seuns is in die buiteland en sal nooit terugkom nie. as alle witmense die land sou verlaat(wat natuurlik ni sal kan gebeur nie) SAL DAAR NOG NET N KORT TYDJIE lewe hier wees’\. nadat alles gesteel en gebreek is en die laaste oes weg is sal die groot hongersnood die land skoonmaak

afrikaans ·

Ek het ‘n sielkundigge nodig kan nie meer die geweld in ons land hanteer nie.

lolla ·

Rowers mag jou skiet,maar jy moet eers n waarsku skoot gee,dis nie reg nie,daai oomblik wat jy in die grond skiet,kan hy jou in die kop skiet en dan is jy dood.

Ben Boshoff ·

Amper nog ‘n gesin uitgewis en weereens lees ons die skelms het hulle amper in die kamer oorval. Hoe op aarde kan jy toelaat dat hulle regkry om jou huis binne te kom en tot by jou kamer kan ingaan? Wanneer gaan ons mense leer om onsself te beskerm? daar is honderde maniere om te verseker dat jy gewaarsku word voor dat dit kan gebeur. Veiligheidshek in jou gang is al ‘n goeie begin en alarmstelsel is ‘n moet. Mense moet paraat wees. Daar is selfs toestelle wat jou sal waarsku as hulle net in jou tuin is. Ek doen ‘n beroep op elke Pa om te verseker dat hy sy gesin beveilig. Dit is jou verantwoordelikheid meneer, hierdie geval kan jou ook oorkom. Keer dat jy die volgende slagoffer word!!

Tiger ·

I enige aanval in jou huis op jou en jou gesin is die eerste persoon wat jy bel en laat kom jou prokureer.Na hy fotos van die toneel geneem het kan hy die polisie laat kom.Onthou die SAP is NIE jou vriend nie.Daai dae is verby.

Johanna ·

Ongelooflik dat die boer vir moord aangekla word en die hordes ‘inbrekers’ net van huis inbraak. hulle het duidelik gegaan om te moor! Dubbele standarde! Mag n mens nie terugveg om dan jou eie lewe en die van jou mense te beskerm nie!! Nee wat hierdie land is totaal in n onbeheersde toestand. dis n nood toestand dink ek.

Ada ·

Nico Strydom, verduidelik asb waar jy skryf “slaag om weg te kom” Was die rowers die slagoffers of die inwoners van die huis?
Sal jy asb aan ons lesers verduidelik? is dit nie eerder die huisgesin wat daarin moes slaag om weg te kom nie?
Ons hoor graag van jou.
Dankie
Ada

Sune van Heerden ·

Dagsê Ada

Dankie vir jou kommentaar. Dit is maar bloot net ‘n manier om te sê die persoon het van die toneel gevlug en was suksesvol in sy poging. Ons idee was hoegenaamd nie om na enigiemand te verwys as ‘n skuldige of oortreder nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Niccy ·

Mooi die rower/inbreker sal nie weet kan steel en roof nie!

debbie ·

mag ons nie eers meer self verdeedig nie moet ons nou maar net stil staan dat hulle ons een vir een dood martel en vir dood los, hoekom mag ons ons nie self verdeedig nie want hulle was in daai mense se huis met wapens nee wat ons wette in ons land beteken net mooi niks vir ons mense nie !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Emmie Haeck ·

Hierdie man verdien ‘n medalje vir dapperheid. Volgens http://www.gov.za sou hy die Mendi dekorasie vir dapperheid moes kry: “… word aan Suid-Afrikaners toegeken wat ‘n daad van buitengewone dapperheid verrig het wat hulle lewens in groot gevaar gestel het, of wat hulle lewens verloor het in ‘n poging om ‘n ander persoon se lewe te red, of om eiendom te red…”

Premiet ·

Gaan n premier nou moeilikheid vir die mense ook veroorsaak????

Carel ·

Premier Supra waar is jou grootbek nou? Waar is swart mense se ondersteuning aan wittes nou? Waar is die getekende petiesie?

Henk ·

Gaan ons iets van Gerrie Nel hoor of wil Maroela dit nie plaas nie?

San ·

Ek raak buite myself van woede wanneer ek sulke afgruwelike dade hoor. Waar in die wereld word ‘n man van moors aangekla, wanneer hy veg vir sy lewe en die lewens van sy geliefdes.

Joey ·

Baie sterkte aan die familie. Eers die hartseer om ñ moeder te begrawe en toe die aanval . Julle was baie braaf en ek is saam met julle dankbaar dat julle oorleef het.

Ester ·

Dis hartseer om n Moeder te begrawe en dan nog deur die trauma en aanval te gaan…….sterkte aan hierdie gesin en familie wat so verbete geveg het om te bly lewe…..ek bid dat jul sterker aan die anderkant uitkom . Dis weereens n bewys dat ons nerens in SA meer veilig is nie1

Afrikaanse Knaap ·

Die wapen wet is duidelik, jy mag skiet as jou lewe in gevaar is. Hierdie man en sy gesin se lewe was baie duidelik in gevaar Ek vertrou dat enige regter dis so sal insien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.