Pa skiet twee ná hul glo dreig om baba seer te maak

Foto: Met vergunning van Middelburg Observer.

ʼn 35-jarige man het twee rowers doodgeskiet en ʼn derde gewond nadat hy en sy gesin in hul huis aangeval is terwyl hulle geslaap het.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 03:00 op 21 April in Aerorand in Middelburg plaasgevind.

“Die man beweer hy is deur sy vrou wakker gemaak en dat daar drie mans langs hul bed gestaan het. Een verdagte het die man geklap en met ʼn mes in die bolyf gesteek,” het Sedibe gesê.

Middelburg Observer berig die drie rowers het glo by die egpaar se babadogtertjie se bedjie gestaan en dat sy vrou se hulpkrete die man wakker gemaak het. Die ma het die rowers glo gesmeek om haar en die baba nie seer te maak nie. Die rowers het glo in ʼn stadium gedreig om die baba ook leed aan te doen.

Volgens Sedibe kon die pa daarin slaag om sy vuurwapen in die hande te kry en twee van die rowers is doodgeskiet en die derde een gewond.

Die gewonde verdagte het volgens Middelburg Observer na ʼn buurman se huis gevlug waar dié hom met ʼn graaf toegetakel het. “Die een wat gewond is, is onder polisiebewaking in die hospitaal opgeneem,” het Sedibe gesê.

Dié verdagte se saak is in sy afwesigheid tot 21 Mei uitgestel.

Die gesin het volgens Sedibe ná die tyd besef dat sommige van hul huishoudelike items uit die huis verwyder is.

Die polisie ondersoek huisroof en doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Maroela Media kon nog nie daarin slaag om die gesin wat volgens die plaaslike koerant uit vrees anoniem wil bly, in die hande te kry nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Hard ·

Ja, ons moet gereed wees en onsself sterk verdedig, ons lewens is kosbaar en ons mag en sal onsself verdedig.

Pikkewyn ·

Wat v poging tot moord.Hulle het hom mos gesteek met n mes

Mielie ·

Welgedaan, tree genadeloos op teen die boewe. Jy het ander mense gered uit die kloue van misdaad en heelmoontlik ander lewens gered.

gatvol ·

O, dit maak my hart bly!
Ek sal hoop om dieselfde te kan doen wanneer dit met ons gebeur.
Jy, my maat, is n held en het jou mense beskerm van die dood – die beste pa wat n man kan wees!

GM ·

Goeie werk! Dis net siek mense wat dreig om ‘n baba leed aan te doen. Die samelewing is beter af sonder sulke ‘mense’.

Leeu ·

Mooi so!! “huisroof” na jy iemand in die bors met n mes gesteek het…?? poging tot moord, en dié is self-defense.

Arno ·

Welgedaan, trots op jou. Jy het below om jou vrou en kind te beskerm en het dit gedoen. Jy is n held.

Dirk01 ·

Wel gedaan dit was korrek uit gevoer sy lewe was bedreig as ook sy familie , mense moet nie aarsel of twyfel nie indien so situasie opduik . Dit is tragies dat hier altyd mense goed kwyt raak dat jy in die moeilikheid sal wees as jou lewe beskerm . gesiggie moet haar vergewis van die wet , n dossier sal geopen word as n normale prosedure

Irene ·

Goed so nou begin hulle met kinders kry hul uit gemeenskap tronke te lekke dan kom hul uit en gaan net weer aan

AJ ·

Daar’s hy!!!

Ons mense begin om hulself te verdedig!

Bewapen en verdedig jou sélf.

Niemand anders gaan dit doen nie!

Johan. H. ·

Hartseer vir die ouers,,, As hulle omgee?
Geregtigheid,,,,1
Kriminele,,,,0
Anc Goverment,,,0,, Moet nie dat die ding jou pla in die toekoms nie,, Jy is n Hero, jou Yster,,

Nel ·

Dis reg so, hou hule besonderhede anoniem, want die makkers sal seker wil weerwraak doen.

Koos ·

Goeie werk my maat, ek sou dieselfde gedoen het, God het ons as blankes aan die suid punt van Afrika geplaas om liefde, respek en geloof hier te laat posvat, maar nee alles moet verniel word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.