Pa sny kinders keelaf: ‘Ek wil met my lewe aangaan’

Lesiba Kekana in die hof. Foto: ANA

Lesiba Kekana in die hof. Foto: ANA

Die pa van Limpopo wat vroeër vandeesweek skuldig bevind is aan die moorde op sy vier seuns, het Donderdag die hof gevra om genadig te wees wanneer hy gevonnis word.

Lesiba Kekana (37) het Dinsdag erken hy het in September verlede jaar sy vier kinders se kele met ʼn mes afgesny, minute nadat hy en sy vrou oor die telefoon ʼn rusie gehad het. Die egpaar se vier seuns, Bokang (13), Keneilwe (10), Hlologelo (6) en Lekgoledi (4), is almal op die toneel in hul huis in Zebediela dood.

Kekana het Donderdag ter versagting van sy vonnis gesê hy wil graag na sy gemeenskap terugkeer en sy huwelik met sy vrou voortsit. “Ek wil die hof vra om genadig te wees wanneer ek gevonnis word, sodat ek weer met my lewe en huwelik kan aangaan en vir my vrou sorg,” het hy gesê.

Hy het aan die hof gesê hy weet sy verskoning sal nie sy kinders terugbring nie. Kekana het verduidelik hy het kwaad geword toe sy vrou oor die telefoon aan hom gesê het hy is nutteloos. “Ek was teleurgesteld en ontsteld en het gevind ek is inderdaad nutteloos en ek het besluit om selfmoord te pleeg sodat ek kan rus,” het hy gesê. “Maar toe het ek gedink my kinders sal daaronder ly en daarom het ek hul kele met die mes afgesny.”

Volgens Kekana het sy poging om homself om die lewe te bring misluk en hy het die hof gevra om vergifnis. “Ek het dieselfde mes gevat en my eie keel probeer afsny, maar het besef ek hou nie op asemhaal nie. Ek het toe besluit om myself te hang, maar voordat ek dit kon doen, het die woedende skare [inwoners] my deur afgebreek.”

Nozizwe Molepo, die staatsaanklaer, het Kekana se verduideliking verwerp en gesê hy het onskuldige kinders vermoor. “Dit lyk nie asof jy berou het nie, dit lyk asof jy simpatie van die publiek soek,” het Molepo gesê.

Die openbare galery was volgepak met lede van die ANC Vroueliga en lede van die publiek.

Die vonnisverrigtinge gaan voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Anoniem ·

Geen simpatie met jou nie…Begin met die doodstraf by hom…Hy het onskuldige kinders koelbloedig vermoor. Iewers is n skroef los by hom en as sy vrou hom ooit terugvat is sy net so skuldig. Kinders kom van God net so elkeen van ons volwassenes ons was ook kinders…Niks en niemand kan jou genadig wees………………………Jy s n koelbloedige moordenaar………………………………………………………

Anoniem ·

Nie eers groendakkies gaan dit doen vir jou nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Aster ·

GEEN GENADE vir jou nie! Hy behoort lewenslank te kry. Doodstraf as dit kon!

Anoniem ·

Jy verdien geen GENADE!!!! Jy verdien die TROnk vir die Res van Jou LEWE!!!!!

Se maar net ·

En dink jy nie jou kinders sou wou aangaan met hul lewens nie ?! Nee jong, jy kan loop brand in die hel !

Pieter ·

Dit is so jammer dat die regter nie die Koningin van Alice in Wonderland is, haar vonnis sou gewees het ” Off with his head”!!!!!!

a ·

Hy wil aangaan met sy lewe asof niks gebeur het nie? Geen gevoel vir lewe nie. Hoort nie in samelewing nie.

Geskok ·

Ek weet met n vorige berig het hy gese hy is jammer en en het vergifnis gevra en ek het toe gesê dis te laat! En nou sien ek hy het die cheek om te sê hy wil met sy lewe en huwelik aan gaan en sy vrou versorg maar hy het ” probeer” selfmoord pleeg na die vorige vrou nie meer by hom wou wees nie!! Dit is baie verdag dat hy so vinnig weer getroud is!! Ek hoop sy nuwe vroutjie is angs bevange want as hy dit aan sy eie kinders kon doen, wat kan hy aan haar doen as daar sou fout kom!! As ek sy is hardloop ek so vrek ver en ek verander my naam en van dat hy my nooit sal kan kry nie, maar dis net ek!! Ek hoop dat daar nie kinders uit die huwelik gaan wees nie, n man soos hy verdien nie kinders nie!! Terwyl hy die res van sy lewe gaan voort sit met sy nuwe vrou soos hy sê is daar vier kinderstjies wat se regte om lewe weg geneem was deur hom! Ek wens die doodstraf was nog hier, hy verdien dit!

