ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy sy 12-jarige dogter doodgeslaan het nadat sy drie dae lank by vriende oorgeslaap het, het vandag in die Mkhuhlu-landdroshof in Mpumalanga verskyn.
Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê die 30-jarige man is op aanklag van moord in hegtenis geneem nadat hy homself Woensdag aan die polisie oorgegee het.
“Daar word beweer dat die verdagte glo sy dogter brutaal aangerand het nadat sy drie dae lank uitgeslaap het. Die volgende oggend het die ouers opgemerk die kind toon geen reaksie toe hulle haar vir skool wou wakker maak nie. Sy is na ʼn hospitaal gehaas waar sy dood verklaar is,” het Hlathi gesê.
“Dit was daar waar die beskuldige na bewering erken het dat hy haar aangerand het. Hy het homself later aan die polisie gaan oorgee.”
Die man sal in aanhouding bly tot Dinsdag wanneer hy om borgtog sal aansoek doen.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
21 Kommentare
Hoe aaklig. Ek is so siek en sat vir al die geweldadigheid. En dit in die arme kind se huis. Dit behoort n plek van veiligheid te wees. Hy moet toegesluit word en die sleutel moe weggegooi word.
Hoe vreeslik tragies dat ouers nie meer raad het met hulle kinders nie.
En ook dat kinders buite beheer gestraf word.
Mens ken nie die hele storie nié, maar mens moet altyd onthou wie is die volwassene en wie is die kind. Volwassenes maak ook foute en dit is ok as n kind kan leer dat foute nie onvergeeflik is nie.
Ongelukkig is dit nou te laat. Dis hartbrekers.
Dit gebeur waar dissepliene van ouers af weg geneem word
Laat mens wonder hoekom sy so lank weggebly het….? Heel moonlik nie meer kans gesien vir die geweld tuis nie.?
Mens kan nie besittings of geld saamvat hemel toe nie, maar jy kan jou kinders weer in die hemel sien. Behoed en bewaar hulle.