Pa sterf in Welkom-botsing

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is dood en sy vrou en twee kinders is ernstig beseer na ʼn botsing op die R34 buite Welkom in die Vrystaat.

Volgens ER24 het ʼn motor teen die gesin se bakkie gebots. Die bakkie het omgeslaan en verskeie kere gerol. Omstanders kon daarin slaag om die gesin uit die bakkie te verwyder voor dit aan die brand geslaan het.

Die pa het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Die ma het verskeie beserings opgedoen en is in ʼn ernstige toestand. Die twee kinders, ses en 10 jaar oud, het ook verskeie beserings opgedoen maar is in ʼn stabiele toestand.

Die bestuurder van die motor is nie beseer nie. Die ma en kinders is na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

MEER ·

Ek is nog MEER hartseer oor die slagting op ons plase en binne en buite ons huise!

judy de villiers ·

Dis tragies. Hoop die Mamma en kleintjies gaan gou weer op die been wees. Nog n Mamma wat haar kleintjies gaan moet alleen versorg. Wat n aardige Kersfees vir die familie! My innige simpatie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.