Pa slaan glo huilende baba dood

Argieffoto bloot ter illustrasie, (Foto: Unsplash)

ʼn Pa van Bethelsdorp in die Oos-Kaap het glo sy 10 maande oue babaseuntjie doodgeslaan omdat hy nie wou ophou huil nie.

Dit word beweer dat die ma van die baba Dinsdag 19:00 met die baba na die 26-jarige pa se huis is. Volgens die polisie het die baba onophoudelik gehuil terwyl hulle by die pa se huis was en dat die pa uiters geïrriteerd geraak het met die kind. “Die ma het probeer verduidelik dat die baba net krampies het, maar die pa wou nie hoor nie en het die baba met die vuis in die gesig bygedam,” het kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder in die Oos-Kaap, gesê.

Hy het die ma toe weggejaag en die baba by hom gehou.

“Om en by 06:00 die volgende oggend het die ma teruggegaan na sy huis om die baba te gaan haal. Sy het die baba dood op die bed aangetref en die polisie in kennis gestel.”

Polisie het die man etlike ure later in hegtenis geneem en hy is tans in polisieaanhouding. Hy word aangekla van moord en sal na verwagting eerskomende Maandag in die hof verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Maggies ·

Sy is self ook aandadig aan die moord. Waarom het sy die baba na die eerste vuishou by die pa gelos en nie tóé al die polisie gebel nie?

Linette ·

Ek stem saam. Watse ma los haar kind? Geen persoon sal my kinders leed aandoen terwyl ek leef nie, selfs nie eers hul eie pa nie????????

RB ·

Kap daai hand af wat ‘n vuis maak teen ‘n weerlose baba! Die kind moet beskerming van ‘n pa moet kry, nie sy humeur nie.

Geen wonder die wêreld is in so vervalle toestand!
Moenie kinders verwek net omdat jy kàn nie, kinders kom met ‘n massiewe verantwoordelikheid waarvan jy nie kan ontkom sonder rekenskap aan die Skepper van elke nuwe lewe.

Linda ·

Vlak van geweld in land wys die lae moreel van sekere mense.

Misky ·

Sluit daai man en vrou toe (dis nie ouers nie)!!!!! Verder mag ek nie hier sê wat ek op die hart het nie.

Di ·

Tragies! Sulke monsters moet swaer gestraf word. Die ma is net so skuldig aan die baba se dood as die “pa” . Sulke mense moet nie kinders in die EERSTE plek maak nie, daar is genoeg voorbehoedmiddels vrylik beskikbaar, geen verskoning.

Zelda ·

Ek kan nie dink dat die ma eers die volgende oggend 6h00 terug gegaan het nie… Sy kon eerder 6 min nadat hy haar uit die huis gejaag het, met die polisie teruggekeer het!! Of ek sou my baba saam met my gevat het as hy my uit die huis gejaag het en dan ‘n klag by die polisie gaan lê het vir aanranding na die vuishou.

clourens ·

NEE!! Hoe los jy jou 10 maande ou baba by die pa wat hom nou net met ‘n vuis in die gesig geslaan het?? As jy geloop het want jy was bang vir hom HOEKOM het jy nie dadelik alarm gemaak nie. Nou wag jy tot die volgende oggend??

Swerwer ·

Nèè!!!!!!!!! Die ma is net so skuldig soos die pa. Hoekom moet ‘n onskuldige kind sterf as gevolg van volwassenes wat hulself nie kan beheer nie

Skappie ·

So jammer vir hierdie klein kind, wat op so ‘n wreede manier moes dood gaan.

Cecilia ·

Ek stem Maggies. Toe hy haar weggejaag het moes sy reguit SAPS toe gegaan het.
Beide v hulle verdien om nooit weer kinders te mag he nie

Mariaan ·

Ek sou ook baie meer wou se…maar skokkend! Wettelose land…met te veel kriminele wat net wegkom met als…mens raak so MOEG vir die goed…wens ek kan ver weg van al die moord..hartseer en bedrog wegkom!!

ES ·

Wat ‘n lae vorm van lewe… ek sal ook eerder niks verder se nie…

Belinda ·

In die eerste plek sal ek nie die toelaat dat hy my kind met n vuis slaan nie, tweedens nog die kind agter laat? nee wat sy is net so skuldig vir die kind se dood omdat sy die kind daar gelos het. Ek sou vir n hel nie sonder my kind daar loop nie, veral as mens sien hoe sy optrede was wyl jy nog daar is? nee wat….

fs ·

watter ma los haar kind by so idiot en kom die volgende dag terug… sy kon mos dadelik die polisie gebel het…sluit haar ook toe

fs ·

ek kan die vreeslikste woorde gebruik maar sal verban word van media “for life”

Anoniem ·

Inderdaad ń SIEK samelewing !

Ň MA mag haar kinders vermoor en VERDIEN simpatie en vergifnis, maar as ń PA dit doen moet hy GEHANG word ???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.