Pa slaan glo dogter dood wat te lank uitslaap

Argieffoto.

ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy sy 12-jarige dogter doodgeslaan het nadat sy drie dae lank by vriende oorgeslaap het, het vandag in die Mkhuhlu-landdroshof in Mpumalanga verskyn.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê die 30-jarige man is op aanklag van moord in hegtenis geneem nadat hy homself Woensdag aan die polisie oorgegee het.

“Daar word beweer dat die verdagte glo sy dogter brutaal aangerand het nadat sy drie dae lank uitgeslaap het. Die volgende oggend het die ouers opgemerk die kind toon geen reaksie toe hulle haar vir skool wou wakker maak nie. Sy is na ʼn hospitaal gehaas waar sy dood verklaar is,” het Hlathi gesê.

“Dit was daar waar die beskuldige na bewering erken het dat hy haar aangerand het. Hy het homself later aan die polisie gaan oorgee.”

Die man sal in aanhouding bly tot Dinsdag wanneer hy om borgtog sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Ema ·

Hoe aaklig. Ek is so siek en sat vir al die geweldadigheid. En dit in die arme kind se huis. Dit behoort n plek van veiligheid te wees. Hy moet toegesluit word en die sleutel moe weggegooi word.

Bietjie baie ·

Hoe vreeslik tragies dat ouers nie meer raad het met hulle kinders nie.
En ook dat kinders buite beheer gestraf word.
Mens ken nie die hele storie nié, maar mens moet altyd onthou wie is die volwassene en wie is die kind. Volwassenes maak ook foute en dit is ok as n kind kan leer dat foute nie onvergeeflik is nie.
Ongelukkig is dit nou te laat. Dis hartbrekers.

$ ·

Ek verstaan @BietjieBaie se kommentaar net bietjie (eintlik glad nie); verskoon jy soort van sy daad oor hy dalk raadop was en grootmense ook foute maak?

Anoniem ·

Laat mens wonder hoekom sy so lank weggebly het….? Heel moonlik nie meer kans gesien vir die geweld tuis nie.?

Bielie ·

As jy nie wakker word, en jy is yskoud, hoe jaag jy die kind hospitaal toe?

Oujongvrou ·

Mens kan nie besittings of geld saamvat hemel toe nie, maar jy kan jou kinders weer in die hemel sien. Behoed en bewaar hulle.

Potjie ·

Die gewetenlose skurk! So n persoon moet nie eers die opsie gegee word om aansoek te doen vir borg nie. Haal sy woede op ‘n mens uit, slaan ‘n kindjie dood, kry borg, loop lekker vry rond, geen gewete nie. Dis om van naar te raak.

BlinkStephaans ·

As ons kyk na SA se moord syfer…. lyk dit of doodmaak die antwoord is vir ñ groot deel van die bevolking… maak nie saak wat die vraag is…

ChrisE ·

Dit is tragies, maar weerspieël die psige van die persoon. As jy jou eie kind kan doodslaan wat kan jy aan vreemdeling doen. Onrusbarend

hercu ·

in die samelewing is daar nie probleem kinders nie, daar is wel probleem ouers, volwassenes en ‘n onbevoegde regering wat die verkeerde voorbeeld stel en almal dink dit is die manier van doen en lewe vandag!

dit is die vrugte van die hedendaagse vaderskap.. of die afwesigheid daarvan!!

Abe ·

hercu en Potjie
Dis n bietjie vergesog om die skuld voor die deur van die regering te gooi. Ek sou se onbevoegde ouers moet maar die skuld kry. Kyk hoe jonk was hy toe hy die kind in die wereld gebring het.

Bollie ·

@ Hercu….ja jy’s reg die tyd waarin ons leef is die van die Kinders met die gehoorsame OUERS…. Bly, dankbaar BLY ek is nie een van JOU Kinders nie…..

Bollie ·

@ Johan, …..en jou punt is? Wat presies bedoel jy? Moenie veralgemeen nie….ek was Sewentien met die eerste en Negentien met die tweede….altwee regsgeleerde gegradueerdes vandag……iets daarmee Fout?

Hendrina ·

Die pa was dus 18 toe die dogter gebore is en ongeveer 17jr oud toe sy verwek is. Hy was self nog n kind, weet nie hoekom mense nie geboortebeperkings gebruik nie. Daar sal baie minder ellende wees as mense verantwoordelik is tov aanteling.

SjN ·

Die kind het verseker iets gedoen wat nie reg was tydens die uitslaap sessie nie, die pa moes baie kwaad gewees het. 2 lewens in nou verwoes. Tragies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.