Pa skiet seun, toe homself  

(Argieffoto: Marcus Trapp/pixabay)

ʼn 48-jarige pa van Standerton in Mpumalanga het Saterdag na bewering selfmoord gepleeg nadat hy sy 21-jarige seun doodgeskiet het.

Die polisie het nog nie die name van die oorledenes bekendgemaak nie.

Hul liggame is in verskillende kamers in hul huis in Florapark aangetref, kort nadat die polisie klagtes ontvang het dat skote geklap het.

Volgens brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het ʼn vuurwapen langs die pa se liggaam gelê.

“Die voorval is vermoedelik die gevolg van huishoudelike geweld.

“ʼn Geregtelike doodsondersoek word tans gedoen terwyl die polisie ook ʼn moordsaak ondersoek.”

Mohlala het voorts ʼn beroep op mense gedoen om professionele hulp te kry wat hulle kan help om spanning op ʼn gesonde manier te hanteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

JM ·

As iets my nie pas nie, dan “los ek die saak op” deur dood te skiet. Hoe siek het hierdie land geword!

Swerwer ·

Verskriklik tragies. Dit blyk dat die ANC kader met hul geweld ons hele land al beïnvloed het. Skiet, dit is mos die vinnigste uitweg. Wonder of die pa werklik dit self gedoen het.

Perdeby ·

Om selfmoord te pleeg deur jou en familie te skiet word al donkie jare gedoen, dit is geen party se skuld nie. Kom net by asb. Geen party gaan hierdie probleem oplos nie, mense is baie siek daar buite, en ongelukkig kan geen party enige iets daarom trent doen nie. Nou wie dink jy het dit gedoen as die vuurwapen by sy lyk gele het, het die seun dit gedoen en toe hy homself skiet toe hardloop hy na ‘n ander plek. Dink bietjie. Ek was lank in die SAPD en het baie sulke gevalle gesien.

Potchmeisie ·

Ai Swerwer! Ek stem dat die ANC deurspek is met geweld en korrupsie, maar die is wraggies nie hulle skuld nie.. Ek wonder ook wie vermoed jy het dit eerder as die pa self gedoen?

Perdeby ·

Ag asb kry ‘n lewe van wanneer af het enige party iets te doen met selfmoord. Duisende mense skiet hulle self elke jaar.

Mart ·

Ja die pa het dit gedoen. Daar is meer informasie as wat hier gese word. Maar die ondersoek moet eers afgehandel word. Dit is familie van my en sy vrou en ander seun is verpletter. Hou hulle asb in julle gebede. Baie dankie.

Toy ·

Sjoe dis vreeslik, ‘n ander ou se lewe is baie keer soos ‘n toe boek.

Harley Davidson ·

Ons lewe in swaar tye,ekonomiese druk en die verotte land dra by tot ernstige spanning wat almal nie kan verwerk nie,nog ‘n regmerkie wat daai de klerk se ondeurdagte plan veroorsaak het.

Di ·

Dis regtig tragies – mens weet nie waardeur ander mense gaan nie. Dink daar is so baie mense in hierdie land wat net geen lig meer sien in die donker tonnel sien wat die ANC kaders ons in gedruk het nie. Mense raak depressief om elke dag te lees van al die korrupsie, moord, verkragting en werkloosheid. Dan praat mens nie eers van die onderdrukking van blankes in die land nie.

Mart ·

Saam sal ons hierdeur kom. God sal julle omvou in sy kosbare bloed. Seuna jy gaan so bitter bitter baie gemis word. Sal jou teddie beer drukkies mis… Liefde T. M.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.