Pa sterf in KZN-botsing

Paramedici op die toneel. Foto: ER24

Paramedici op die toneel. Foto: ER24

ʼn Pa is dood en sy vrou en twee kinders beseer nadat hul voertuig Sondagaand op die N3-snelweg naby Mooirivier, KwaZulu-Natal, in ʼn ongeluk betrokke was.

Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê die bestuurder het glo beheer oor die voertuig verloor, waarna dit omgeslaan en op sy dak tot stilstand gekom het.

“Die pa was reeds dood toe paramedici op die toneel opgedaag het. Die res van die gesin het geringe tot matige beserings opgedoen,” het Rossouw gesê.

Die ma en die twee kinders is na die Mediclinic Pietermaritzburg geneem vir behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.