Pa soek ná hy glo kinders met knopkierie doodslaan

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 45-jarige man van Thohoyandou in Limpopo het van die polisie gevlug nadat hy Woensdagaand glo sy twee kinders met ʼn knopkierie doodgeslaan het.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die beweerde voorval het in die Makonde-nedersetting gebeur. Die man en sy 33-jarige vrou was glo in ʼn rusie betrokke en sy het uit die huis gevlug.

Die man het glo daarna sy tweejarige dogtertjie en vyfjarige seuntjie met ʼn knopkierie doodgeslaan. Hulle is op die toneel dood verklaar.

“Die man het na die voorval gevlug en die polisie is tans op sy spoor. Die vrou is veilig by familielede,” het Otto gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Liza ·

Dit is baie sleg, wonder net waarom het die ma nie met die kinders gevlug nie?

Debs ·

Watse sort ma vlug sonder haar kinders ongeag omstandighede.

JJ ·

As sy gevlug het beteken dit hy wou haar dalk doodslaan. Daar sou dus nie kans wees om twee kinders te gryp nie. Ek glo nie sy het in haar wildse drome kon dink haar man sou so iets doen nie. Watse verweer het n vrou teen n man met n wapen. As ons so sterk was sou daar min aanrandigs teen vroue wees. Ek dink voor mens oordeel dink jou in so n lewensbedreigende situasie in.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.