Pa skuldig aan moord op seuns; dan gevonnis

Kekana in die hof. Foto: Chester Makana/ANA

Kekana in die hof. Foto: Chester Makana/ANA

ʼn 37-jarige pa van Limpopo is skuldig bevind aan die moord op sy vier jong seuns.

Lesiba Kekana is daaraan skuldig bevind dat hy in September sy vier seuns vermoor het tydens ʼn woedebui oor die seuns se ma glo ontrou was. Kekana is Dinsdag in die hooggeregshof in Polokwane skuldig bevind op vier aanklagte van moord en aanranding.

Kekana het sy seuns Bokang (13), Keneilwe (10), Hlologelo (6) en Lekgoledi (4) keelaf gesny. Hy is ook op ʼn bykomende klag van aanranding skuldig bevind nadat hy sy vrou met ʼn byl probeer slaan het. Dié voorval het glo vier maande voor die moorde plaasgevind.

Kekana het in sy bekentenisverklaring gesê hy het sy kinders vermoor omdat hy van plan was om selfmoord te pleeg en dat hy hulle nie wou agterlaat om te ly nie. Volgens hom het hy die seuns een na die ander keelaf gesny en het hy een van die seuns gedwing om sy ma te bel en vir haar te vertel hoe sy broers bloei en ly.

Kekana het gesê hy het probeer selfmoord pleeg, maar dat dit nie suksesvol was nie. Hy het ook om vergifnis gevra.

Kekana sal Donderdag gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Irene ·

Hoekom moet kinders altyd betaal vir so smerige verhoudings vieslike ouers

Petro ·

4 onskuldige kinders….2 walglike ouers…
RIV jong engeltjies ?

To little to late ·

Ek kan nie glo hy het die cheek gehad om vir omvergifnis te vra nie!! Ek wens die doodstraf was nog hier want hy verdien dit so waragtig as wat die hemel blou is!! Ek hoop die gangsters in die tronk maak sy lewe baie moeilik! Hy gaan miskien behoorlike straf hier op die aarde vry spring maar ons almal gaan eendag voor ons Hemelse Vader moet staan en aan ons dade veroordeel word!
Oor sy manlikheid gekrenk was het hy sy 4 seuns keel af gesny en die een nog boonop geforseer om sy ma te vertel hoe sy boeties bloei….ek het nie woorde nie, ek het nie woorde nie, en dan vra hy om vergifnis…..

Gerda ·

Hy sit nou soos n pateet wat bejammering soek, maar toe hy sy seuntjies doodgemaak het was hy baie manlik en kietsregop. Sommer sy rug afskop!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.