Veritas ·

As hy sy eie kinders, wie hy veronderstel is om lief te hê en beskerm, keelaf sny, wat gaan hy doen met iemand van wie hy nie hou nie? Stukkie vir stukkie opkerf? Nee wat, aan sulke wesens moet geen genade betoon word nie.

Helen Doman ·

Verbeel jou, aangaan met sy lewe en sy huwelik. Grapkas. Ek hoop nie dis met die ma van die vermoorde kinders nie…. Ag shame, verwag hy simpatie? Wel, al wat hy verdien is dieselfde pad as wat die kinders danksy hom moes stap.

oom Kalahari ·

Die man is siek en toon geen berou as hy net met sy lewe wil aangaan nie. Hoe wil ‘n vrou dan ‘n man terugneem wat haar kindertjies vermoor het of soek hy simpatie om vrygelaat te word en haar ook te gaan vermoor. Hoe wreed om sulke jong kindertjies wat hulself nie eers kon verdedig het teen so ‘n groot man se kele soos ‘n bok af te sny nie. Jy moet darem regtig gevoeloos wees om sulke dade te kan doen. ‘n Pa moet sy gesin kan beskerm en eerbiedig, maar jy speel God en Regter deur hul in die lewe te verwek en dan sommer self hul lewens te neem ook. Mag jy vier keer lewenslange vonnis sonder enige opsie van parool kry, want jy is ‘n opperste gevaar vir die gemeenskap. Jammer jy het nie in jou doelwit geslaag nie.

Liewe heksie ·

Sit hom in n sel met sy skoenveters nog in sy tekkies

GeWalg ·

Liewe heksie, ek het presies net daai selfde ding gedink, maar ek’s seker hulle kan vir hom ‘n vetter tou ook in “smokkel”…stuur vir hom ‘n geweer ook saam om seker te maak

GES ·

Hy wil aangaan met sy lewe? Om wat te doen? Nog mense keelafsny? Ek is sprakeloos……

Mike ·

Dood-STRAF !!! wonder of dit n straf is my broer laas week verloor deur kanker,hoekom sê almal altyd hy is nou op n beter plek…………..

Tiger ·

Hy het VIER maal iemand se keel afgesny.M.a.w. hy het vier keer MOORD gepleeg en het na die eerste een goed geweet wat doen hy en dan wil hy begenadig word?Dis ‘n grap!Sluit hom diep toe en gooi die sleutel weg!En GEEN parool of vroee vrylating nie.Die’ ding is ‘n ondier!

Mike ·

Ges hoe weet jy dit ? het iemand al terug gekom en so gesê,my broer het altyd gesê,dit moet n lekker plek wees,want niemand het al terug gekom nie……..

charlene ·

Hy verdien iets ja.. Gee daai vuil gemors aan daai vroue van die ANC vrouliga. Hulle is `n klomp goeie vroue wat met daai vark sal doen wat hy verdien. Wees genadig se agter kant man was hy genadig met sy EIE kinders. En ek hoop nie sy huwelik staan nog nie… Ek is seker daai vrou soek om nie. Hy het haar kindertjies VERMOOR

Snip ·

Die ou moet verseker uit die bus gewetter het. Hoe kan jy verwag om aan te gaan met jou lewe, vir jou vrou te sorg en te werk aan jou huwelik. Jou simple sot!!!!!

Thea Gerber ·

En toe skrik hy wakker uit sy droom van aangaan met sy lewe. Hoe naief kan hy wees? Maar almal dink mos as hulle jammer se, is alles weer reg. Hulle is mos jammer. Jammer ek het gesteel, verkrag, gemoor. Ek gaan dit nooit weer doen nie. Tot volgende keer.

Marthie Engelbrecht ·

Die doodstraf is te genadig. Hy moet toegesluit word vir die res van sy lewe en ek hoop hy ly goed. Dink die angs en vrees van daai weerlose kindertjies. Daar waar hulle juis veilig moes voel. Mag hulle rus in vrede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.