Pa skuldig ná wrede moord op baba

Marthinus Pelser. Foto: Facebook

[WAARSKUWING] Die inligting in die berig is grafies en kan sensitiewe lesers ontstel.

Marthinus Pelser, die Johannesburgse pa wat daarvan beskuldig is dat hy sy ses maande oue babaseuntjie met kookwater gebrand en doodgeslaan het, is Maandag in die Roodepoort-streekhof skuldig bevind aan moord met voorbedagte rade.

Verteenwoordigers van die bewusmakingsgroep Justice for Baby Deon, wat in die hof was, het die skuldigbevinding bevestig.

Maroela Media het vroeër berig Pelser is in Junie 2016 in hegtenis geneem nadat sy vrou, Bianca, die egpaar se babaseun, Deon, dood in sy wiegie aangetref het. Bianca het die betrokke aand van die werk af gekom nadat Marthinus die dag na Deon omgesien het. Bianca het glo in die slaapkamer na Deon gaan kyk en sy liggaam in sy wiegie gevind waar dit in ʼn kombers toegedraai was. Deon het brandwonde aan sy lyf, kopbeserings en bloed aan sy gesig gehad.

Bianca Rothman en baba Deon. Foto: Facebook

Pelser het aanvanklik in sy motor probeer vlug, maar het sonder brandstof gaan staan en te voet verder gevlug. Die polisie het die gebied afgesper en hy is in Honeydew in ʼn veld vasgetrek.

Volgens Justice for Baby Deon het dit in die hof aan die lig gekom dat Deon brandwonde oor 40% van sy liggaam opgedoen het en dat byna al sy ribbes gebreek was. Hy het ook verskeie skedelfrakture en breinbloeding opgedoen en sy lewer was geskeur. Hy het ook beserings aan sy tandvleis gehad en beserings wat daarop dui dat hy gewelddadig geskud is.

Pelser het tydens die verhoor skuld op die aanklag teen hom ontken en aangevoer Bianca het Deon se dood veroorsaak. Roodepoort Record berig die hof het egter bevind Pelser se weergawe van gebeure is hoogs onwaarskynlik.

Lees alle vorige berigte oor Marthinus Pelser op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Kokend ·

Ek is kokend vir jou jongman, ek is dankbaar vir die skuldigbevinding. Mag jy elke dag daardie hel herleef en besef wat jy gedoen het.

babylover ·

Dis n moeilike een die, alhoewel ek nie kan verstaan hoekom hy sou wil vlug as hy dan onskuldig is nie

Moerby ·

Mag Marthinus Pelser vir die volgende 52 weke elke week twee 250g nierstene passeer sonder pynstillers of hulp…

MJ ·

Dis angswekkend en skokkend hoe daar al hoe meer berig word oor geweld en aanranding… moord op ons kinders. Wat gaan aan in die mensdom se kop?? Dis siek.
Sterkte aan hierdie baba se mamma.

Tande muis ·

hoe hoe hoe hoe hoe kan mens neeeeee ek kan dit nie verstaan dalk is my brein te klein ek weet nie……….as jy nie kan “cope” nie se dan ek kan nie hoe moes daai ou seuntjie nie geskreeu het van die pyn….maar jy gaan moet rekenskap gee eendag aan die Almagtige Vader…….

Joy ·

Onthou en herleef hoe die hulpelose mensie gegil het van die pyn.

MeisieMens ·

Joy, as ek reg verstaan, se jy, jy onthou en herleef…?
As jy dit werklik gehoor het, is ek so jammer. Jy gaan daai gilletjies en geluide noiit vergeet nie.

Amanda ·

Nee Meisiemens ek dink sy bedoel sy hoop pelser onthou die hopelose gilletjies van pyn. Dit moet by hom spook.

Hans ·

Voorspeod vir jou in die tronk boeta, hul hou nie van mense wat kinders leed aan doen. So jy gaan jou tyd kry in die hof. Kry vir jou.

Halinka ·

Ek weet Niks Sal die Klein lyfie terug gee aan sy mamma nie – maar vandag het regverdigheid geskied. Ek hoop die volle implikasies van wat hy gedoen het dring deur sy leuens en sy stories wat hy homself probeer oorreed om te glo. Hou vas aan Jesus Bianca, jou lyfietjie is by Hom.

PJC ·

Daar loop baie ouens daar buite rond in die samelewing wie se koppe so uithaak. Ongelukkig sien die algemene publiek dit nie so nie. Tussen ons stap daar mense rond met ernstige geestesafwykings. Ons is net nie daarop ingestel om dit raak te sien nie.

Fritz mulder ·

Dit is verskriklik siek. Ek kannie glo dat hy dit aan sy eie kind kon doen nie. Kyk na sy sy facebook profiel en dan lyk dit tog asof hy sy kind lief gehad het.

LB S ·

Ja nee, Fritz, ek het gaan kyk. Hier moes iets verskrikliks verkeerd gegaan het. Dalk onder die invloed van dwelms? Dit is verskriklik en baie hartseer oor die baba en mamma.

tammy ·

Lewenslange tronkstraf vir Marthinus Pelser. Verwyder hom asseblief uit die samelewing anders kan nog wrede aanvalle op weerlose mense (vroue en kinders) volg. Asseblief bere hom vir die res van sy lewe in n tronk sodat niemand om hom kan seerkry nie. Hy het n probleem, n baie ernstige persoonlikheidsversteuring om n baba te martel en dood te maak is mos absolute bewys hoe siek hy is.

Marius ·

Dis jammer die galg bestaan nie meer nie, want hy moet hang!

Tokkie ·

Is dit die eerste keer wat hy die baba mishandel ? Was die baba al vantevore alleen by hom gelaat ? Het hy nie voorheen tekens van geweld teenoor die baba getoon nie ?
So baie vrae of dit dalk verhoed kon word maar dit sal steeds nie die pragtige kindjie terugbring nie

Sarie ·

Ek weet nie wat besiel so persoon nie. Ek het nie woorde nie. Tronkstraf is te lig vir Hom. My hart is so bitter seer. Bianca ek bid vir jou.

Charlene ·

Nie almal wat bipoler is is mal nie. Met medikasie is jy soms meer stabiel as somige ‘normale’ mense

Des ·

Hoe kan ‘n mens die pyn in woorde omsit wat daardie lifelike kind moes deurgaan, deur sulke wrede hande. Ek kan nie daardie soort pyn eens probeer indink nie. Wat gebeur nou. Mnr gaan tronk toe. Kry maaltye ‘n dag.’n Bed om in te slaaap. Moontlik nog geleerdheid ens…. Die tronk is nie die plek vir so ‘n bose mens nie. Gee hom aan die publiek. My hard bloei vir Bianca. Sterkte.

Geesie ·

Tokkie as ek na die foto kyk van hom en sy mamma lyk hy baie gelukkig en sonder merke! Die ou kleine dingetjie het dit nie verdien nie!!

Liedie ·

Tronkstraf en die galg is te lig vir wat hy gedoen het, hy moet ook gemartel word. Die verskriklike pyn wat daai 6 maande ou liefiekind moes deur maak, God slaap nie!!!

Regtig? ·

Belinda Fourie, ek neem aanstoot met hierdie boodskap van jou. So as mens biopolêr is doen mens sulke dinge? Dan het ek nuus vir jou! Doen bietjie meer naslaan oor die siekte…

Elsa ·

Ai Jongman, Pelser, jy sal die prys moet betaal en saamloop met jou gewete, wonder wat het jy gesing hoe ver wou jy wegry voordat die brandstof jou tot stilstand gebring het. Jammer dat sulke gruweldade nog kan gebeur….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.