ʼn 35-jarige man is doodgeskiet toe hy en sy twee dogters, onderskeidelik 15 en sewe jaar oud, by hul huis in Uitenhage in die Oos-Kaap aangeval is.
Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, het gesê twee gewapende mans het deur ʼn venster toegang bekom tot die huis in Dalindyebostraat in KwaNobuhle.
“Lunga Pongoma is in sy slaap doodgeskiet,” het Nkohli gesê. “Sy sewejarige dogter is skrams getref. Sy is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal. Die 15-jarige is ongedeerd.”
Die motief vir die skietery is nog onbekend en die polisie se ondersoek duur voort. Die polisie versoek die gemeenskap se bystand om meer inligting oor die voorval te bekom.
Hoef nie ver te soek.Polities.
Mense – mense.
Niks nuuts nie, SA is mos die nuwe wilde weste.
SA kan nooit met die Wilde Weste vergelyk word nie, want volgens vertellings het daardie skelms soort van trots gehad en etiek gehandhaaf, selfs al was dit rampokker etiek.
Motief is onbekend?? Is dit nie moord nie ……
Moord is nie ‘n motief nie. Moord is die daad, motief is die rede hoekom.
Agnee, nog 2 kinders wat sonder ‘n Pappa gaan grootword!
Sterkte vir die familie en Innige simpatie.
So jammer vir 2 dogters wat sonder hulle Pappa moet grootword. En vir wat
N mens wil sê hoe jy voel maar bly maar eerder stil maar daar sal n dag kom wat die bortjies verhang gaan word ek sien swart voor my as ek van hierdie dinge hoor God sal voorsien in Sy hande is niks onmoontlik nie hoe kan ń mens respek vir so n korupte prisedent he hulle praat van rasisme maar hulle is die rasiste en byt die hand wat al die jare vir hulle kos gegee het maar dit is wat n mens dom astrand noem